Spelling suggestions: "subject:"[een] DIE"" "subject:"[enn] DIE""
501 |
Die Kategorie van die enkeling by Soren Kierkegaard en Max StirnerDu Toit, Andrew Pieter January 1971 (has links)
Die tema van hierdie verhandeling is 'n vergelykende
studie van die kategorie enkeling by Soren Kierkegaard en Max
Stirner met die doel om punte van ooreenkoms en basiese verskille
uit te wys. Daar word gepoog om deur 'n analise van
begrippe wat binne die kategorie van die enkeling val, nuwe
lig te werp op die twee denkers se filosofie. Hierdie probleemstelling
bring mee dat daar gedurig vergelykend gewerk
word, maar dat die uiteensetting ook beperk word tot daardie
basiese begrippe wat die vergelyking duidelik na vore bring.
So word in hoofsaak dan die volgende behandel:
Die probleem van denke en syn soos dit by die twee denkers
voorkom, word ondersoek. Beide Kierkegaard en Stirner stel
die eksisterende enkeling as die sentrale begrip in die soeke na 'n relasie tussen denke en syn. Belangrike verwante eksistensiebegrippe
kom voorts onder bespreking; die stel van die self en selfkeuse, selfbewussyn, moontlikheid en wording,
eksistensie, essensie, reele en ideele syn. By die ontleding
van hierdie begrippe word duidelik aangedui hoe verskillend
die antwoorde was wat Kierkegaard en Stirner gegee het in die
lig van die filosofiese probleme van hulle tyd. Wanneer
Kierkegaard die enkeling stel as eindig-oneindig word die
moontlikheid meteen gestel vir 'n relasie van die enkeling
tot God, terwyl Stirner die enkeling slegs as oneindig sien.
Die begrippe "sprong" en "oomblik" gee die sleutel tot die
verstaan van Kierkegaard se filosofie en stel meteen ook die
moontlikheid dat 'tiie enkeling voor God" kan staan. Stirner
en Kierkegaard se beskouing van "gees" is wyd ui teenlopend en
illustreer duidelik Stirner se negatiewe denke en Kierkegaard
se positiewe siening. Kierkegaard stel die begrip subjektiwiteit
as antwoord op die vraag na die waarheid, terwyl
Stirner ook van hierdie prinsipe uitgaan, maar 'n heel ander
resultaat bereik.
Kierkegaard stel die moontlikheid van 'n etiese
lewe waarin die enkeling hoër as die universele is. Be ide
Stirner en Kierkegaard trek te velde teen die moraliteit van
hulle tyd, maar op heel verskillende wyse - dit blyk veral uit
die inhoud wat hul gee aan begrippe soos "vryheid" en "massa".
Kortliks word aangedui hoe Kierkegaard se filosofie uitloop
op die finale stadium van religieusiteit deur die stel van
begrippe soos sonde, skuld, angs ens. Stirner verwerp alle vorme van godsdiens as blote verbeeldingsvlugte.
Die resultaat van die studie is dat hoewel daar
enkele ernstige besware ingebring kan word teen Kierkegaard
se siening van die "enkeling", hy nogtans 'n baie belangrike
bydrae tot die filosofie lewer. Die positiewe van sy siening lê juis daarin dat die "enkeling" oop is vir 'n relasie tot
die jy en veral die U. Stirner se beskouing loop uit op 'n
volslae skeptisisme en is volledig onvrugbaar. Stirner en
Kierkegaard se uiteindelike siening van die "enkeling" is
wyd uiteenlopend en die basiese verskil kan reeds aangetoon
word in die gebruik van die terme "Einzige" en "Einzelne";
Kierkegaard se "enkeling" is uniek en enig op 'n heel ander
wyse dan Stirner se "enkeling". / Dissertation (MA)--University of Pretoria, 1971. / gm2014 / Anthropology and Archaeology / unrestricted
|
502 |
Die Verhouding tussen die etiese en die redigieuse stadiums by Soren KierkegaardDu Toit, Andrew Pieter January 1977 (has links)
Die doel van hierdie studie is om te probeer vasstel wat
bedoel word met die etiese en die religieuse stadiums in
die werke van Soren Kierkegaard (1813-1855). Wat is die
verband tussen hierdie twee stadiums? Hoe vind die oorgang van die een na die ander plaas? Op 'n krities-analitiese wyse word die verskillende synstrukture, kategoriee,
begrippe en terme ondersoek soos dit in die denke van Kierkegaard voorkom. Die ondersoek en interpretasie van Kierkegaard se werk word deur verskillende faktore bemoeilik.
