• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 402
  • 390
  • 87
  • 76
  • 68
  • 59
  • 52
  • 43
  • 27
  • 24
  • 18
  • 7
  • 7
  • 6
  • 5
  • Tagged with
  • 1463
  • 316
  • 244
  • 242
  • 241
  • 191
  • 141
  • 121
  • 116
  • 109
  • 108
  • 104
  • 102
  • 100
  • 99
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
461

Aber was in aller Welt, wenn es eine List ist : Analyse von Heinrich von Kleists Die Marquise von O..., der ambivalenten Erzählung einer Schwangerschaft

Karlsson, Helene January 2010 (has links)
No description available.
462

Nazister och Amerikaner, propagandistiska tvillingar eller motpoler? : En komparativ studie av propagandistiska uttryck i Die Rothschilds och The Great Dictator

Johansson, Emil January 2018 (has links)
This study aims to examine the differences and similarities between the propaganda used by the United states and the Nazis during the second world war. The object for the analysis are movies, and what expressions of propaganda that can be seen and deciphered. This study will also try to explain why there are similarities and differences between the two countries propaganda. The tool for the analysis of the movies is based on Ralph Donald’s method to interpret propaganda used in Hollywood movies. I have made some modifications to his method in order to apply it on Nazi movies as well. The movies used in this study are the American The Great Dictator and the German Die Rothschild’s. I have narrowed it down to two movies because of the time limit of this study. Furthermore, I have presented a small, but crucial part of the previous research in the field of propaganda to suit and to strengthen my arguments and conclusions in the analysis of the movies. The reason why the research is narrow is because of the immense field of propaganda. The results from this study shows that there are similarities and also differences between the propaganda used by the Americans and the Nazis, and that this in part can be explained by the propagandas purpose to dehumanize the enemy. It can also be explained by the fact that propaganda is used to boost the morale of the Homefront during wartime.
463

Bevolkingsdinamika van die vlakhaas, lepus capensis L. 1758, in die Willem Pretorius-wildtuin

Wessels, Theunis Cornelius January 1978 (has links)
'n Studie is op die vlakhaas in die Willern Pretorius-wildtuin vanaf Januarie 1975 tot September 1977 uitgevoer. Tydens die studie is aspekte soos reproduksie, enkele morfologiese en fisiologiese aspekte, habitatsvoorkeure, aktiwiteite, loopgebiede en territoria onder soek. Uit 'n monster van vlakhase wat maandeliks versamel is, is gevind dat die vlakhaas die hele jaar teel maar 'n duidelike hoof-teelseisoen kom tussen Julie en Desember voor waartydens 76,72 persent van die jaarlikse dragtigheid voorkom. Die hoof-teelseisoen van die mannetjie, gebaseer op testisvolume, strek van Junie tot Januarie. Die verandering in dagliglengte is die vernaamste omgewingsfaktor wat 'n invloed op die teelseisoen het. Hormoonkonsentrasies van LH, FSH, ISH, estrogeen en testosteroon in die bloedstroom is ook bepaal. Tydens ovulasie word 'n maksimum van drie ova afgeskei maar die meeste werpsels (76,5 persent) het slegs een embrio gehad. 'n Volwasse wyfie produseer gemiddeld 4,13 werpsels en 4,69 kleintjies per jaar. Die volwasse wyfie is gerniddeld 225 g swaarder as die volwasse rnannetjie. Beide geslagte toon 'n toenarne in die niervetindeks voor die hoof-teelseisoen. Volgens die bynierindeks is die vlakhaasbevolking aan spanning onderhewig gedurende die maande Mei, Junie en Julie. Weens groot variasie binne en tussen die maande kon geen tendense in die miltindeks verkry word nie. Die vlakhaas kom slegs in agt van die sewentien veldtipes in die Willem Pretorius-wildtuin voor. Hierdie veldtipes kom hoofsaaklik op die vlaktes en lae rante voor. Die kolhaas daarenteen kom hoofsaaklik op die vlaktes en lae rante voor en gee hoofsaaklik vir veldtipes in bebosde dele en rante voorkeur. Binne 'n veldtipe gee die vlakhaas voorkeur aan 'n lae plantdigtheid en planthoogte. Uit 'n uurlikse aktiwiteitsopname is gevind dat die vlakhaas geen voorkeur aan 'n bepaalde gedeelte van die nag gee nie. 'n Hoër intensiteit in aktiwiteite asook relatief meer pare is egter gedurende die hoof-teelseisoen gevind. Die gemiddelde loopgebiede van 'n vlakhaaswyfie is 8,25 ha teenoor die 6,49 ha vir 'n vlakhaasmannetjie. Die loopgebiede het slegs op die grense oorvleuel. Die afstande tussen die middelpunte van die loopgebiede was groter tussen die mannetjies as tussen die wyfies of tussen mannetjies en wyfies. / Dissertation / gm2013 / Zoology and Entomology
464

