• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 207
  • 75
  • 56
  • 39
  • 18
  • 15
  • 13
  • 11
  • 10
  • 9
  • 8
  • 7
  • 7
  • 7
  • Tagged with
  • 51
  • 51
  • 50
  • 47
  • 45
  • 38
  • 30
  • 26
  • 25
  • 24
  • 24
  • 20
  • 19
  • 19
  • 19
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
11

Een genealogie van twee moderniteiten Jean Bodin, Michel de Montaigne en het verval van een teleologisch wereldbeeld /

Valkhoff., Rudolf Johan January 1900 (has links)
Proefschrift Universiteit van Amsterdam. / Met een samenvatting in het Engels.
12

Die ontwikkeling van 'n elektroniese genealogiese databasis van burgerlike sterftes tydens die Anglo-Boereoorlog 1899-1902 / deur Elizabeth Connie Celesté Reynolds (néé Aucamp)

January 1900 (has links)
Thesis / Dissertation ETD
13

Die Cruywagens van Suid-Afrika : 'n genealogiese en kultuurhistoriese ondersoek, 1690-1806 / Willem Adriaan Cruywagen

January 1900 (has links)
Thesis / Dissertation ETD
14

'n Genealogiese en kultuurhistoriese studie van die Coreejes-familie in Suid-Afrika : 1800-2000

Coreejes Roberts, Anna Petronella 03 1900 (has links)
Thesis (MA)--University of Stellenbosch, 2001. / 204 Leaves printed single pages, preliminary pages and numberd pages 1-123..Includes bibliography and list of symbols and abbreviation.Appendix A pages A1-A 22, Appendix B pages B1-B21, Appendix C family photo’s pages C1-C18, Appendix D inventory pages D1-D4, Appendix E question list pages E1-E2.Photo’s digitized at 330 dpi color PDF format (OCR),using ,KODAK i 1220 PLUS scanner and the rest digitized at 600 dpi grayscale to pdf format (OCR), using a Bizhub 250 Konica Minolta Scanner.Digitized, Ivan Jacobs on request of Niel Hendriksz 1Augustus 2011. / ENGLISH ABSTRACT: This study deals with the Coreejes family over the past 200 years. Genealogical and cultural historical research methods were used to conduct this research. Anthonio(y) Coreejes, ancestor of the Coreejes family, came from Livomo, Tuscany (Italy) and settled in the district of Stellenbosch. He was a wine farmer and a cooper. On the 26th of October 1800 he married Anna Magdalena Delport, daughter of Gerhardus Ignatius De1port and Maria Susanna Odendaal. Four children were born out of this marriage: two daughters and two sons. The Coreejes family was a very small family, who in the 19th century made a living by cultivating agricultural products and trading with them. In the 20th century, various wars such as the Anglo-Boer War and the two world wars, had an influence on the day to day life of this family. After World War II life changed dramatically, a fact which was interalia reflected in name giving customs. The tradition of naming amongst Afrikaans speaking people, had become less important in this family and previous naming traditions gave way to more indirect name giving, thereby indicating people's creativity and adaptability. The social importance of names is discussed and this is merely one aspect of the philosophy ofa group ofpeople. People have been conducting genealogical research for many centuries. In South Africa it is a popular pastime, however the female line of descendants are seldom researched. The purpose of this research is to give a complete picture of the Coreejes family, including the male and female descendants since 1800. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie is 'n familiegeskiedenis van die Coreejes-familie oor die afgelope 200 jaar wat deur middel van genealogiese en kultuurhistoriese navorsingsmetodes opgestel is. Die stamvader Anthonio(y) Coreejes het voor 1800 van Livomo, Toskane (Italie) gekom en hom in die distrik van Stellenbosch gevestig. Hy was 'n wynboer en kuipmaker. Op 26 Oktober 1800 is hy met Anna Magdalena Delport, 'n dogter van Gerhardus Ignatius Delport en Maria Susanna Odendaal, getroud. Uit die huwelik is vier kinders gebore: twee dogters en twee seuns. Die Coreejes-familie is 'n baie klein familie wat in die 19de eeu hoofsaaklik 'n lewe uit die verbouing van landbouprodukte gemaak het en handel met die produkte gedryfhet. In die 20ste eeu was daar verskeie oorloe, onder meer die Anglo-Boereoorlog en die twee wereldoorloe, wat 'n invloed op die familie gehad het. Na die Tweede Wereldoorlog het baie veranderinge in die samelewing ingetree, wat ondermeer weerspieel word in naamgewinggebruike. Vemoeming, soos dit deur baie jare heen gebruik was onder Afrikaanssprekers, het in die Coreejes-familie al minder belangrik geword. Ander vorme van vemoeming wat minder direk was, het die plek ingeneem van tradisionele gebruike. Dit dui op die mens se kreatiwiteit en aanpasbaarheid. Name as sosiale gegewe word hier bespreek. Dit is maar net een aspek waardeur 'n groep mense se lewensbeskouing tot uiting kom. Genealogiese navorsing word al baie eeue lank ondemeem. In Suid-Afrika is dit 'n populere studieveld, maar daar word seide navorsing oor die vroulike afstammelinge van 'n stamvader gedoen. Hierdie studie poog om as voorbeeld van genealogiese navorsing 'n meer volledige beeld van die Coreejes-familie daar te stel deur ook die vroulike lyne so ver as moontlik na te speur.
15