Dit word in hierdie werkstuk kortliks genoem.
Kierkegaard hou aan die leser sekere moontlike vorms van
lewe voor. Hierdie vorms van lewe kan binne die etiese en
religieuse dimensies val. Die belangrikste begrippe ten
opsigte van hoe die enkeling die etiese en die religieuse ken, word voorts bespreek onder drie afdelings : die kategorie, die bestemming en die begrip. Kierkegaard stel dit
dat die mens die vermoe het om sekere logiese tipes of reekse van tipes te kan onderskei. Die volgende tipes word bespreek : die verstaanskategorie en die eksistensiekategorie.
Laasgenoemde sluit die kategorie van moontlikheid en die kategorie van herhaling in. By die bestemming gaan dit om
die korrekte of verkeerde aanwending van die kategoriee.
Hierdie beginsel word ondersoek in die etiese en die religieuse stadiums. Die probleem van tese-antitese-sintese
word gestel in die lig van die Hegeliaanse beskouing van rnediasie. Die korrelasie wat Kierkegaard stel tussen
denke en syn word aangetoon. Die probleem objek-subjek word bespreek en die onderskeid wat deur Kierkegaard
gemaak word tussen kwantitatiewe en kwalitatiewe dialektiek.
In die volgende hoofstuk word die eksistensiele beweging
by die etiese en die religieuse stadiums aangedui. Vir
Kierkegaard is die stel van die self en selfkeuse belangrik. Die selfbewussyn is die plek.waar denke en syn mekaar ontmoet. Die sleutelbegrippe moontlikheid, wording
en essensie word geanaliseer. Die korrekte verstaan van
ideele en reele syn is verbind met genoemde begrippe.
Kierkegaard stel dit dat eksistensie 'n sintese van die
oneindige en die eindige is en die eksisterende enkeling
is sowel oneindig as eindig. Hierdie uitspraak word voorts
ondersoek. Die rrsprong" is 'n sentrale begrip in sy filosofie. Hoe die sprong (in subjektiwiteit) verband hou met
verskillende ander begrippe, word aangedui. Verskillende
moontlike of gerealiseerde vorms van lewe word aan die
leser voorgehou. Die "oomblik" is 'n begrip wat gebruik
word in korrelasie met ander begrippe, bv. die tydsbegrip. Wanneer Kierkegaard die relasie van die enkeling stel met
wat hy noem "die enkeling voor God'', probeer hy 'n antwoord
gee op die sentrale probleem wat hy vir homself stel, nl.
hoe om 'n Christen te word. Die verskil tussen Religieusiteit A en Religieusiteit B word oak aangedui.
Die volgende hoofstuk handel oor die eksistensiele ervaring
by die etiese en religieuse stadiums. Kierkegaard probeer
'n antwoord gee op die God-mens-verhouding. Hy gebruik die
voorbeeld van Abraham in die Ou Testament om die beginsel
van die teleologiese suspensie van die etiese te demonstreer.
Hierdie grootse stuk filosofie van Kierkegaard word krities ondersoek. Kierkegaard se fundering van die etiese en die
religieuse word bespreek naas die sieninge van bv. Kant
en Hegel. Begrippe soos oneindige oorgawe, versoeking,
"Anfechtung", absolute paradoks, skuld en onskuld kern
aan die orde. Kategoriee soos wanhoop, angs, onkunde,
onskuld, vryheid, ens. word gestel. Daar word aangetoon
hoe van hierdie kategoriee by Karl Jaspers, J.P. Sartre en
Martin Heidegger in gewysigde vorm voorkom. Die begrippe
genie, fatum en passie word ontleed. Kierkegaard se siening
van liggaam en gees hou verband met die self en sy moontlikhede; dit verskil by die etiese en religieuse stadiums.
Die begrip erfsonde het nie die tradisionele inhoud nie en
by die begrip sonde word twee tipes onderskei, die van
die enkeling en die van die geslag. By die kategorie sonde
word waarheid, onwaarheid, skuld en sondebewussyn gestel.
Berou word die hoogste etiese uitdrukking van die enkeling.
Die volgende stappe is versoening en "die enkeling.voor God".
Die uiteenlopende siening random Kierkegaard se begrip van
geloof word ondersoek. Hier le die "hart" van Kierkegaard
se eksistensiefilosofie. Geloof is vir hom 'n persoonlike,
unieke aangeleentheid van die eksisterende enkeling : dit
is 'n wyse van lewe, 'n demonstrasie, streng persoonlik en
subjektief. Die relasie tussen Religieusiteit A en Religieusiteit B word verder uitgewerk in die lig van die algemene kategorie van die humor. Die dialektiese verhouding
tussen Religieusiteit A en Religieusiteit B word uiteengesit. Verskillende kritiese vrae random hierdie onderskeid
word gestel. Met die kategorie lyding ('n uitsluitlik religieuse kategorie) wil Kierkegaard iets heel besonders se.
