• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 279
  • 36
  • 33
  • 27
  • 23
  • 17
  • 16
  • 15
  • 13
  • 13
  • 13
  • 13
  • 13
  • 9
  • 9
  • Tagged with
  • 511
  • 511
  • 197
  • 112
  • 90
  • 80
  • 77
  • 70
  • 69
  • 64
  • 59
  • 53
  • 52
  • 46
  • 45
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
261

Vertaalteoretiese benaderings by Kinderbybelvertaling

Brink, Theodora Petronella 03 1900 (has links)
Thesis (MPhil (Afrikaans and Dutch))--University of Stellenbosch, 2010. / ENGLISH ABSTRACT: In this thesis the importance of knowledge about translation theories during the preparatory phase of a translation project is examined. Theorists agree that translated children’s literature in general and children’s Bibles in particular are transmitters of cultural and ideological norms, and that source texts are therefore to a greater or lesser degree manipulated when they are translated. This thesis is an attempt to ascertain in which ways insight into various translation theories regarding translation as manipulation as well as theories about Bible translation empowers a translator to deliver a functional target text in which she can motivate and defend her translation choices and strategies. For this reason manipulation theories, Venuti’s insights about domestication and foreignisation and the theories of Nida, Nord and Gutt about Bible translation are described. A particular translation project is then analysed by comparing the source text, the Read and Learn Bible by Eva Moore, with the target text, the Lees-en-Leer Bybel, to discover in which ways insight into the various translation theories can lead to a functional translation. / AFRIKAANSE OPSOMMING: In hierdie tesis word die belangrikheid van kennis omtrent vertaalteorieë tydens die voorbereidingsfase van ’n vertaalprojek ondersoek. Teoretici is dit eens dat vertaalde kinderliteratuur in die algemeen en Kinderbybels in die besonder draers is van kulturele en ideologiese norme, en dat brontekste daarom in mindere of meerdere mate herskryf word wanneer hulle vertaal word. Hierdie tesis is ’n poging om vas te stel in watter mate kennis van verskeie teorieë wat insigte lewer oor vertaling as herskrywing en ook vertaalteorieë wat meer spesifiek op Bybelvertaling fokus, ’n vertaler in die voorbereidingsfase in staat kan stel om uiteindelik ’n deurdagte produk te lewer waarin sy haar vertaalkeuses en -strategieë kan motiveer en verantwoord. Om dit te kan doen word eerstens die teorieë van die Manipulasieskool, Venuti se insigte oor domestikering en vervreemding en die teorieë van Nida, Nord en Gutt oor Bybelvertaling beskryf. Daarna word ’n gevallestudie van ’n vertaalprojek gedoen deur die bronteks, die Read and Learn Bible deur Eva Moore, en die doelteks, die Lees-en- Leer Bybel, te analiseer en vas te stel in watter mate kennis van die verskillende vertaalteorieë kan lei tot ’n funksionele vertaling.
262

Die behandeling van zero-ekwivalensie in tweetalige woordeboeke

Rademeyer, Linda 03 1900 (has links)
Thesis (MPhil (Afrikaans and Dutch))--University of Stellenbosch, 2010. / ENGLISH ABSTRACT: In lexicography different types of equivalent relations can be identified regarding bilingual dictionaries namely full equivalence, partial equivalence and zero equivalence. Zero equivalence prevails where the target language has no item to be co-coordinated as a translation equivalent with a lemma representing a source language item. Lexical gaps occur where a language lacks a word for a given concept. Dagut (1981) identifies different types of semantic gaps in the transfer of a text from one language to another. He distinguishes between gaps due to linguistic and extra-linguistic factors. These two categories are called linguistic and referential gaps respectively. A solution for the above mentioned lexicographic problem is given in the present theory of zero equivalence namely surrogate equivalents. The present theory of zero equivalence is expanded in this thesis by making specific reference to its occurrence in Pharos (2005). Different factors that lead to zero-equivalence are discussed and these factors are used to identify different types of zero equivalence. These types of zero equivalence are the following: zero equivalence caused by linguistic and referential gaps as well as grammatical zero equivalence and partial zero equivalence. In a multilingual society like South Africa where many different culture groups exist and people are encouraged to learn an additional language many different types of bilingual dictionaries are needed. When two languages are compared with each other during the compilation of a bilingual dictionary the lexicographer will always be confronted with zero equivalence, especially when the users of the two languages have vastly different cultures. Thus it is necessary to expand on the present theory of zero equivalence within the South African context. In the last section of the thesis the different options at the lexicographer‟s disposal in dealing with the different types of zero equivalence are discussed. Another aspect that gets attention throughout this thesis is the dictionary users of certain dictionaries, among others Pharos (2005), and their specific needs. / AFRIKAANSE OPSOMMING: In die leksikografie word daar tussen verskillende ekwivalentverhoudinge wat in tweetalige woordeboeke voorkom, onderskei, naamlik absolute ekwivalensie, gedeeltelike ekwivalensie en zero-ekwivalensie. Zero-ekwivalensie ontstaan wanneer die doeltaal nie ‟n item het wat as ‟n vertaalekwivalent gekoördineer kan word met ‟n lemma van die brontaal nie. Leksikale gapings kom voor wanneer ‟n taal nie ‟n woord vir ‟n spesifieke konsep het nie. Dagut (1981) identifiseer verskillende semantiese gapings na aanleiding van linguistiese en ekstra-linguistiese faktore. Hierdie twee kategorieë staan afsonderlik as linguistiese en referensiële gapings bekend. ‟n Oplossing vir dié leksikografiese probleem is surrogaatekwivalente, wat in die bestaande teorie van zero-ekwivalensie aanbeveel word. Hierdie tesis brei uit op die bestaande teorie van zero-ekwivalensie in die leksikografie deur onder andere spesifiek na die hantering daarvan in Pharos (2005) te verwys. Daar word aandag geskenk aan die verskillende faktore wat aanleiding tot die verskynsel van zero-ekwivalensie gee. Op grond van hierdie faktore word verskillende tipes zero-ekwivalensie geïdentifiseer; naamlik zero-ekwivalensie wat as gevolg van linguistiese of referensiële gapings ontstaan asook grammatiese zero-ekwivalensie en gedeeltelike zero-ekwivalensie. In ‟n meertalige gemeenskap soos Suid-Afrika waar daar verskeie kultuurgroepe voorkom en mense aangemoedig word om ‟n addisionele taal aan te leer, word verskeie soorte tweetalige woordeboeke benodig. Wanneer enige twee tale vergelyk word, word die leksikograaf met zero-ekwivalensie gekonfronteer veral wanneer die taalpaar wat in die tweetalige woordeboek aan bod kom wat kultuur betref uitermate van mekaar verskil. Dit is dus nodig om binne die Suid-Afrikaanse konteks die teorie van zero-ekwivalensie uit te brei. Daar word in die laaste afdeling van hierdie tesis aandag geskenk aan die verskillende opsies wat die leksikograaf tot sy beskikking het om die verskillende tipes zero-ekwivalensie te hanteer. Nog ‟n aspek wat deurgaans aandag geniet, is die gebruikers van spesifieke woordeboeke, byvoorbeeld Pharos (2005), en die behoeftes van dié gebruikers.
263