Die vestigingspatroon van die Suid-Ndebele

Jansen van Vuuren, Christo January 1983 (has links)
No abstract available / Dissertation (MA)--University of Pretoria, 1983. / gm2013 / Anthropology and Archaeology / unrestricted
465

Coert Steynberg se vertolking en uitbeelding van Paul Kruger

Lugtenburg, A January 1989 (has links)
Die probleemstelling in hierdie skripsie en die hipotese wat gemaak word sentreer random die beeldhouer Coert Steynberg, die Krugerkop en die jarelange polemiek random hierdie saak. Die hipotese wat bewys moet word is dat Coert Steynberg as gevolg van die jarelange polemiek random die president S.J.P. Kruger Monument in die Kruger-wildtuin 'n proses van introspeksie en geestelike verdieping ondergaan het. Hierdie geestelike verdieping het gelei tot 'n bewuste diep deurdagte vertolking van Paul Kruger as gevolg waarvan Coert Steynberg sy beste beeldhouwerke geskep het. 'n Sinvolle bespreking van Coert Steynberg en sy siening van Paul Kruger kan alleen gedoen word deur sisternatiese analise van aspekte waaraan in die volgende hoofstukke aandag gegee is: Hoofstuk II: 'n Kort lewensbeskrywing van Coert Steynberg, die beeldhouer, word geskets in die konteks van sy tyd. Deur sy historiese gesitueerdheid is Coert Steynberg noodwendig betrokke met die opkoms van 'n nasionale bewussyn en die behoefte aan monumente. Coert Steynberg is dan die logiese keuse om die Afrikaner Volksbeeldhouer by uitstek te word. Hoofstuk III: President S.J.P. Kruger as politieke leier en as die vader van natuurbewaring word deur die Afrikaans- en Engels sprekende bevolkingsgroepe as gevolg van bulle verskillende geskiedbeskouinge verskillend en meestal teenstrydig geinterpreteer. Paul Kruger is vir vele 'n enigma en 'n histories omstrede figuur. Alleen aan die geskiedbeelde van die blanke bevolkingsgroepe word aandag gegee omdat die swart geskiedskrywing in konteks van hierdie skripsie nie relevant is nie. Hoofstuk IV: Coert Steynberg se uitbeelding van pres. Kruger word kronologies behandel; dit wys sy betrokkenheid vanaf sy jeug met Paul Kruger en weerspieël sy heldeverering van Paul Kruger, die gevoel wat die Afrikaner vir sy volkshelde koester. Hoofstuk V: Die voorspel tot die Krugerkop uit die koppie word geskets. Die reuse Krugerkop is die oorsaak van die jarelange polemiek. Die polemiek wys die algehele betrokkenheid van die blanke bevolking wat telkemale beswaar maak teen die reusekop omdat dit die natuur sal skend en esteties onaanvaarbaar is. Egter die grootste faktor wat bydra tot die vurige drif is die omstrede figuur van pres. Kruger. Die reaksie van Coert Steynberg op die polemiek en in die besender op die gevoelens wat oor Kruger geopenbaar word kom tot uiting in sy skeppinge van Paul Kruger. In die laaste deel van hierdie hoofstuk word die verskillende stadia van die Pres. S.J.P. Kruger Monument by die Paul Kruger-hek van die Kruger-wildtuin bespreek. Hoofstuk VI: Nadat bogenoemde aspekte in aanmerking geneem is, sal daar ten slotte tot 'n slotsom gekom word of bogenoemde hipotese bewys is. / Dissertation (Hons.)--University of Pretoria, 1989. / gm2013 / Historical and Heritage Studies / Unrestricted
466