Vir 'n duidelike uiteensetting van die verhouding tussen die
etiese en die religieuse stadiums is die kategorie van die
enkeling van groot belang. Ons leer die mens ken as enkeling, individu, unieke, enkele, ens. binne die etiese en die religieuse stadiums. Negatiewe kritiek random hierdie kategorie word bespreek en die vraag word gevra of
Kierkegaard se enkeling nie totaal vereensaam en geisoleer raak nie? Wat is die enkeling se relasie tot die
massa? By Gabriel Marcel, bv. word die "openheid" van
die enkeling meer beklemtoon. Max Stirner en Karl Jaspers vind by Kierkegaard se begrip van die enkeling aansluiting. Naas Niezsche plaas Kierkegaard die mens weer
sentraal in die filosofie.
Kierkegaard was by ·uitstek die filosoof wat erns gemaak het
met die Christendom. Hy ontmasker die Christendom van sy
tyd met die doel om positiewe resultate te lewer. Hy
worstel met die probleem van subjektiwiteit - die vertrekpunt en die eindpunt van sy filosofie. Daar is geen plek
vir 'n rasionele etiek nie. 'n Etiese sisteem is nie
moontlik nie. Die enkeling, elke handeling en elke situasie is uniek.
Kierkegaard stel aan die een kant 'n duidelike onderskeid
tussen die etiese en die religieuse stadiums, maar aan die
ander kant bring hy die tw~e stadiums bymekaar deur sekere
kategoriee te stel. Die relasie tussen die twee stadiums ontglip die leser, juis omdat dit 'n geloofsaksie is. Geloofsuitsprake is van 'n ander aard as etiese uitsprake.
Die oorgang van rede tot geloof is met 'n sprang.
Kierkegaard oorbeklemtoon nie een van die stadiums nie en
verskraal ook nie die religie tot 'n mistiese gevoel of ondervinding nie. Moontlike vorrns van lewe word aan die leser voorgehou met 'n duidelike uitnodiging aan die leser om
deel te neem. Kierkegaard plaas die mens as ·enkeling terug
in die filosofie. Die hoogste wat die mens kan bereik is om
"voor God" te wees. / Thesis (DPhil)--University of Pretoria, 1977. / gm2014 / Anthropology and Archaeology / unrestricted
|
503 |
Die Morfologie van die vroulike strobilus en embriologie van die genus Podocarpus L'Herit. ex Pers. in Suid-AfrikaSchoonraad, Elzabe January 1977 (has links)
No abstract available. / Thesis (PhD)--University of Pretoria, 1977. / gm2014 / Plant Science / unrestricted
|
504 |
DDC Deutsch – vom Projekt zur DienstleistungHeiner-Freiling, Magda 24 June 2005 (has links)
Aus der Truppe der Beiträger, die überwiegend dezimalklassifikatorische Beiträge lieferten, gab Magda Heiner-Freiling, Die Deutsche Bibliothek, Frankfurt, einen Sachstandsbericht zum Projekt „DDC Deutsch“ und eine Vorausschau auf die zu erwartenden Dienstleistungen. Festzuhalten ist an dieser Stelle nur soviel, daß die Sachgruppen der Deutschen Nationalbibliografie seit Jahrgang 2004 auf DDC umgestellt sind; damit wurde unsere laufende Nationalbibliografie von einer hausgemachten Systematik in eine international gebräuchliche Klassifikation überführt. Dies entsprach auch der Empfehlung, die im Jahre 1998 von einer Expertenkommission des damaligen Deutschen Bibliotheksinstituts gegeben wurde, die überwiegend mit Mitgliedern der Gesellschaft für Klassifikation besetzt war. Mehr dazu findet sich unter
www.ddc-deutsch.de
|
505 |
DDC Deutsch – vom Projekt zur DienstleistungHeiner-Freiling, Magda 21 August 2007 (has links)
Das Original-Dokument wurde in das Format pdf umgewandelt.
