• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 6
  • 4
  • 4
  • Tagged with
  • 17
  • 9
  • 4
  • 4
  • 4
  • 3
  • 3
  • 3
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Models of scholarship in the reformed tradition / Renato Coletto

Coletto, Renato January 2002 (has links)
Hierdie studie is 'n vergelyking en evaluering van sekere "modelle" vir Christelike wetenskap wat voorgestel en ontwikkel is deur Reformatoriese denkers (in sommige gevalle vanaf die 1930s ). Hierdie modelle het die veronderstelling in gemeen dat 'n bybels-sensitiewe wetenskap moontlik en noodsaaklik is. Maar die voorstelle om so 'n wetenskap te implementeer en te bevorder bevat groot verskille in klem en strategie. Afgesien van periodieke verwysings na Kuyper se sienings, is veral die modelle van die (1) Dooyeweerdiaanse en (2) Reformatoriese skole, die (3) Van Til-beweging, (4) Jakob Klapwijk en (5) Nicholas Wolterstorff geanaliseer. Die evaluering van elke model fokus op vier hoof areas: 1) Die verband tussen Skriftuur en wetenskap met spesifieke aandag aan die oorbruggingsmeganismes wat nodig geag word, of meer geskik geag word as andere, om 'n band tussen die twee te bewerkstellig. 2) Die verwantskap tussen wetenskappe (ensiklopedie van die wetenskap). Die gevolglike hiërargie tussen wetenskappe en die superioriteit van sommige van hulle met betrekking tot ander. 3) Die verstaan van religieuse antitese en die gevolg vir konkrete wetenskapsbeoefening. 4) Die siening van wetenskap wat in elke model na vore tree. Met hierdie analise word gepoog om die sterk en swak punte van elke model uit te wys en om te fokus op elke probleemareas in 'n poging om 'n bydrae te maak vanuit 'n Bybelse oogpunt. Die vergelyking toon aan dat die mees onlange modelle nie altyd 'n verbetering op vorige standpunte is nie. Hoewel evaluerings en opmerkings deurgaans in die studie gedoen is, formuleer ek in die laaste hoofstuk my eie siening duideliker. In sommige areas stem ek min of meer saam met die standpunte van 'n spesifieke model. In ander opsigte voel ek dat 'n nuwe benadering nodig is en probeer ek dus voorstelle ter vernuwing aan die hand doen. / Thesis (M.A. (Philosophy))--Potchefstroom University for Christian Higher Education, 2002
2

Models of scholarship in the reformed tradition / Renato Coletto

Coletto, Renato January 2002 (has links)
Hierdie studie is 'n vergelyking en evaluering van sekere "modelle" vir Christelike wetenskap wat voorgestel en ontwikkel is deur Reformatoriese denkers (in sommige gevalle vanaf die 1930s ). Hierdie modelle het die veronderstelling in gemeen dat 'n bybels-sensitiewe wetenskap moontlik en noodsaaklik is. Maar die voorstelle om so 'n wetenskap te implementeer en te bevorder bevat groot verskille in klem en strategie. Afgesien van periodieke verwysings na Kuyper se sienings, is veral die modelle van die (1) Dooyeweerdiaanse en (2) Reformatoriese skole, die (3) Van Til-beweging, (4) Jakob Klapwijk en (5) Nicholas Wolterstorff geanaliseer. Die evaluering van elke model fokus op vier hoof areas: 1) Die verband tussen Skriftuur en wetenskap met spesifieke aandag aan die oorbruggingsmeganismes wat nodig geag word, of meer geskik geag word as andere, om 'n band tussen die twee te bewerkstellig. 2) Die verwantskap tussen wetenskappe (ensiklopedie van die wetenskap). Die gevolglike hiërargie tussen wetenskappe en die superioriteit van sommige van hulle met betrekking tot ander. 3) Die verstaan van religieuse antitese en die gevolg vir konkrete wetenskapsbeoefening. 4) Die siening van wetenskap wat in elke model na vore tree. Met hierdie analise word gepoog om die sterk en swak punte van elke model uit te wys en om te fokus op elke probleemareas in 'n poging om 'n bydrae te maak vanuit 'n Bybelse oogpunt. Die vergelyking toon aan dat die mees onlange modelle nie altyd 'n verbetering op vorige standpunte is nie. Hoewel evaluerings en opmerkings deurgaans in die studie gedoen is, formuleer ek in die laaste hoofstuk my eie siening duideliker. In sommige areas stem ek min of meer saam met die standpunte van 'n spesifieke model. In ander opsigte voel ek dat 'n nuwe benadering nodig is en probeer ek dus voorstelle ter vernuwing aan die hand doen. / Thesis (M.A. (Philosophy))--Potchefstroom University for Christian Higher Education, 2002
3