Translating Karel Schoeman's Hierdie lewe : strategies, decisions and process

Silke, Elsa 03 1900 (has links)
Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2004. / ENGLISH ABSTRACT: The aim of this study is to produce an English translation of the first part of Karel Schoeman's novel Hierdie lewe, translated as This Life. The thought processes of the translator are illustrated by means of descriptive annotations. The choice of source text is motivated and the specifications of the target text are formulated. The problem is stated that relatively few of Schoeman's fictional works have been translated into English or other languages and it is suggested that this might be because Schoeman's work is difficult to translate, or even untranslatable. A possible reason for this may be Schoeman's distinctive style: rhythmic, lyrical and rich in imagery. The source culture may also be too specific and the cultural gap too wide. A hypothesis is formulated that translation is possible if the translational problems are identified. Certain strategies are devised and solutions suggested. A hermeneutic interpretation of the source text and an overall strategy of resistancy are advocated, resulting in a target text with a marked source-text inscription. However, a measure of domestication is unavoidable in the light of the final goal to create an equivalent text which is still readable and will not alienate its addressees. A discussion of relevant concepts from translation studies theory substantiates and motivates the choice of translation strategies and solutions. A thorough reading analysis of the source text supplies the context for an interpretation. Descriptive annotations focus on the translator's methodology. Conclusions are drawn about the effectiveness of the chosen strategies and suggestions are made for further study. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die doel van hierdie studie is die produksie van 'n vertaling in Engels van die eerste deel van Karel Schoeman se roman Hierdie lewe, vertaal as This Life. Daarby word deur middel van beskrywende annotasies verslag gedoen oor die denkprosesse van die vertaler tydens die vertaalproses. Die keuse van bronteks word gemotiveer en die vereistes vir die doelteks word geformuleer. Die probleem word gestel dat relatief min van Schoeman se fiksie reeds in Engels en ander tale vertaal is, moontlik as gevolg van 'n persepsie dat Schoeman se werk moeilik vertaalbaar, of selfs onvertaalbaar is. Een rede hiervoor is 'n besondere beeldryke, liriese, ritmiese skryfwyse, kenmerkend van Schoeman. Dat die bronkultuur te spesifiek en die kulturele gaping te groot is, kan ook 'n rol speel. 'n Hipotese word gestel dat vertaling wel moontlik is mits die vertaalprobleme geïdentifiseer word en strategieë om die probleme op te los, bedink word. 'n Hermeneutiese interpretasie van die bronteks word aanbeveel en 'n oorhoofse weerstandstrategie word voorgestel, met die bronteksinskripsie duidelik in die doelteks waarneembaar. Sekere toegewings aan die brontekskultuur (domestication) is egter onvermydelik in die lig van die einddoelom 'n ekwivalente teks te skep wat tog ook leesbaar is en nie die teikenlesers sal vervreem nie. 'n Bespreking van relevante konsepte uit die vertaalteorie ondersteun en motiveer die keuse van vertaalstrategieë en -oplossings. 'n Deeglike analise van die bronteks verskaf die konteks vir 'n interpretasie. Beskrywende annotasies bevat inligting oor die werkwyse van die vertaler en afleidings word gemaak oor die doeltreffendheid van die gekose strategieë. Die moontlikheid van verdere studie word aangedui.
264

'n Vertalersperspektief op enkele terkortkominge in algemene en gespesialiseerde woordeboeke