Aus der Truppe der Beiträger, die überwiegend dezimalklassifikatorische Beiträge lieferten, gab Magda Heiner-Freiling, Die Deutsche Bibliothek, Frankfurt, einen Sachstandsbericht zum Projekt „DDC Deutsch“ und eine Vorausschau auf die zu erwartenden Dienstleistungen. Festzuhalten ist an dieser Stelle nur soviel, daß die Sachgruppen der Deutschen Nationalbibliografie seit Jahrgang 2004 auf DDC umgestellt sind; damit wurde unsere laufende Nationalbibliografie von einer hausgemachten Systematik in eine international gebräuchliche Klassifikation überführt. Dies entsprach auch der Empfehlung, die im Jahre 1998 von einer Expertenkommission des damaligen Deutschen Bibliotheksinstituts gegeben wurde, die überwiegend mit Mitgliedern der Gesellschaft für Klassifikation besetzt war. Mehr dazu findet sich unter
www.ddc-deutsch.de
|
506 |
Sterben und Tod in Kurzfilmen für KinderQuietzsch, Uta 03 February 2016 (has links)
In der Praxis der Filmseminare mit Studentinnen und Studenten hat sich gezeigt, dass diese meist nicht über hinreichendes Vorwissen für Filmanalysen verfügen und ihnen auch die Fachbegriffe im Bereich der filmischen Gestaltungsmittel fehlen. Da die Filmanalyse-Seminare allein schon wegen der jedes Universitäts-Zeitraster sprengenden Filmlänge sinnvollerweise als Blockveranstaltungen durchgeführt werden, bekommen die Studenten zur Vorbereitung und als Hilfmittel für eigene Filmanalysen eine grundständige Einführung. Dieses Basiswissen über „Filmsprache und Filmanalyse in der Medienpädagogik“ ist in den letzten zwanzig Jahren immer wieder optimiert worden und wird in der vorliegenden Fassung an der TU Dresden und der Universität Duisburg/Essen eingesetzt. / The experience with film seminars for students has shown that these mostly do not dispose of enough foreknowledge for film analyses and they also lack the technical terms of the cinematic means. Since the length of films blows up each university time slot pattern, and therefore the seminars are conducted as block events, the students get an introduction from scratch in an orientation session as basic knowledge and tools for their own film analysis. This basic knowledge of \'film language and film analysis in the media education\' has been optimized again and again in the last twenty years and is used in the present version at the TU Dresden and the University of Duisburg/Essen.
|
507 |
K německy psané korespondenci arcivévody Ferdinanda II. Tyrolského jako místodržitele v Čechách v letech 1547-1567 z historiolingvistické perspektivy. / On the German Written Correspondence of Archduke Ferdinand II of Tyrol as the Governor of Bohemia (1547-1567) from a Historiolinguistic Point of View.Kříž, Václav January 2019 (has links)
The presented diploma thesis deals with a Historiolinguistic analysis of 30 letters written in German and published by the office of Archduke Ferdinand II of Tyrol (1547-1567) in Prague Castle between 1547-1567. The thesis reflects the political and social attitudes in the Czech lands of the 16th century, the person of Archduke Ferdinand II of Tyrol and his relationship to the Czech lands as well as the role, thy typology and the text-production of offices of the late Middle Ages and the Early modern period. The thesis proffers a closer description of the German language and its characteristic features in the context of the language of offices of the 16th century. The core of the thesis consists in a Historiolinguistic analysis of the initial archival material from the textological and historio-pragmatical point of view. The aim of the thesis is - according to the linguistic analysis - to contribute to the research of the German language used in the offices in the Czech lands in the 16th century.