Skikkings in die Suid-Afrikaanse maatskappyereg

De la Rey, Elisabeth Marie January 1983 (has links)
Die doel van hierdie proefskrif was om bestaande prohleme in verband met maatskappyregtelike skikkings te ondersoek, in die lig daarvan dat die prosedure berug is as n wyse om misdadige bedrywighede rondom die ineenstorting van n maatskappy te verberg. Die ondersoek is hoofsaaklik beperk tot skikkings, hoewel skikkings en reelings deur dieselfde bepalings van die Wet gereguleer word. Die geskiedkundige ontwikkeling van artikels 311 en 312 is vanaf hul ontstaan in die Engelse wetgewing nagegaan. Die begrippe "skikking" en "reeling" is ontleed en die praktiese gebruike daarvan nagegaan. l Ons howe beskou n goedgekeurde maatskappyregtelike skikking as n kontrak; dit voldoen egter nie aan die vereistes vir n kontrakregtelike skikking nie. Die tersaaklike kontraktuele aspekte is derhalwe nagegaan. Aan die hand van regspraak en n aantal goedgekeurde skikkings, is die inhoud van n skikkingsaanbod ontleed. Die toepaslike prosedure en formaliteite is sorgvuldig nagegaan, in die lig daarvan dat die Wet eerder hierop klem 1~ as op die inhoud van die skikking. Besondere aandag is aan die grondslag vir indeling van skuldeisers en lede in verskillende klasse gegee. Statutere regulering van die skikkingprosedure eindig nadat die skikking van krag geword het. Die verdere verloop vind in ooreenstemming met die bepalings van die skikking plaas. Uitvoering hiervan word deur n sogenaamde ontvanger namens skuldeisers waargeneem, n amp wat nog nie statutere erkenning geniet nie, maar wat in die praktyk duidelik uitgekristalliseer het. Aan die hand van regspraak is sy amp verder nagegaan en is daar aanbeveel dat, net soos in Australie, sy amp statuter erken en gereel behoort te word. Daar is gelet op misbruik van die skikking- en reelingskemaprosedure, sowel as op die behoefte aan beter beskerming van skuldeisers en lede. Daar is aanbeveel dat waar n maatskappy in likwidasie of onder ,geregtelike bestuur is, skikkings uit die artikel 311-prosedure gelig behoort te word en in ooreenstemming met die akkoordprosedure by insolvensie gebring te word, met die verskil dat likwidasie of geregtelike bestuur onmiddellik by bekragtiging van n skikking opgehef kan word. Yoldoende tyd vir behoorlike ondersoek van n maatskappy se sake behoort toegelaat te word alvorens n skikking oorweeg kan word en meer omvattende inligting behoort aan skuldeisers en lede verskaf te word. Die howe behoort in die uitoefening van hul diskresie deur n deskundige bygestaan te word wat oor die ekonomiese aspekte van n skema verslag doen. / Thesis (LLD)--University of Pretoria, 1983. / gm2014 / Mercantile Law / Unrestricted
467

Kleurlingbehuising in Eersterust, Pretoria : 'n sosiologiese ontleiding met besondere verwysing na onwenslike behuisingstoetstande en die houding van die kleurlinge ten opsigte van hul behuisingsomstandighede

Van der Walt, T.J. January 1966 (has links)
No abstract available. / Dissertation (MA)--University of Pretoria, 1966. / gm2014 / Sociology / Unrestricted
468

Die Tradisionele wereldbeskouing van die Khoekhoen

Hoff, J Ansie January 1990 (has links)
Die Khoekhoe-wereldbeskouing is aan die hand van literatuurnavorsing, waarneming en ondervraging van informante ondersoek. Informante uit die twee Khoekhoe-hoofgroepe naamlik die Kaapse Khoekhoen en die Nama, is betrek. Vanwee die effek van verwestersing ken slegs gegewens ocr die wereldbeskoulike in die religie, die sosiale organisasie en die gesondheidsbevordering bekom word. Daar is gevind dat die beginsel van lewenskrag die basis van die Khoekhoe-wereldbeskouing vorm. Hiervolgens sou die entiteite in die heelal, insluitende bonatuurlike wesens, die mens en die natuur, met krag belaai wees, en sou elke entiteit ocr 'n bepaalde hoeveelheid krag beskik volgens sy plek in 'n kraghie~ argie. 'n Vermeerdering in krag by 'n bepaalde entiteit sou die balans tussen kragte in die heelal en dus die verhouding tussen entiteite versteur. Die siening is gehuldig dat die mens die grootste hoeveelheid lewenskrag in die oggend en net na 'n oorgangstadium besit, en daagliks asook van een oorgangstadium tot die volgende kragverlies sou ondervind. In ooreenstemming met die gedagte dat entiteite in die heelal slegs verskillende manifestasies van lewenskrag sou wees, is die geheel as belangriker as die besondere beskou en is weinig onderskeid tussen natuurlik en bonatuurlik of menslik en niemenslik gemaak. Die mens sou 'n natuurlike band met sy of haar geboorteplek he. In teenstelling hiermee is die aardse omgewing buite die geboorteplek as vyandig ervaar. Groot nadruk is geplaas op die verkryging van harmonie met die omringende omgewing deur middel van handelinge van assosiering. Die Khoekhoen het duidelik tussen geed en kwaad onderskei. Die goeie het gesondheid, lewe en vooruitgang ingesluit. Hierteenoor het die kwaad siekte, deed en agteruitgang omvat. Die goeie is toegeskryf aan Tsui//Goab, die goeie god, en die kwaad aan //Gaunab, die slegte god. Albei die wesens is as die fundamentele oorsaaklike faktore beskou. / Thesis (DPhil)--University of Pretoria, 1990. / gm2014 / Historical and Heritage Studies / Unrestricted
469