Boshoff, Ilene 03 1900 (has links)
Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2005. / ENGLISH ABSTRACT: It is no new news that the use of a bilingual dictionary forms part of the day-to-day process of communication within a multilingual society like the one we live in. Whether it is a student, expert, language practitioner or a translator consulting a specific dictionary for meaning, spelling, pronunciation or grammatical information, it is of the utmost importance that that dictionary (regarding its macro as well as micro structure) is compiled in a such a way that the user is at all times capable of optimal retrieval of information. Bilingual dictionaries, whether general or specialised, are probably one of the most important sources of information that a translator has to his/her disposal. The most common problem that so often arises in this case, is the fact that these dictionaries are never really compiled with the translator, as possible user thereof, in mind. Because lexicographers in general do not bare in mind that the average translator (who, in the field of specialised language, is actually no more than a layman) may approach the specific dictionary for help, the vast majority of translators often experience great difficulty with the effectiveness of bilingual dictionaries with regard to a) the type of data that is brought about as well as b) the way in which this data is treated and presented in these dictionaries. The way in which aspects such as the correct way of indicating among other things equivalent relations and the use of, for example, context and cotext guidance, are supposed to be applied in order to ensure optimal information retrieval and, subsequently, that the user (which, in this case, is the translator) benefits from this,. should be studied thoroughly beforehand. The importance of other aspects such as lexicographical functions, specific user needs and the influence of cultural gaps on the data found in dictionaries, may also not be ignored when planning the structure and compilation of a bilingual dictionary. All these aspects are supposed to be treated as a lexicographical duty. And this goes for any bilingual dictionary. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Dit is nie nuwe nuus dat die gebruik van 'n vertalende woordeboek deel vorm van die daaglikse proses van kommunikasie binne 'n multitalige samelewing soos ons eie nie. Hetsy dit 'n student, vakkundige, taalpraktisyn of vertaler is wat 'n betrokke tweetalige woordeboek raadpleeg ter wille van betekenis, spelling, uitspraak of grammatikale inligting, is dit van die uiterste belang dat daardie woordeboek (wat die spesifieke gebruiker met 'n doel gekies het) op so 'n wyse saamgestel is (wat mikrosowel as makrostrukturele aspekte betref) dat die gebruiker te alle tye tot optimale inligtingsonttrekking in staat is. Vertalende woordeboeke, hetsyalgemene of vakwoordeboeke, is waarskynlik een van die heel belangrikste inligtingsbronne wat 'n vertaler tot sy/haar beskikking het. Die algemeenste probleem wat so dikwels hier ter sprake kom, is die feit dat sulke woordeboeke as't ware nooit saamgestel word met die oog op die vertaler as moontlike gebruiker daarvan nie. Omdat leksikograwe oor die algemeen nie III gedagte hou dat vertalers (wat veralop die gebied van vaktaal basies niks anders as leke is nie) dalk die betrokke woordeboek sal nader vir hulp nie, ondervind die oorgrote meerderheid vertalers meestal probleme met die doeltreffendheid van vertalende woordeboeke ten opsigte van a) die tipe data wat daargestel word asook b) die manier waarop hierdie data bewerk word en aangebied word. Die mamer waarop aspekte soos die korrekte aanduiding van onder andere ekwivalentverhoudinge en die gebruik van byvoorbeeld konteks- en koteksleiding toegepas moet word ten einde optimale inligtingsonttrekking te verseker en, vervolgens, tot voordeel van die gebruiker (in hierdie geval die vertaler) te kan lei, moet vooraf deeglik bestudeer word. Die belangrikheid van ander kwessies soos leksikografiese funksies, spesifieke gebruikersbehoeftes en die invloed van kulturele gapings op die data wat in woordeboeke aangetref word, kan ook nie buite rekening gelaat word wanneer die struktuur en samestelling van 'n vertalende woordeboek beplan word nie. Al hierdie aspekte behoort as 'n leksikografiese plig behandel te word. En dit geld vir enige vertalende woordeboek.
265

Vertalers en hul bronne : die behoefte aan 'n vertaalwoordeboek met Engels en Afrikaans as behandelde taalpaar