|
508 |
Ek (-spreker) in Die ysterkoei moet sweet van Breyten BreytenbachRoodt, P.H. (Pieter Hendrik) 05 June 2013 (has links)
In hierdie studie ondersoek ek die ek-spreker in Breyten Breytenbach se debuutbundel. Om hierdie doel te verwesenlik, het ek 'n verteenwoordigende aantal gedigte uit die drie afdelings van die bundel in die ondersoek betrek en die ek-spreker in die gedigte nagegaan. Daar bestaan verskil van mening deur die kritici oor die "ek" in hierdie bundel. In Hoofstuk 1 wys ek hierop deur kort aanhalings. F.I.J. van Rensburg en R. Schutte beskou Die ysterkoei moet sweet as ekshibisionisties; N.P. van Wyk Louw meen daar is 'n bietjie te veel "ek-Breyten-rig-heid" in hierdie verse; A.P. Grovè oordeel dat die ek in hierdie gedigte hom soms opdring aan die leser en dit kan die gevaar inhou dat die gedig as afsonderlike struktuur aangetas kan word; Andrè P. Brink en Rob. Antonissen is van mening dat dit 'n ek-bundel sonder ekkerigheid is; D.J. Opperman meen dit is poësie wat 'n voorliefde het vir selfportrettering en selfspot, maar die verse is soms gesog en ekshibisionisties. In Hoofstuk 2 gaan ek literêr-teoreties in op die ek-spreker in die gedig. Ek probeer veral - deur bekende kritici en teoretici se uitsprake te beredeneer - antwoorde vind op o.m. die volgende vrae: Watter rol speel die ek in die gedig? Is daar 'n verskil tussen die poëtiese ek en die persoonlike ek in die gedig? Dit is ou vrae in die literatuur wat op voorbeelde af al bevredigend beantwoord is deur verskillende kritici, maar Breytenbach se poësie dwing mens om jouself opnuut rekenskap hiervan te gee - soos die verskillende oordele in Hoofstuk 1 gegee, bewys. Vanaf Hoofstuk 3 ontleed ek die bundel sistematies, dit wil sê afdeling vir afdeling en in sy samehang, met besondere aandag aan die rol van die ek-spreker in die gedig. In hierdie hoofstuk konsentreer ek slegs op die eerste gedig van die bundel, "Bedreiging van die Siekes". Dit is 'n heel ongewone gedig vir Afrikaans, 'n voorstellingsgedig waarin twee markante ek-sprekers hulle verskyning maak: 'n spottende seremoniemeester wat "Die maer man met die groen trui"- "Breyten Breytenbach" - aan 'n gehoor voorstel. Laasgenoemde figuur dra dan, vol angs en vrees, 'n gedig voor, 'n gedig wat sy problematiek openbaar: die feit dat hy vasgevang sit in 'n wêreld wat hom bedreig. Hierdie wêreld word in sterk visuele beelde voorgestel. Dis 'n surrealistiese wêreld waarin die reën wat oor alles uitsak die strate in bloed verander. Die ek-Breytenbach van die gedig sien profeties sy eie onafwendbare begrafnis: hierin móét sy gehoor 'n aandeel hê, want hy beveel hulle om hom eers te wond en dan in die grond te "plant". Intussen sal hy - in die gedig uitgewys as 'n sieke - bly praat oor die saam- en naasbestaan van uiter-stes: dood en ontbinding, en "leeubekkies" en "prewelende monnike". In die slotstrofe lewer die seremoniemeester weer spottend kommentaar op die Breytenbach-van-die-gedig: hy meen hy is skadeloos en die gehoor moet hom genadig wees. Hierdie gedig kan gesien word as opdraggedig van die bundel, in besonder van die eerste afdeling, die maer man met die groen trui - 'n titel ontleen aan hierdie gedig: veral deur die besondere procédé van selfspot en die deurlopende motiewe van angs, bedreiging, dood, verrotting én groei, ensovoort, wat telkens deur die gedigte sirkuleer. Hierdie gedig is ook net 'n "voorbeeld" - in ander "voorbeelde" word hierdie motiewe sterker uitgewerk en/of gewysig. In Hoofstuk 4 bespreek ek gedigte uit genoemde eerste afdeling. Die maer man met die groen trui - duidelik 'n bepaalde masker of karikatuur van die ware Breytenbach - het in hierdie afdeling telkens 'n wisselende aard. Hy tree op as digter, malle, sieke, vreesvolle mens, eensame, reisiger, digter-kind, ensomeer. Selde kry ons in die gedig 'n direkte oop belydenis. Breytenbach skep verskillende gestaltes van Die maer man met die groen trui in hom word dikwels houdinge en gesindhede geprojekteer wat die moderne mens in die algemeen raak. Ook in die tweede afdeling, Kopatlas - waarop ek in Hoofstuk 5 ingaan - draai die gedig nog (alhoewel in mindere mate) om ek en wêreld. Ons kry nou veral verbeeldingsreise. Zen laat hom veral sterk geld. Die openingsgedig, "nirvana", waarin Gautama Boeddha sy ek opeet, werk deur in die gedigte van hierdie afdeling. Dit vind 'n mooi hoogtepunt in "Blomme vir Boeddha", waarin die ek verdwyn en een word met al die elemente van die gedig. Hierdie eenwording in die gedig van ek en wêreld geld ook vir die derde afdeling, die mond is te geheim om pyn nie te voel nie, 'n reeks liefdesverse. (Hoofstuk 6) Veral in die liefde, in die eenwording tussen man en vrou, bestaan die moontlikheid dat hiërargieë opgehef kan word. Selfs hier het die spreker 'n wisselende aard: dit wissel van 'n nederige dankbare mens oor