'n Tak van die Swanepoel-familie in Suid-Afrika, 1699 tot 1999 : 'n genealogiese en kultuurhistoriese studie

Swanepoel, Christiaan Hendrik 04 1900 (has links)
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2003. / ENGLISH ABSTRACT: This study deals with the history of a branch of the Swanepoel family in South Africa over the past 300 years and was conducted by means of genealogical and cultural historical research methods. Pieter Jansz Swanepoel, progenitor of the Swanepoel family in South Africa, came from Nieuwmunster in the present day municipality (gemeente) of Zuienkerke in the city of Brugge in West Flanders. He came to South Africa in 1699 as a soldier of the Dutch East India Company. He became a free burgher in 1700. Between 1709 and 1747 he made a living as a farmer on the farm Nieuwmunster close to where the town of Wolseley is now. In 1712 Pieter Jansz Swanepoel married Maria Sibella Sachs, the widow of Jan Christoffel Haak, and seven sons and one daughter were born out of this union. Hereafter six successive generations of Swanepoels made a living as stock-farmers, of which the last five resided in the districts of Graaff-Reinet, Beaufort-West and Prince Albert. As a result of droughts, a world wide economic depression and the after effects of the Second World War this tradition came to an end. Consequently the members of this family today find themselves all over South Africa. Therefore family ties are not as strong as they used to be and the tradition of naming became less important. Traditionally genealogical research concentrates on the male line. This study, however, attempts to research the descent of the progenitress in each generation as well and the findings are reflected in an ancestral chart. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie is die familiegeskiedenis van 'n tak van die Swanepoel-familie oor die afgelope 300 jaar wat deur middel van genealogiese en kultuurhistoriese navorsingsmetodes opgestel is. Die stamvader, Pieter Jansz Swanepoel, was afkomstig van Nieuwmunster in die teenswoordige munisipaliteit (gemeente) Zuienkerke in die stad Brugge in WesVlaandere en het in 1699 as soldaat in diens van die VOC na die Kaap gekom. Reeds in die jaar 1700 word hy 'n vryburger en vanaf 1709 tot 1747 boer hy op die plaas Nieuwmunster digby die huidige Wolseley. In 1712 tree hy in die huwelik met Maria Sibella Sachs, die weduwee van Jan Christoffel Haak. Uit die huwelik word sewe seuns en een dogter gebore. Hierna volg ses opeenvolgende geslagte veeboere waarvan die laaste vyf hulle in die distrikte Graaff-Reinet, Beaufort-Wes en Prins Albert bevind. Droogtes, 'n wereldwye ekonomiese depressie en die nagevolge van die Tweede Wereldoorlog maak 'n einde aan hierdie tradisie en lei daartoe dat die lede van hierdie betrokke tak van die Swanepoel-familie oor die lengte en die breedte van Suid-Afrika versprei. Dit het onder andere tot gevolg dat familiebande baie losser word en dat naamgewinggebruike nie meer so slaafs nagevolg word nie. Tradisioneel is genealogiese navorsing toegespits op die manlike lyn. In hierdie studie is daar gepoog om ook die herkoms van die stammoeders in elke geslag so ver as moontlik na te vors en in 'n kwartierstaat te reflekteer.
16

'n Genealogiese studie van die Petrus Johannes-tak van die Botes-stam met besondere verwysing na die Weltevrede-plase in die distrik Prins Albert

Botes, Mariana 12 1900 (has links)
Thesis(MA) -- Stellenbosch University, 1988. / No Abstract Available
17

Genealogie as hulpwetenskap van geskiedenis met verwysing na die Boeretydperk in Angola, 1881-1928.