Crafford, M. F. 03 1900 (has links)
Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2005. / ENGLISH ABSTRACT: Dictionaries are important translation tools, but cause a lot of frustration when they either fail to provide the help required or offer very little guidance. This study examines the reasons that bilingual dictionaries in particular do not always provide satisfactory support to professional translators. Translation theory and different approaches to both the process and the product of translation are investigated. Specific attention is paid to linguistic, text-linguistic and functionalist approaches to translation. The study traces the development of lexicographic theory and practice, and highlights the linguistic genealogy of lexicography. Lexicography and translation studies share this genealogy. The concept of equivalence as it relates to both these academic disciplines - translation studies and lexicography - is investigated. Professional translation entails more than translating individual words or choosing the correct translation equivalent from a bilingual dictionary, and professional translators therefore tend to regard most existing bilingual dictionaries as unsatisfactory, insufficient and inadequate. The terms "bilingual dictionary", "translating/translatory dictionary", and "translation dictionary" are discussed. Requirements for a translation dictionary are identified based on research findings concerning the translation process, translation strategies, typical translation problems, and the requisite skills of professional translators. A translation dictionary should be designed so as to assist professional translators in solving problems related to the reception, translation, and production of texts. It should be based on a representative corpus of real language use. Finally, a lexicographic model of an English-Afrikaans translation dictionary is constructed, based on the genuine purpose and the lexicographic functions of a dictionary aimed at the needs of professional translators. A process of simultaneous feedback is recommended when new dictionaries are compiled. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Woordeboeke is 'n belangrike hulpmiddel vir vertalers, maar is dikwels ook 'n bron van frustrasie wanneer hulle óf geen hulp nie óf gebrekkige leiding verskaf Hierdie studie ondersoek redes waarom spesifiek tweetalige woordeboeke nie 'n voldoende hulpmiddel vir professionele vertalers is nie. In die proses word teorieë oor en benaderings tot vertaling as produk en proses belig. Daar word veral klem gelê op linguistiese, tekslinguistiese en funksionalistiese werkswyses in vertaling. Die ontwikkeling van leksikografie en die leksikografiese beskouing ten opsigte van tweetalige woordeboeke word daarna aangesny. Soos vertaalkunde, het leksikografie uit die linguistiek as studiegebied ontwikkel. Dit het op die vormingsjare van die twee jonger studierigtings - vertaalstudie en leksikografie - 'n soortgelyke invloed uitgeoefen. Die problematiek om ekwivalensie in sowel vertaalteorie as tweetalige woordeboeke word uitgelig. Professionele vertaling behels meer as die vertaal van woorde of die korrekte keuse van vertaalekwivalente. Tweetalige woordeboeke is nie 'n voldoende hulpmiddel vir vertalers nie, omdat hulle nie 'n bevredigende, genoegsame of toereikende hulpmiddel is nie. Die gebruik van die terme "tweetalige woordeboek", "vertalende woordeboek" en "vertaalwoordeboek" word bespreek. Vereistes waaraan 'n vertaalwoordeboek behoort te voldoen, word ondersoek, onder meer aan die hand van insigte uit navorsing oor die vertaalproses, vertaalstrategieë, tipiese vertaalprobleme en die vaardighede waaroor professionele vertalers (moet) beskik. 'n Vertaalwoordeboek moet aan professionele vertalers hulp verleen met probleme wat hulle ondervind met die resepsie, oordrag en produksie van tekste. Verteenwoordigende korpusse van werklike taalgebruik moet die grondslag vorm vir die saamstel van sodanige woordeboek. Op grond van die werklike doel van 'n vertaalwoordeboek en die funksies wat dit moet verrig, word 'n model voorgestel VIr 'n vertaalwoordeboek vir vertalers uit Engels III Afrikaans. Bewerkingsvoorstelle vir enkele voorbeeldlemmas word aan die hand gedoen. 'n Proses van gelyktydige terugvoer behoort by die saamstel van nuwe woordeboeke gevolg te word.
266

The quality of translation regarding medical research questionnaires

Fourie, Jean 12 1900 (has links)
Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2003. / ENGLISH ABSTRACT: Little scholarly reflection has been published on the subject of medical research and translation. The aim of this study is to contribute to such literature by investigating the quality of original and retranslated medical questionnaires. The various steps medical researchers follow when translating their questionnaires are considered and discussed. Particular attention is given to questionnaires on AIDS-related topics in South Africa, as well as to the role of translation in ensuring the collection of valid data in medical research. Different translation approaches, which are followed when translating medical texts, and the impact they have on the quality of the research, are discussed. These approaches are the linguistic, text-linguistic and functional approaches. Attention is given to translators as communicators and mediators, as well as to the more general role of the translator. This study hypothesises that the quality of translations of medical research questions is largely inadequate in communicating effectively with the target culture for which they are intended. The retranslation hypothesis stating that retranslations are closer to the source text (ST) than original translations is supported. Afrikaans- and Xhosa-speaking adolescents from two secondary schools in the Cape Peninsula participated in a before-after study. These learners received self-administered medical questions on the two occasions. The first set comprised original translations, while the second set contained retranslations of the ST questions. Evaluation questions were included to assess the quality of these translations. The design, translation approach and quality of the original translations are explained, as is the development of the retranslation and evaluation questionnaires. Translations that do not consider their target audience lead to communication gaps, which have an adverse effect on the validity of data derived from questionnaires that are used in medical research. The results of most of these questions are compared for the two target cultures and are analysed qualitatively and quantitatively. The data are further explored to establish whether and how the translational quality of medical questionnaires can be improved. These aspects and the suggested translation process are discussed while bearing in mind the limitations of a study of this kind. Recommendations are made for possible improvement to the quality of translations of medical questionnaires. Projections for further studies in this direction complete this empirical investigation into translation and medical research. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Relatief min akademiese nadenke is gepubliseer oor die onderwerp mediese navorsing en vertaling. Hierdie studie wil 'n bydrae maak tot sodanige literatuur deur 'n ondersoek na die kwaliteit van oorspronklik vertaalde en hervertaalde mediese vraelyste. Die onderskeie stappe wat mediese navorsers ten opsigte van die vertaling van hulle vraelyste volg, word bespreek. Aandag word spesifiek gerig op vraelyste oor vigsverwante temas in Suid-Afrika, asook op die rol van vertaling in die versekering dat geldige data in mediese navorsing ingesamel word. Verskeie benaderings wat gevolg word in die vertaling van mediese tekste en die impak wat hulle het op die kwaliteit van die navorsing word bespreek. Hierdie benaderings is die linguistiese, tekslinguistiese en funksionalistiese benaderings. Aandag word geskenk aan vertalers as kommunikeerders en tussengangers, asook die meer algemene rol van die vertaler. Hierdie studie veronderstel dat die kwaliteit van vertalings van mediese navorsingsvraelyste grootliks onvoldoende is om effektief met die betrokke teikengehoor te kommunikeer. Die hervertalingshipotese wat sê dat hervertalings nader aan die brontaal (Bn as oorspronklike vertalings is, word ondersteun. Afrikaans- en Xhosa-sprekende adolessente van twee sekondêre skole in die Skiereiland het deelgeneem aan 'n voor- en agtemastudie. Hierdie leerders het op beide geleenthede die vraelyste self voltooi. Die eerste stel het oorspronklike vertalings bevat terwyl die tweede stel hervertalings van die BT bevat het. Evalueringsvrae is ingesluit om die kwaliteit van hierdie vertalings te help bepaal. Die ontwerp, vertalingsbenadering en kwaliteit van die oorspronklike vertalings word verduidelik, so ook die ontwikkeling van die hervertaling- en evalueringsvraelyste. Vertalings wat nie die teikengehoor in ag neem nie, lei tot kommunikasiegapings wat die geldigheid van data afkomstig van vraelyste in mediese navorsing nadelig kan raak. Die resultate van die meeste van hierdie vrae word vir die twee teikenkulture vergelyk, en dit word kwalitatief en kwantitatief ontleed. Die data word verder ondersoek om vas te stelof en hoe die kwaliteit van die vertaling van mediese vraelyste verbeter sou kon word. Bogenoemde aspekte en die voorgestelde vertalingsproses word bespreek met inagneming van die beperkings van 'n studie van hierdie aard. Voorstelle word gemaak vir die moontlike verbetering van die vertaling van mediese vraelyste. Vooruitskattings vir verdere studie in hierdie rigting voltooi hierdie empiriese ondersoek na vertaling en mediese navorsing. Ek dra hierdie tesis op aan Mattheus vir sy liefde, geduld en al die tee-aandraery, asook aan Ettienne en Jeanelle wat met minder ondersteuning van my as andersins hulle skoolloopbane moes voltooi het.
267