die gawe van die liefde en die kosbaarheid van die geliefde, van die wonderlike eenwording tussen man en vrou, van die besondere spreker wat die ongenaakbare wêreld omtower - deur sy woord - tot 'n sprokieslandskap waarin hulle gelukkig woon, tot by die 'groot figuur' ('n god) van "verwoesting, die wrak", die skepper van sy geliefde en sy wêreld. In die meerderheid liefdesverse skuil die elegiese en verwordende, tog is in die liefde die wonder van metamorfose moontlik - 'n belangrike kenmerk van hierdie poësie. Dit is uit hierdie studie duidelik dat die ek-spreker in Die ysterkoei moet sweet 'n wisselende aard het. Alhoewel die spil van die gedig in die meerderheid gedigte draai om ek en wêreld, is dit oor die algemeen nie 'n ekkerige, selfopdringerige poësie nie. Dit is digwerk wat dikwels 'n korrektief van bv. selfspot op die ek bied en binne 'n Zen-sfeer trag om ek en wêreld te versoen. / ENGLISH : In this study I examine the I-speaker in Breyten Breytenbach's first volume of poetry. In order to do this a representative number of poems were selected from the three sections in this book and the role and function of the I-speaker in these were traced. Critics differ as to how the I manifests itself in these poems. In the first chapter this is pointed out by briefly quoting a few of these differences, e.g.: According to F.I.J. van Rensburg and R. Schutte Die ysterkoei moet sweet (The iron cow must sweat) is exhibisionistic; N.P. van Wyk Louw is of the opinion that the poet is somewhat too much involved with himself (" 'n bietjie te veel ek-Breyten-rig-heid"); A.P. Grové judges that the I in some of these poems enforces itself upon the reader with the danger of impairing the ontic status of the work of art; André P. Brink and Rob. Antonissen consider these poems as being poetry of the I without an egotistic tone; for D.J. Opperman this is poetry with a preference for selfportrayal and mockery of the self; however, he finds some of the poems forced and exhibisionistic. In Chapter 2 I deal theoretically with the I-speaker in the poem. By referring to and commenting on various critics I try to arrive at answers on among others the following questions: What rôle does the I fulfil in the poem? Is there a difference between the poetic I and the personal I? These questions have been satisfactorily answered in theoretical writings, but Breytenbach's poetry forces one to answer these questions anew. From Chapter 3 onwards I analysed the selected poems. The first poem "Bedreiging van die Siekes" (Threatening of the Ill) is dealt with at length. This is a most unusual poem for Afrikaans. In this introductory poem there are two conspicious I-speakers: a jeering master of ceremonies who introduces to an audience ,"Die maer man met die groen trui" (The thin man with the green sweater) - "Breyten Breytenbach ". This Breytenbach then recites a poem which is revealing of his anxiety and fear: he is entangled in a world which threatens him. This world is portrayed through strong visual images - a surrealistic world in which the streets are transformed into blood by the rain. This speaker prophetically describes his inevitable burial in which his audience shall play a part, since he demands them to wound him first and then plant him in the ground. But he - an invalid - will continue talking about the coexistence and togetherness of extremes: death and decomposition on the one hand, "leeubekkies" (snapdragons) and "prewelende monnike" (muttering monks) on the other. In the last stanza the master of ceremonies again comments jeeringly on the Breytenbach in the poem: He is harmless, have mercy on him. This poem can be read as a dedication to the remainder of poems in the volume, and in particular to those in the first section, Die maer man met die groen trui (the thin man with the green sweater) - a title taken from the poem: particularly through the precédé of selfmockery and the continual recurrence of the motives of anxiety, threat, death, decomposition and rebirth, etc. This poem is merely an "example" - in other "examples" the same motives are more thoroughly elaborated on and/or altered. In Chapter 4 I discuss certain poems taken from the first section. The thin man with the green sweater - a mask or caricature of the real Breytenbach - takes on a changing rôle: as a poet, madman, invalid, a terrified man, one who is lonely, a traveller, a poet-child and so forth. Seldom is there a direct open confession. Breytenbach creates differing portrayals of the thin man with the green sweater; he is one with fixed likes and dislikes, and attitudes which resemble modern man in general. Also in the second section Kopatlas (mind atlas) - which is dealt with in Chapter 5 - the poems revolve around the I and the world. We find for the most part imaginary journeys. Zen asserts