Uys Krige se familiebriewe uit Frankryk en Spanje 1931-1935 : teksuitgawe, met historiese oriëntering, teoretiese verantwoording en annotasies

Van Aardt, Stephanus Petrus 12 1900 (has links)
Thesis (MA (Afrikaans and Dutch))—University of Stellenbosch, 2009. / AFRIKAANSE OPSOMMING: In hierdie verhandeling word die briewe, wat Uys Krige tydens sy verblyf in Frankryk en Spanje tussen die jare 1931 en 1935 aan sy gesin en vriende geskryf het, in ’n geredigeerde vorm uitgegee, terwyl annotasies verskaf word waar dit nodig is om spesifieke persone te identifiseer en sekere gedeeltes, sover dit agterhaalbaar is, te verhelder. Op dié wyse sal Krige se briewe teen die agtergrond geplaas word van die Mediterreense wêreld wat hy in dié tydvak leer ken het. Terselfdertyd sal die groeiproses belig word wat hy as skrywer in hierdie belangrike fase van sy lewe deurgemaak het. Die hoofdoel van die studie is om, uitgaande van die beginsels van die hedendaagse edisiewetenskap, ’n leesbare teks te konstitueer wat egter steeds getrou aan Krige se oorspronklike briewe sal bly. Deur só ’n teks tot stand te bring, word terselfdertyd tot dusver grotendeels onbekende fasette van ’n prominente Afrikaanse skrywer bekend gestel. Die oorspronklike briewe is almal per hand geskryf en is aan die Nasionale Biblioteek in Kaapstad deur J.G.J. (Bokkie) Krige geskenk. Hy het egter eers die briewe oorgetik en in vier leergebonde bundels laat inbind wat tans in die besit is van Eulalia Krige, die dogter van die skrywer. ’n Fotokopie van die getikte briewe dien as die uitgangspunt van hierdie studie. Dit word getranskribeer, versorg en met die oorspronklike briewe vergelyk om te verseker dat die tekste korrek oorgetik is. Die briewe van Uys Krige aan sy familie, wat in hierdie studie opgeneem word, strek tussen die jare 1931, wanneer Krige, kort ná sy aankoms uit Londen, hom in die suide van Frankryk vestig, tot November 1935, wanneer hy uit Spanje, ná die publikasie van sy debuutbundel Kentering, na Suid-Afrika terugkeer. / ENGLISH SUMMARY: In this dissertation the letters of Uys Krige, which was written during his stay in France and Spain between the years 1931 and 1935, to his family and friends, are produced in an edited form, whilst annotations are provided where necessary to identify specific people and to, where possible, clarify some of the written parts. Thus Krige’s letters will be placed against the backdrop of the Mediterranean world which he came to know during this era. At the same time Krige’s growth as writer, which excelled during his European stay, will be highlighted. The aim of this dissertation is to construct a readable text which remains faithful to the original writings, based on the principles of the modern science of editions. By producing such a text, some previously unknown facets of a prominent Afrikaans writer are also brought to light. The original letters are all hand-written and were donated to the National Library in Cape Town by Krige’s brother, J.G.J. (Bokkie) Krige. However, the latter retyped these letters and bound it in four leather collections which are now in the possession of Eulalia Krige, the writer’s daughter. Photocopies of the letters serve as the starting point for this study. It is transcribed, edited and compared with the original letters to ensure the letters were retyped correctly. The letters of Uys Krige to his family which are collected in this dissertation stretch from 1931, when Krige, shortly after his arrival from London, finds himself in the south of France, until November 1935, shortly after the publication of his debut poetry collection Kentering and before he heads back to South Africa.
4

Die stand van die kennis van natuurverskynsels by die kind as hy die middelbare skoolstadium bereik / Jan Daniel Vrey

Vrey, Jan Daniel January 1956 (has links)
Thesis (MEd)--PU vir CHO
5

Evolusie, skepping en christelik-nasionale onderwys / Willem Van Niekerk

Van Niekerk, Willem January 1974 (has links)
Thesis (MEd)--PU vir CHO
6

Die stand van die kennis van natuurverskynsels by die kind as hy die middelbare skoolstadium bereik / Jan Daniel Vrey