Die potensiaal van tolking in die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe (US) : die departement Maatskaplike Werk as gevallestudie

Clausen, Marna 03 1900 (has links)
Thesis (MPhil)--University of Stellenbosch, 2011. / ENGLISH ABSTRACT: As can be seen from the very different language backgrounds of their students, tertiary institutions in South Africa have become increasingly diverse in the past few years. Consequently, their campuses are now multilingual in character and there is increasing pressure on these institutions to use more than one language of instruction. As part of the solution to this issue, the North-West University (NWU) has introduced classroom interpreting. At present, it is the only South African university that uses full-scale classroom interpreting. Other universities who use classroom interpreting (among them the University of the Free State) are currently doing so only in pilot projects. This study investigates the possibility of using interpreting at Stellenbosch University, and more specifically in the Faculty of Arts and Social Sciences. It focuses on the receptiveness to and the potential of such a practice as well as on its logistic implications. In addition, the study explores the successes in using interpreting during lectures as well as the hindrances in doing so. It also explores the links between the language policy of the University and classroom interpreting and whether this practice is at all attainable in the faculty in question. The empirical part of the study involved an experiment in the first half of the first semester in 2010 in the Department of Social Work in the Faculty of Arts and Social Sciences to determine whether it would be feasible to use interpreting during lectures. An interpreting service was used to interpret lectures on various occasions in a second year as well as a third year class. The type of interpreting used was whisper interpreting with Sennheiser equipment. The study found that it would indeed be possible to have an interpreting service during lectures. Although a few problems were highlighted, they were shown to be surmountable. The majority of students who took part in the trial expressed a need for an interpreting service, even though they were happy with the University’s language policy. One of the conclusions reached is that close cooperation between the interpreter and the lecturer is of cardinal importance because it creates a relationship of trust, which in turn helps to ensure that the interpreting service is successfully implemented. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Tersiêre instellings in Suid-Afrika het die afgelope paar jaar toenemend meer divers geraak soos blyk uit studente se uiteenlopende taalagtergronde. Dit het daartoe gelei dat kampusse tans gekenmerk word deur meertaligheid en dat daar toenemende druk op hierdie instellings is om onderrig in meer as een taal aan te bied. As deel van die oplossing vir hierdie kwessie het die Noordwes-Universiteit (NWU) klaskamertolking geïmplementeer. Gevolglik is die NWU tans die enigste Suid-Afrikaanse universiteit wat volskaals van klaskamertolking gebruik maak. Ander universiteite (waaronder die Universiteit van die Vrystaat) gebruik ook klaskamertolking, maar tans slegs as ’n loodsprojek. Hierdie studie stel ondersoek in na die moontlikheid van tolking aan die Universiteit Stellenbosch, en meer spesifiek in die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe. Die studie fokus op die ontvanklikheid vir en potensiaal van sodanige praktyk sowel as die logistiese implikasies daarvan. Buiten laasgenoemde fokus die studie ook daarop om die suksesse van asook struikelblokke in die toepassing van tolking tydens lesings vas te stel. Daar word gekyk na hoe die taalbeleid van die Universiteit met klaskamertolking skakel en of sodanige praktyk hoegenaamd haalbaar is in die betrokke fakulteit. Die empiriese gedeelte van die studie behels dat daar gedurende die eerste helfte van die eerste semester van 2010 ’n proef gedoen is in die Departement Maatskaplike Werk in die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe ten einde die haalbaarheid van tolkpraktyk tydens lesings vas te stel. Daar is van ’n tolkdiens gebruik gemaak en daar is tydens verskillende geleenthede oor ’n bepaalde tydperk in ’n tweedejaars- sowel as ’n derdejaarsklas getolk. Die tipe tolking wat plaasgevind het, was fluistertolking met behulp van Sennheisertolktoerusting. Die studie bevind dat ’n tolkdiens tydens lesings wel moontlik is. Enkele oorkombare probleme is ook uitgelig. Die meerderheid studente wat aan die proef deelgeneem het, het ’n behoefte aan ’n tolkdiens, selfs al is hulle tevrede met die Universiteit se taalbeleid. Een van die gevolgtrekkings waartoe gekom word, is dat noue samewerking tussen die tolk en die dosent van kardinale belang is aangesien dit ’n vertrouensverhouding skep wat op sy beurt die suksesvolle toepassing van die tolkdiens help verseker.
268