Mites rondom Afrikaans (Afrikaans)

Jordaan, Annette Marie 07 October 2004 (has links)
The problem statement mainly deals with the curtailment of the high function status of Afrikaans in South Africa since 1994 as this has a negative impact on the six million mother tongue speakers of Afrikaans as well as on non-mother tongue speakers for whom the language has an instrumental value. The question is raised as to whether myth making around Afrikaans can be held partly responsible for this loss in status. The term “myth” and the impact of myths are looked into. “Myth” is not used in this thesis as a “story without ground” (as in the dictionary definition), but, according to the work of Jung, Campbell, Leroux, Malan and others, as a story/narrative that gives voice to man’s search for meaning and significance. The main points of departure are: · The viewpoint of the well-known twentieth-century mythologist, Joseph Campbell, who states: “Myths are stories of our search through the ages for truth, for meaning, for significance (Campbell in Flowers 1988:5); and · The statement of Malan (1978:39) namely that myth has always been the way in which man has tried to explain the sense, significance and purpose of the cosmos by means of a simple narrative. Myth making within groups (Anderson 1991: “imagined communities”) is viewed and the role of of political myth making explicitly stated. In this regard the statement of Leonard Thompson is relevant. Thompson (1985:3) points to two kinds of myths, namely: 1) “conservative myths” (for example about the origins of a group); and 2) “radical myths” (that aim to discredit the regime of “the other”). In the discourse about myths around Afrikaans the point of departure is that the specific myth is regarded as positive or negative in terms of its impact on the status and position of Afrikaans in South Africa. The two “main” myths around Afrikaans are discussed by exemplification and by means of anecdotes and the impact of the said myths on Afrikaans is evaluated. The two myths are: · Afrikaans as mythical binding force in Afrikaner nationalism in (mainly) the first fifty years of the twentieth century; and · Afrikaans as metaphorical language of the oppressor, especially in the period of institutionalized apartheid. The impact of the above myths within various Afrikaans systems (among others the historiography and literature of Afrikaans and the school syllabi) is furthermore exemplified with the purpose of indicating how great this impact has been. Finally the question is asked: ”And now, Afrikaans?” (with acknowledgement to the title of a publication by Hans du Plessis, 1992: “En nou, Afrikaans?”). The conclusion is that the status of Afrikaans in the so-called high language functions is daily under more pressure as a result of the hegemony of English in the country. There should be rational and firm negotiations about this unconstitutional curtailment of the rights of Afrikaans. The speakers of Afrikaans can, however, help to preserve the language by: 1. Living with the myths around Afrikaans in the sense that they develop and demonstrate understanding and empathy for the myths of other groups; 2. Using Afrikaans daily for all functions, especially seeing that Afrikaans is indeed suitably developed to meet any need; and 3. Working towards new myth making around Afrikaans, by – among other things – pointing to the fact that Afrikaans, as a language of Africa, has a greater claim to national language status in South Africa than the international language, English. / Thesis (DLitt (Afrikaans))--University of Pretoria, 2005. / Afrikaans / unrestricted
470

Geselekteerde tegniese skeppinge van die Tsongavrou, met spesifieke verwysing na die Tsongakraal-Opelugmuseum (Afrikaans)