itself strongly. In the first poem, "nirvana", Gautama Buddha devours his I. This process dominates the remainder of the poems in this section. It culminates in "Blomme vir Boeddha" (flowers for buddha) when the I disappears and is assimilated in all the elements of the poem. This unification of the I with the world also occurs in the third section, die mond is te geheim om pyn nie te voel nie (the mouth is too secret not to feel pain) - a series of love poems. (Chapter 6) In love, in the unification between man and woman lies the possibility of hierarchies being uplifted. Even here the speaker has a changing nature: it varies between being modest, thankful for the gift of love and the beloved; the wonder of man and woman becoming one; he who with the gift of the word transforms this unkind world into a fairyland in which they live happily; to the 'important speaker' (a god) in "verwoesting, die wrak" (destruction, the wreck), the creater of his beloved and his world. In most of the love poems we find the elegiac; however, in love the wonder of metamorphosis is possible - an important characteristic of this poetry. An analysis of the poems shows the I-speaker to be of a changing nature. Although the majority of the poems focus on the I and the world, in general they do not become egotistic and self-assertive. Rather it is poetry in which we find correctives towards the I and which, within Zen, aims at reconciling the I with the world. / Dissertation (MA)--University of Pretoria, 1977. / Afrikaans / unrestricted
|
509 |
Towery by die Tswana met besondere verwysing na die Kgatla-bagaKgafelaReyneke, Jacobus Louw 28 January 2012 (has links)
AFRIKAANS: Die proefskrif handel oor die bongaka of towerypraktyke van die Batswana in Transvaal en Botswana. Die studie is hoofsaaklik gebaseer op oorspronklike navorsingswerk wat vanaf 1952 tot 1968 gedoen is, toe meer as 300 tekste in die Tswana-taal woordeliks afgeskryf is soos gedikteer deur 16 Tswana-dingaka of towerybeoefenaars. Meeste van die tekste is deur dingaka van die Kgatla-bagaKgafela gedikteer, maar ook is daar tekste van die Ngwato, Kwena, Tlokwa, Tlhako en ander stamme se dingaka. Hierdie tekste met vertaling langsaan en verklarende aantekeninge vorm die grondslag van hierdie proefskrif en word derhalwe as byvoegsel in ‘n tweede band hierby aangebied. In die verhandeling word voortdurend na hierdie tekste verwys, veral omdat inligting wat voorheen nie beskikbaar was nie vir sover dit die Tswana betref, daardeur bekombaar geword het en in ‘n sekere sin is dit ‘n uitbouing van die bestaande literatuur oor die denke en wesensopvatting van die suidelike Bantoe. Die proefskrif gee ‘n inleidende oorsig oor bestaande opvattings oor towery waarin die belangrikste beskouinge in die Volkekunde behandel word. Hierna word die geskiedenis van die Kgatla asook die stamstruktuur van die Tswana behandel, met ‘n oorsig oor die sosiale organisasie, die gesagstruktuur, ekonomiese aspek en die godsdienstige lewe. In hoofstuk IV word meer spesifiek gelet op die toordokters en hul klassifisering waarna in hoofstuk V in meer detail gelet word op die opleiding van die dingaka, hul toerusting, en skakeling met die badimo of voorouergeeste. Hul invloedsfeer in die stamlewe word vervolgens behandel soos o.a. in die kgotla of volksvergaderplek, in die gesinslewe, en hoe hul optree as “beskermers” van die gemeenskap, en as bemiddelaars in die stamreligie. Die veelvuldige dienste wat hulle as geëerde en gesogte helpers verrig in hul samelewing word meer uitvoerig bespreek in hoofstuk VII, soos o.a. hul optrede teen baloi of toornaars. Dolosgooiery met die ditaola word analities bespreek om die onderliggende sisteem by die interpretasie van die valwyses te verklaar. Vervolgens word die ngaka as geneesheer behandel, met ‘n noukeurige ondersoek na die metodes van behandeling by verskillende soorte siektes, asook die vroegtydige afwering daarvan. ‘n Faset van die bongaka waaraan besondere aandag gegee is, is die plante wat gebruik word. Monsters van meer as 500 verskillende plante is onder leiding van die dingaka in die veld versamel en hul gebruike in die tekste aangeteken, waarna hul vir identifikasie na die Nasionale Herbarium in Pretoria gestuur is. Heelwat nuwe lig kon gewerp word op die Tswana-name en –gebruike van die inheemse plante wat in hoofstuk IX behandel word. ‘n Lys van die name uit Tswana na die wetenskaplike benaming, en ook andersom word as byvoegsel aangeheg. Hoofstuk X handel oor die gebruik van insekte, reptiele, voëls en ander diere, asook die mens, in die preparate van die dingaka. In ‘n slothoofstuk word die denke by die Bantoe met betrekking tot die magiese en die empiriese nagegaan in die lig van die voorgaande uiteensetting met verwysing na die bestaande literatuur. In dié hoofstuk word die towerygeloof