Vertaalstrategiee in Where the heart is – a writer in Provence deur Marita van der Vyver : die Afrikaanse vroueskrywer in Frankryk vir die Engelse leser

Ferreira, Marelize 12 1900 (has links)
Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2012. / ENGLISH ABSTRACT: This study investigates the manner in which Marita van der Vyver’s semi-autobiographic novel Die hart van ons huis – ’n skrywer in Provence has been translated. The question that arises is who the reader of Marita van der Vyver’s translated works is – the local South African or the international English reader? If the text was translated for the local English reader, will the text be translated as if it was written by a local English speaker and if the text was translated for an international reader, are the Afrikaans cultural elements in the novel neutralised, adapted or omitted in such a way that the text would be fluent and understandable for the international English reader? In the first chapter, Van der Vyver’s background as an author is discussed and the source text used in this study is contextualised. The problem statement, research questions, methodology, and course of this study are also discussed. The next chapter provides the theoretical background used as background of this study, namely the descriptive and functionalist translation theories where translation is generally viewed as a cultural activity. The translation approaches used are domestication and foreignisation. Chapters 3 and 4 both contain the empirical analysis of the source text. This analysis is done by using an adapted model of Lambert and Van Gorp on both macro- and micro-levels: larger aspects of the target text are explored on macro-level, such as the genre, title, overall translation approach and paratext while analysis on the micro-level deals with pragmatic, intercultural and text-specific translation problems. The techniques the translator applies to adequately deal with these translation problems are also investigated. It is concluded that the translator generally transfers the culturally specific French and Afrikaans terms from the source text and makes use of a generally foreignising approach in the target text. The translator stays loyal to the author of the source text but also shows loyalty towards the reader by domesticating the target text on a linguistic level and generally making the target text more understandable for the English speaker. It is shown throughout the text that it isn’t only the target text that is foreignising to targer readers, but that the source text would also be foreignising for an Afrikaans reader because of the French cultural elements that are strongly featured throughout the text / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie ondersoek die wyse waarop Marita van der Vyver se deels outobiografiese roman Die hart van ons huis – ’n skrywer in Provence vertaal is. Die vraag wat ontstaan, is wie die spesifieke Engelse leser van Van der Vyver se vertaalde werke is – is dit die plaaslike Suid-Afrikaanse, of die internasionale Engelse leser? Indien die teks vir ’n plaaslike Suid-Afrikaanse leser vertaal word, word die teks so vertaal asof dit deur ’n plaaslike Engelssprekende geskryf is en indien dit vir ’n internasionale leser vertaal word, word die Afrikaanse kulturele gegewens geneutraliseer, aangepas of weggelaat sodat die teks vlot en verstaanbaar vir die internasionale leser sal lees? In die eerste hoofstuk word Van der Vyver se agtergrond as skrywer bespreek en die bronteks wat in die studie aan bod kom, gekontekstualiseer. Die probleemstelling, navorsingsvrae, metodologie en verloop van die studie word ook bespreek. Die volgende hoofstuk verskaf die teoretiese agtergrond waarteen die studie geplaas word, naamlik die deskriptiewe en funksionalistiese vertaalteorieë waarbinne vertaling hoofsaaklik as ’n kulturele handeling beskou word. Die vertaalbenaderings wat hanteer word, is domestikering en vervreemding. Hoofstuk 3 en 4 bevat die empiriese ontleding van die doelteks – dit geskied aan die hand van ’n aangepaste Lambert en Van Gorp-model op sowel makro- as mikrovlak; op die makrovlak word groter aspekte van die teks soos die genre, titel, oorkoepelende vertaalbenadering en parateks ondersoek terwyl ontleding op mikrovlak die fyner aspekte van die doelteks onder die loep neem – hier word gekyk na pragmatiese, interkulturele en teksspesifieke vertaalprobleme en die wyse waarop die vertaler daarmee in die doelteks omgaan. Die gevolgtrekking is dat die vertaler die spesifieke Franse en Afrikaanse verwysings in die doelteks behou en van ’n hoofsaaklik vervreemdende vertaalstrategie gebruik maak deur eg Afrikaanse en Franse kulturele aspekte in die doelteks te behou. Die vertaler bly deurlopend lojaal aan die outeur van die bronteks, maar toon ook lojaliteit teenoor die doelteksleser deurdat sy linguisties domestikeer en die teks sodoende meer verstaanbaar vir die doelteksleser maak. Daar word ook deurgaans aangetoon dat nie net die doelteks vervreemdend is vir die doeltekslesers nie, maar dat die bronteks reeds vervreemdend is ook vir die brontekslesers deur die Franse kultuur wat so sterk aan bod kom.
269

