• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 1
  • Tagged with
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Vroue en huishoudelike geweld in troos vir die gebrokenes van Bettina Wyngaard

Cloete, Glenda January 2014 (has links)
Magister Artium - MA / Hierdie studie onderneem 'n analise van Bettina Wyngaard se debuutroman Troos vir die gebrokenes (2009). Die fokus val spesifiek op die uitbeelding van huishoudelike geweld en die wyse waarop die karakters hierdie kwessie hanteer en met die uitdagings van versoening en vergifnis wroeg. Eerstens word agtergrondgegewens omtrent die roman en die auteur verskaf. Die motivering vir die studie asook die probleemstelling word uiteengesit. Daarna volg 'n oorsigtelike blik oor huishoudelike geweld. Die teoretiese begronding van die omskrywing van postkolonialisme en die kenmerkende verskynsels van postkoloniale literatuur word belig. Daar word ook lig gewerp op die kritiese perspektief vanuit die swart feministiese oogpunt. Die studie maak gebruik van 'n saamgestelde leesmodel waarin die konsepte en argumente van 'n verskeidenheid literatuurteoriee aangepas en benut word. Daarna kom die teksanalise aan die beurt. Daar word veral klem gele op die hoofkarakter Frieda Daniels. Verskeie kante van haar karakter word belig, onder andere haar uitbeelding as die willose slagoffer van huishoudelike geweld, asook hoe sy as die anker en rolmodel van die gemeenskap uitgebeeld word. Nog 'n belangrike aspek is haar rol as agent van verandering en haar wroeging met emosies wat wissel van bitterheid tot versoening. Daar word ook geraak aan die rol van die kerk in haar verhouding met die patriargie en die noodlydendes n Volgende aspek is die uitbeelding van ander vroulike karakters. Die fokus val op Ma Mina as 'n belangrike teespeler en haar rol as vrou met moed en selfvertroue. Die ander vroulike karakters soos Lilly, Lucy, Linda en Leonie se onderskeie rolle word ook bestudeer. 'n Kritiese perspektief op die voorstelling van geslagsrolle is onderliggend aan die analise. Die uitbeelding van die manlike karakters kom vervolgens onder die loep sodat met balans gekyk kan word na die hantering van geslagsrolle in die teks. Die studie ondersoek onder andere die karakter John Daniels binne die gegewe van aandadigheid, berou en verantwoordelikheid. Ter afsluiting word gekyk na die samelewingstrukture en die wyse waarop dit op huishoudelike geweld reageer. In die slothoofstuk word die bevindinge van die studie opgesom en saamgevat / South Africa

Page generated in 0.0431 seconds