ook eties beoordeel en daar word ook gelet op die invloed wat dit nog het op die hedendaagse Kgatla en Tswana se godsdienstige lewe. ENGLISH: This thesis deals with bongaka or die magical practices of the Batswana in the Transvaal and Botswana. It is mainly based on original research-work which was done between 1952 and 1968. More than 300 texts were written down verbally as dictated by 16 Tswanas dingaka (“magicians”, “witch-doctors” or “medicine-men”). Most of the texts were dictated by Kgatla-bagaKgafela dingaka, but there are also texts of magicians from the Ngwato, Kwena, Tlokwa, Tlhako and other tribes. The original texts with translation and clarifying notes, form the basis of this thesis and are presented in an accompanying volume. Continuously reference is being made in the treatise to the original material, because of considerable new information which has come to light, which was not previously known with regard to the Tswana; to a certain extent it is also an addition to present literature on the principles of Bantu thought and their concept of reality. The thesis commences with an initial resumé of past and present-day views on magic sorcery and witchcraft in Anthropology. Subsequently the history of the Kgatla and the tribal structure of Tswana society is surveyed, with special reference to social organization, the tribal authority, the economic aspect and religious life. In chapter IV the various types of dingaka or “magicians” are discussed. In chapter V their training, equipment, and contact with the badimo or ancestor-spirits is described. This is followed by a review of the activities and influence of the dingaka in the kgotla (tribal assembly) and in the everyday life of the family and the individual, and how they act as “protectors” of society and as mediators in tribal religion. Their manifold services as honoured helpers of society are discussed in detail in chapter VII, as for instance in the prevention and treatment of boloi (sorcery) by baloi (sorcerers). Divination by means of ditaola of divining-bones is analysed so as to reveal the underlying system of interpretation. The ngaka is then discussed as “doctor” with a detailed study of his treatment of illness, as well as its prevention. Special attention is given to the plants which ware used by the dingaka. More than 500 different plants were collected under guidance of the “doctors’, and the medicinal uses recorded as dictated by them. Botanical specimens were forwarded to the National Herbarium in Pretoria for identification. Quite a considerable amount of new information on names and uses of the indigenous plants of Botswana and the Western Transvaal were obtained, and this is discussed in chapter IX. A list of Tswana names with their scientific equivalents and vice versa is attached in the addendum. Chapter X is a description of the use made of insects, reptile, bird and animal, as well as human body parts in the compounded “medicines”. In a final chapter Bantu thought is discussed as pertaining to the magical and the empirical world in the light of the foregoing information, with reference to existing ethically and its influence on their present-day religious life is finally reviewed. / Thesis (DPhil)--University of Pretoria, 1971. / Anthropology and Archaeology / unrestricted
|
510 |
„A coalition of many forces which we are striving to get in Europe“. Petra Kelly zu Besuch bei der Green Ban-Bewegung in Australien 1977Koch, Jary 04 May 2022 (has links)
In überraschender Weise erinnerte der australische Grünen-Politiker Bob Brown im März 1997
an den Besuch der deutschen Grünen-Gründerin Petra Kelly in Australien Mitte der 1970er
Jahre: “She took back with her to Germany this idea of Greens Bans, or the terminology. As
best we can track it down, that is where the word ‚green‘ as applied to the emerging Greens in
Europe came from”. Als Green Bans Movement wurde eine Reihe von
Gewerkschaftskampagnen genannt, bei denen Beschäftigte Arbeit bestreikten, die Umwelt und
Natur schädigen würde. Petra Kelly traf bei ihrem Besuch 1977 einige der dort involvierten
Gewerkschafter:innen und blieb in schriftlichem Kontakt mit ihnen. Fern von der Idee, eine
etymologische Untersuchung der Entstehung der Grünen durchzuführen, erfasse ich in diesem
Beitrag jenen Austausch zwischen Petra Kelly und australischen Gewerkschafter:innen und
Aktivist:innen 1977 als eine Mikrogeschichte der transnationalen Verbindungen sozialer
Bewegungen im Allgemeinen und der Umweltbewegung im Besonderen. Dabei zeige ich wie
Kelly als „human link“ (Milder 2018) zwischen den Bewegungen fungierte. Grundlage der
Untersuchung ist eine Auswahl aus Artikeln, Manuskripten, Reiseberichten und
Korrespondenzen aus Kellys Nachlass, der im Archiv Grünes Gedächtnis aufbewahrt wird.
|
Page generated in 0.0601 seconds