Die bevorderlikheid van opvoedkundige tolking vir effektiewe onderrig en leer binne die konteks van die Fakulteit Regsgeleerdheid aan die Universiteit Stellenbosch

Brewis, Carmen 03 1900 (has links)
Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2013. / ENGLISH ABSTRACT: Traditionally educational interpreting refers to educational interpreting for deaf students using Sign Language. Research that has been done in South Africa in spoken language educational interpreting represents pioneering work in this emerging discipline. One of the most important issues that interests policy makers and educators is the effectiveness of educational interpreting for teaching and learning purposes. This study investigates this issue with reference to contemporary ideas from academic literacy studies. Concepts such as affect, identity, accessibility and participation are investigated in order to describe possible relationships between educational interpreting and teaching and learning. The research is done against a discussion of pertinent concepts in interpreting theory, namely role, quality and professionalism. During a four week period educational interpreting was tested by way of a trial in two modules in the Law Faculty of the Stellenbosch University and with reference to three basic questions, namely: • Do students understand subject content better as a result of educational interpreting? • Do students identify better with the classroom situation because of educational interpreting? • Does educational interpreting help students to save time in the learning process? Data were gathered by way of action research and questionnaires, a focus group discussion, interviews and field observation. The research methodology included both qualitative and quantitative components. The results of the study lead to certain conclusions about the experience of educational interpreting in classrooms in the research context and whether educational interpreting can enhance teaching and learning in this context. Recommendations are made regarding the implementation of educational interpreting and further research in the field of Interpreting Studies. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Tradisioneel verwys opvoedkundige tolking na tolking vir dowe studente deur middel van gebaretaal. Navorsing in gesproke opvoedkundige tolking is egter onlangs in Suid-Afrika begin; dit verteenwoordig pionierswerk in hierdie ontluikende studieveld. Een van die belangrikste kwessies waarin beleidmakers en opvoeders belangstel, is die effektiwiteit van opvoedkundige tolking vir onderrig en leer. In hierdie studie word ’n ondersoek na hierdie vraagstuk onderneem, met verwysing na kontemporêre idees uit akademiese geletterdheidstudies. Konsepte soos affek, identiteit, toeganklikheid en deelname word verken om uiteindelik moontlike verbande tussen opvoedkundige tolking en onderrig en leer te ondersoek en te beskryf. Die navorsing word gegrond op ’n verkenning van belangrike tolkteoretiese konsepte, naamlik rol, kwaliteit en professionaliteit. Opvoedkundige tolking is deur ’n proefneming binne die Fakulteit Regsgeleerdheid (US) in twee modules oor ’n tydperk van vier weke in klasse getoets met verwysing na drie basiese vrae, naamlik: Tradisioneel verwys opvoedkundige tolking na tolking vir dowe studente deur middel van gebaretaal. Navorsing in gesproke opvoedkundige tolking is egter onlangs in Suid-Afrika begin; dit verteenwoordig pionierswerk in hierdie ontluikende studieveld. Een van die belangrikste kwessies waarin beleidmakers en opvoeders belangstel, is die effektiwiteit van opvoedkundige tolking vir onderrig en leer. In hierdie studie word ’n ondersoek na hierdie vraagstuk onderneem, met verwysing na kontemporêre idees uit akademiese geletterdheidstudies. Konsepte soos affek, identiteit, toeganklikheid en deelname word verken om uiteindelik moontlike verbande tussen opvoedkundige tolking en onderrig en leer te ondersoek en te beskryf. Die navorsing word gegrond op ’n verkenning van belangrike tolkteoretiese konsepte, naamlik rol, kwaliteit en professionaliteit. Opvoedkundige tolking is deur ’n proefneming binne die Fakulteit Regsgeleerdheid (US) in twee modules oor ’n tydperk van vier weke in klasse getoets met verwysing na drie basiese vrae, naamlik:Tradisioneel verwys opvoedkundige tolking na tolking vir dowe studente deur middel van gebaretaal. Navorsing in gesproke opvoedkundige tolking is egter onlangs in Suid-Afrika begin; dit verteenwoordig pionierswerk in hierdie ontluikende studieveld. Een van die belangrikste kwessies waarin beleidmakers en opvoeders belangstel, is die effektiwiteit van opvoedkundige tolking vir onderrig en leer. In hierdie studie word ’n ondersoek na hierdie vraagstuk onderneem, met verwysing na kontemporêre idees uit akademiese geletterdheidstudies. Konsepte soos affek, identiteit, toeganklikheid en deelname word verken om uiteindelik moontlike verbande tussen opvoedkundige tolking en onderrig en leer te ondersoek en te beskryf. Die navorsing word gegrond op ’n verkenning van belangrike tolkteoretiese konsepte, naamlik rol, kwaliteit en professionaliteit. Opvoedkundige tolking is deur ’n proefneming binne die Fakulteit Regsgeleerdheid (US) in twee modules oor ’n tydperk van vier weke in klasse getoets met verwysing na drie basiese vrae, naamlik: • Kan tolking in klasse studente help om vakinhoud beter te verstaan? • Kan studente hierdeur beter met die klaskamersituasie identifiseer? • Word tyd sodoende in die leerproses bespaar? Deur ’n proses van deelnemende aksienavorsing is data ingewin deur middel van vraelyste, ’n fokusgroepbespreking, onderhoude en waarneming. As navorsingsmetodologie het die navorser van beide kwalitatiewe en kwantitatiewe metodes gebruik gemaak. Na aanleiding van die resultate word afleidings gemaak oor die ervaring van opvoedkundige tolking in klaskamers binne die navorsingskonteks en of opvoedkundige tolking onderrig en leer binne hierdie konteks kan bevorder. Ten slotte word aanbevelings vir die implementering van opvoedkundige tolking en verdere navorsing in Tolkstudie gemaak.
270