Heese, Hans Friedrich 22 November 2016 (has links)
No description available.
18

Posisie van die vrou binne die patriargaat en reinheidsisteem van die Bybelse leefwêreld / The position of women within the systems of patriarchy and purity in the world of the Bible

Kamfer, Serowe Naomi 11 1900 (has links)
Afrikaans text / In agrarian Palestine with Jerusalem as the economic, administrative and religious centre, the patriarchal family was the nucleus of an androcentric society with honour and shame as pivotal values. Women were regarded as property; useful for procreation. The religious and social participation of women was limited by patriarchy and purity. According to genealogical purity lines, Israelites were classified as true Israel or of dubious status. This determined marriages and access to the Temple. In literature Ben Sira, Philo and Josephus denigrated women, ascribing to them an inherent evil nature. In fiction Mediterranean women were portrayed negatively and positively. The teaching of Jesus and Paul led to a levelling of social status, gender roles and ethnicity in the early church but this was reversed due to the pressure of the ambient patriarchal society and Paul's own ambivalence. In many cultures disparagement and exploitation of women are still prevalent. / In agrariese Palestine met Jerusalem as die ekonomiese, administratiewe en godsdienstige sentrum, was die patriargale familie die kern van 'n androsentriese samelewing met eer en skande as sentrale waardes. Vroue is as eiendom beskou en noodsaaklik vir voortplanting. Godsdienstige en sosiale aktiwiteite van vroue was beperk as gevolg van die patriargaat en die reinheidsisteem. Genealogiese reinheidsgrense het Israeliete geklassifiseer as ware en nie-ware Israeliete en so toegang tot die Tempel, asook huwelike, gereguleer. Skrywers soos Ben Sira, Philo, Josefus en ander het vroue afgekraak en beskryf as inherent boos. Mediterreense vroue is in fiksie negatief en positief uitgebeeld. Die leer van Jesus en Paulus sou die onderskeid op grond van sosiale status, geslag en etnisiteit in die vroee kerk ophef, maar dis later omgekeer weens die druk van die patriargale samelewing en Paulus se eie toedoen. Die geringskatting en uitbuiting van vroue vind steeds plaas in baie kulture. / Biblical and Ancient Studies / M. Th. (Bybelkunde)
19

Tekstuele verbande in die oeuvre van J.C. Steyn

Van der Merwe, Willem Petrus 11 1900 (has links)
Text in Afrikaans / Hierdie navorsing berus op die idee dat die tekste in die oeuvre van sommige skrywers op so 'n manier met mekaar verbonde is dat 'n mens dit as 'n eenheid kan begin lees en ervaar. Met Derrida se begrip van genealogiese verwantskap van tekste as vertrekpunt, het ek daardie intertekstuele verbande in J.C. Steyn se oeuvre nagegaan waardeur sy hoorspelteks, poesie- en prosatekste tot 'n verwikkelde weefsel ontwikkel het. Dit het gou duidelik geword dat daar twee hoofstrominge in Steyn se tekste aan die orde kom: 'n motief van persoonlike tekortkominge wat deurwerk na 'n groter sosiale groep toe is van vroeg af duidelik skering en inslag daarin. Reeds in "Die skuldige: 'n hoorspel" (1974) staan die homo­ erotiese geneigdheid van die sentrale karakter in noue verband met die sosio-ekonomiese vraagstuk van die gesin wat al hulle aardse besittinge verloor. Die gedigte in die eerste helfte van Die grammatika van liefhe (1975) word gekenmerk deur die digterspersoonlikheid se sterk weersin teen sy eie tekortkominge; in die laaste gedeelte gaan sy persoonlike gemoeidheid oor in 'n besorgdheid oor die Afrikaner en die voortbestaan van Afrikaans. Van Op pad na die grens (1976) af, oor Dagboek van 'n verraaier (1978) en Die verlore vader (1985) tot en met Hoeke Boerseuns ons was (1991) neem die hoofstrominge van Steyn se tekste duideliker vorm aan: aan die een kant is daar die nasionale problematiek waar hy voortbou op C.J. Langenhoven se Die pad van Suid-Afrika, en die bestaanstryd van die Afrikaner volg tot in die huidige tydsgewrig; aan die ander kant worstel die karakters van sy tekste met persoonlike vraagstukke waaronder veral 'n homo-erotiese geneigdheid waarmee hulle hul nie kan versoen nie. Oorkoepelend vertel Steyn die verhaal van die Afrikaanse elckerlijc wat hom as gevolg van teenstrydige sosiaal-politieke invloede toenemend in 'n toestand van leed, verwarring en geestelike ontreddering bevind. Ten slotte wys ek hoe Steyn deur middel van defiksionalisering in sy tekste homself en die Afrikaner ontmasker. Die invloed daarvan is heilsaam: op persoonlike vlak is dit suiwerend en die stukrag van sy kuns; in die geval van die Afrikaner vervul hy daarmee die rol van die Afrikaner se kollektiewe gewete. / This research is based on the theory that the texts in the oeuvre of certain writers are related to each other in such a way that one can read and experience them as a unity. Using Derrida's concept of the genealogical relationship of texts as a point of departure, I have examined those intertextual relationships in J.C. Steyn's oeuvre in which his radio play, poetry and prose texts have developed to a complicated fabric. It soon becomes clear that two main streams emerge in Steyn's texts: a motif of personal defect which percolates to a larger social group. Already in "Die skuldige: 'n hoorspel" (1974) the homoerotic disposition of the central figure is closely related to the socio-economic problems of the family who lose all their material possessions. The poems in the first half of Die grammatika van liefhe (1975) are characterised by the poetic personality's strong aversion to his own imperfections; in the final part, his personal concern about the Afrikaner and the continued existence of Afrikaans emerge. From Op pad na die grens (1976), through Dagboek van 'n verraaier (1978) and Die verlore vader (1985), up to and including Hoeke Boerseuns ons was (1991), the main streams of Steyn's texts become more clearly discernible: on the one hand, one encounters the national concerns in which Steyn develops themes found in C.J. Langenhoven's Die pad van Suid-Afrika and follows the Afrikaner's struggle for survival to the present juncture; on the other hand, the characters of his texts struggle with personal difficulties such as a propensity to homoeroticism to which they cannot reconcile themselves. An overarching concern of Steyn's is the story of the Afrikaans Everyman who, as a result of conflicting socio-political influences, increasingly finds himself in a state of sorrow, confusion and spiritual collapse. Finally, I reveal how Steyn exposes himself and the Afrikaner in his texts by means of defictionalisation. Its influence is beneficial: at a personal level, it is purifying and is the impetus of Steyn's art; and, in the case of the Afrikaner, it fulfils the role of the Afrikaner's collective conscience. / Afrikaans & Theory of Literature / D. Litt et Phil. (Afrikaans)
20