Terblanche, Hille-Petra 25 November 2012 (has links)
AFRIKAANS: Enkele tegniese skeppinge wat die Tsongavrou in die tradisionele lewenswyse vervaardig en wat prominent by die Tsongakraal-Opelugmuseum in die Hans Merensky-Natuurreservaat gedemonstreer word, is as studiemateriaal geselekteer. Weens die museologiese vereiste en noodsaaklikheid van goedgedokumenteerde voorwerpe is pottebakkery, soutontginning en kralewerk deeglik volgens vorm, funksie en vervaardigingswyse binne die museum sowel as in Gazankulu, tuiste van die Tsongavrou, nagevors. Dit is ook volkekundig binne funksionele kultuurverband behandel. Historiese gebeurtenisse is nagegaan wat die Tsonga van die huidige Gazankulu met die Tsonga van Mosambiek, hul oorspronklike tuiste vir baie eeue, verbind. Ook die kulturele lewe van die mense van wie in hierdie studie sprake is, is kortliks geskets. Beperkinge wat die museumopset op 'n lewensgetroue weergawe van 'n volk meebring, en die mate van kunsmatigheid wat wel voorkom, is kortliks bespreek. Pottebakkery by die Tsonga, alhoewel deur die omliggende stamme beïnvloed, toon 'n eie karakter, veral as daar meer gekonsentreer word op die oorspronklike Tsonga-keramiekware wat tot in Mosambiek nagevors kon word. Vervaardiging kom nie meer so algemeen voor nie, maar benutting is meer verspreid. 'n Hele stel potte wat kookpotte, bier- en waterpotte, eetbakke, waskomme en maalbakke insluit, word volgens vorm, funksie, voorkoms en vervaardigingswyse bespreek. Soutvervaardiging tref ons by die Tsonga aan, omdat daar 'n paar southoudende minerale warmwaterbronne in Gazankulu voorkom. Argeologiese en etnologiese gegewens dui daarop dat hierdie ontginningsproses alreeds vir die afgelope 1800 jaar bedryf word. Handel is met sout gedryf en hierdie sout is gesog, omdat magies-religieuse eienskappe daaraan toegeskryf word. Die Tsonga was die soutvervaardigers ten minste gedurende die afgelope 100 jaar. Die Tsonga beskik oor hul eiesoortige kralewerk wat as bykomstige versiering gedra word. Veral tydens feestelikhede word hierdie kleurvolle kralesierade vertoon. 'n Kralewerk-klassifikasie kon volgens voorkoms, funksie en vervaardigingswyse saamgestel word. Hierdie bedryf kan, as 'n aspek van die tegniese skeppinge van die Tsongavrou, met welslae in die opelugmuseum uitgebeeld en uitgebrei word. Daar is tot die gevolgtrekking gekom dat die Tsongakraal-Opelugmuseum definitief bestaansreg het, omdat die Tsonga 'n eiesoortige kultuurlewe openbaar. Met 'n weldeurdagte en goedbestuurde uitstallings-, vervaardigings-, en verkoopsaksie het hierdie opelugmuseum besliste uitbreidingsmoontlikhede en kan die bestaande funksies van versameling, bewaring en opvoeding deur middel van programme en uitstallings nog beter tot hul reg kom. Band II bestaan uit 'n fotodokumentasie wat die teks oor die vervaardigingswyse van tegniese skeppinge aanvul. Bylaes wat handel oor die vervaardigingswyse van tegniese skeppinge, Tsongabotanie, 'n Tsongawoordelys oor tegniese skeppings wat in hierdie studie genoem word, asook aanvullende historiese inligting en liggingskaarte word aangeheg. ENGLISH: A description is given of some aspects of the material culture of the Tsonga women of Gazankulu as demonstrated at the Tsongakraal Open-air Museum in the Hans Merensky Nature Reserve. Pottery, headwork and the salt extraction process have been described museologically according to form, function and the process of manufacture. Anthropologically the functional approach to culture has been followed. A short historic and cultural survey has been given of the Tsonga people who first lived in Mozambique, their role as traders over the centuries on the old trade routes through Gazankulu and their reason for settlement in present Gazankulu. The restrictions and superficiality in portraying a way of life within the museum has been discussed in short. Pottery has been influenced by the surrounding tribes, but a specific Tsonga pottery tradition has been identified, leading back to Mozambique. Although there seems to be a decline in the manufacture of pots, a whole range of ceramic ware which includes cooking pots, beer and water pots and bowls could be described according to form, function, manufacturing process and decorative patterns. Archaeological and ethnological references to the 1800 year old salt extraction industry from salt pans near mineral springs in Gazankulu, assisted in the reconstruction of the whole process with its uses and magico-religious properties. The Tsonga were the salt producers for at least the last one hundred years. Headwork as adornment features prominently amongst Tsonga women, especially during festivals. A classification system of all the headwork has been compiled and described according to appearance, function and manufacture. The manufacturing of headwork can be introduced as a further aspect of material culture in the open-air museum. The study concludes that the distinguishing material culture of the Tsonga gives purpose to the existence of the Tsongakraal Open-air Museum. With creativity and a well-planned management programme, the museological functions of collection, preservation and education (recreational programmes and displays) of this museum can be extended. Annexures include a detailed photographic record of the manufacturing of items of material culture, the ethno-botany of the Tsonga, a list of Tsonga cultural terms as well as maps and historical information. / Dissertation (MA)--University of Pretoria, 2013. / Anthropology and Archaeology / unrestricted

Page generated in 0.0319 seconds