An exploratory study on telephone interpreting in the Western Cape healthcare sector

Brink, Eloise Karin 12 1900 (has links)
Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2014. / ENGLISH ABSTRACT: Communication in a global context is seriously hampered by language barriers. These barriers pose special challenges to service delivery, particularly in the healthcare sector. Onsite interpreting is considered most conducive to enable effective communication. In South Africa, however, it is not practical and financially viable to employ onsite interpreters for all the possible language combinations. Telephone interpreting is proposed as an alternative to onsite interpreting and Folio Online’s InterTel service offers telephone interpreting in the Western Cape healthcare sector. This study gauges whether the InterTel service has the potential to contribute in any way to effective communication in the Western Cape healthcare sector. In South Africa, language barriers do not only exist in communication with tourists or immigrants, but also among the country’s own inhabitants. Furthermore, effective communication in the healthcare sector is particularly crucial. Miscommunication may lead to misdiagnosis and/or incorrect usage of medication, which in turn may result in death. The possible loss of life renders the issue of overcoming language barriers in the healthcare sector an important one. The aim of the study is to argue descriptively about InterTel telephone interpreting service as a viable solution to the communication difficulties between healthcare practitioners and patients in the Western Cape healthcare sector. The research had to be narrowed down and instead the study descriptively argues whether InterTel service contributes to communication in the Western Cape healthcare sector. The researcher conducted an interview with the Folio InterTel project manager and sent out questionnaires to the Folio telephone interpreters. Five transcribed recordings of conversations between healthcare practitioners, patients and Folio telephone interpreters were analysed. The findings of this study echo the findings of related studies reported in literature on telephone interpreting. The conclusion is that the Folio InterTel service makes a valuable contribution to more effective communication in Western Cape healthcare facilities. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Kommunikasie in ’n globale konteks word ernstig gekortwiek deur taalverskille. Hierdie verskille bied groot uitdagings vir die diensleweringsektor; meer spesifiek die gesondheidsorgsektor. Ter-plaatse tolking word beskou as mees bevorderlik vir betekenisvolle kommunikasie. In Suid Afrika is dit egter nie prakties en bekostigbaar om ter-plaatse tolke in diens te stel vir die groot verskeidenheid taalkombinasies nie en telefoontolking word as alternatief oorweeg. Folio Online bied die InterTel-telefoontolkingsdiens aan in die Weskaapse Gesondheidsektor. Hierdie ondersoek sal bepaal of die InterTel-diens die potensiaal het om effektiewe kommunikasie binne die Wes-Kaapse Gesondheidsektor te bevorder. Taalgapings in Suid Afrika kom nie soseer voor in kommunikasie met toeriste of immigrante nie, maar eerder tussen die land se inwoners. Voldoende kommunikasie in die gesondheidsektor is van kardinale belang. Misverstande kan tot verkeerde diagnoses en/of die verkeerde gebruik van medisyne lei, wat in uiterste gevalle aanleiding mag gee tot die dood van ’n pasiënt. Hierdie moontlike noodlottige gevolge plaas taalgapings in die gesondheidsektor onder die soeklig. Hierdie studie is ’n beskrywende argument wat ten doel het om te bepaal of Folio Online se InterTel-diens ’n lewensvatbare oplossing bied vir die kommunikasie-probleme tussen gesondheidspraktisyns en pasiënte in die Wes-Kaapse gesondheidsektor. Die navorsingsondersoek is gebaseer op ’n onderhoud met die Folio InterTel-projekbestuurder en vraelyste aan die onderskeie telefoontolke. Analises van vyf getranskribeerde opnames van gesprekke tussen gesondheidspraktisyns, pasiënte en Folio InterTel-telefoontolke vorm ook deel van die ondersoek. Die bevindings van hierdie studie toon ooreenkomste met die bevindings van ander relevante studies soos opgeteken in die literatuur oor telefoontolking. Daar is bevind dat die InterTel-diens, soos gelewer aan die Wes-Kaapse Gesondheidsektor, wel ’n waardevolle bydra maak tot die bevordering van kommunikasie.

Page generated in 0.0215 seconds