'n Histories-argeologiese studie van die Plaas Welkomskraal, Distrik Venterstad, Noordoos-Kaap

Coetzee, Gertruida Catharina Johanna 17 March 2014 (has links)
Summaries and keywords in Afrikaans and English / Hierdie histories-argeologiese studie bied ‘n basiese beskrywing van die materiële kultuur van ‘n afgeleë Suider-Afrikaanse plaas wat tussen die 1880’s en die 1930’s bewoon is. Die studie berus op ‘n gedetailleerde ontleding van die opgegraafde vondste wat herwin is van ashope wat met drie wooneenhede op die plaas Welkomskraal, geleë in die distrik Venterstad in die Noordoos-Kaap, verbind word. Die artefakte is aan die hand van die naslaanversameling in die Bloemfonteinse Nasionale Museum en handelsadvertensies geïdentifiseer. Die materiële kultuur dek die volle spektrum van die alledaagse lewe van die plaasbewoners en word aangevul deur genealogiese data, wat aantoon dat die grondeienaars die nasate was van die eerste trekboere wat hulle in die gebied gevestig het. Die bewoningsperiode van Welkomskraal val saam met die tweede industriële revolusie, wat gekenmerk is deur die massaproduksie van goedere en ‘n toenemend globale handelsnetwerk. Die versameling lewer bewys dat boere in die verre binneland toegang tot ‘n wye reeks ingevoerde produkte gehad het, hoewel hulle nie noodwendig welvarend was nie. / This historical archaeological study provides a baseline description of the material culture of a remote southern African farm occupied between the 1880s and the 1930s. The study is based on a detailed analysis of the excavated finds recovered from middens associated with three homesteads, located on the farm Welkomskraal, in the Venterstad district of the north-eastern Cape. Artefacts were identified using the reference collection of the National Museum in Bloemfontein and commercial adverts. The material culture covers the full spectrum of the daily lives of the farm’s occupants and is complemented by genealogical data, which indicate that the landowners were the descendants of the first trekboers who settled in the area. The occupation of Welkomskraal coincided with the second industrial revolution, which was characterised by mass production of goods and an increasingly global trade network. The assemblage attests that farmers in the deep interior had access to a wide range of imported goods although they were not necessarily prosperous. / Anthropology & Archaeology / M.A. (Argeologie)

Page generated in 0.0941 seconds