Vrey, Jan Daniel January 1956 (has links)
Thesis (MEd)--PU vir CHO
7

Evolusie, skepping en christelik-nasionale onderwys / Willem Van Niekerk

Van Niekerk, Willem January 1974 (has links)
Thesis (MEd)--PU vir CHO
8

Hertzogprystoekennings vir drama : 1915 tot 1971

Carstens, Beatrice Hendrina Jacoba. January 2010 (has links)
Thesis (DLitt (Afrikaans))-Universiteit van Pretoria, 2010. / "Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vier vanjaar sy eeufees. Hierdie instansie is die kurator van die Hertzogprys, ̕n gesogte letterkundeprys en die oudste en bekendste prestigetoekenning wat deur hierdie instansie gemaak word." Includes bibliographical references.
9

Jesus en die buitestaanders in Johannes 4

Marais, Bennie January 2017 (has links)
Summary This study deals with Jesus and the outsiders in John 4, with particular focus on John 4:1-42. Methodologically, the study focuses on social identity theory, and asks the question of how Jesus gets the Samaritan woman, who is a member of the outside group, into the insider group. The focus of the study is thus what the behaviour and attitude of the historical and non-conventional Jesus, in the strongly hierarchical social structure of his day, was toward outsiders. John 4:1-42 is often used in works that focus on missional tendencies in the church. This research attempts to place the missionary responsibility of the church on the table in a new light, resulting from the research results. Firstly, the inter-relational connection between identity, ethos and ethics with regard to Jesus’ attitude toward the outsiders in John 4:1-42 is researched. Secondly, the interpretation history of John is described, whereafter the social-scientific approach and the way in which social identity theory can be applied to John 4:1-42, is described. The purpose of the study is to suggest a new missional approach for the church, based on the research results of the study. In John 4:1-42 Jesus did not only repair the relationship between Him as a Jew and the Samaritan woman, but also the broken relationship between the Samaritans and the Jews - two previously conflicting ethnic groups who are now born into the new family of God (John 1:12). In the narrative, the Samaritan woman becomes a μαρτυρούσης (John 4:39). The result of the Samaritan woman’s testimony (John 4:39) becomes a personal testimony that eventually convinces the others of Jesus’ true identity (John 4:39). The woman’s testimony provided the initial impetus for them to come to Jesus, but now they have heard for themselves and have drawn their own conclusion. Many had believed in Jesus on account of the Samaritan woman’s testimony. Many more believed on account of Jesus’ word. Jesus’ harvest among the Samaritans therefore signals the return of a part of the unbelieving world to God as a first sign of the universal scope of Jesus’ saving mission. / Thesis (PhD)-- University of Pretoria 2017. / New Testament Studies / PhD / Unrestricted
10

Hertzogprystoekennings vir drama : 1915 tot 1971 (Afrikaans)

Carstens, Beatrice Hendrina Jacoba 09 May 2010 (has links)
AFRIKAANS: Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vier vanjaar sy eeufees. Hierdie instansie is die kurator van die Hertzogprys, ’n gesogte letterkundeprys en die oudste en bekendste prestigetoekenning wat deur hierdie instansie gemaak word. Die terrein wat deur hierdie proefskrif gedek word, is die Akademie se houding teenoor en bevordering van Afrikaanse drama, met ’n geslypter fokus op die Hertzogprystoekennings vanaf 1915 tot net voor 1972. Etlike gegewens met betrekking tot die prys soos aangebied in reeds gepubliseerde werk, is verwarrend of nie feitelik korrek nie. Ten einde klarigheid daaroor te kry, is ’n grondige studie gemaak van die toekenningsprosedures en die invloed daarvan op die dramabekronings tot voor 1972. Dit was veral verhelderend met betrekking tot die dramaturg Uys Krige. Aanvanklik het die drie literêre kategorieë prosa, poësie en drama gelyktydig in aanmerking gekom vir die prys. Vanaf 1928 roteer dit en kom Afrikaanse dramas elke derde jaar aan die beurt. In vergelyking met die literêre kategorieë prosa en poësie, is daar relatief min dramabekronings gemaak – veral aan die beginjare van die prys. Deur noukeurige studie is gepoog om die gebrek aan dramatoekennings in perspektief te stel. Klem word gelê op die rol wat prosedures gespeel het, byvoorbeeld minder goeie prosedures wat veroorsaak het dat die verkeerde of geen toekennings gemaak is nie en sodoende bygedra het tot ’n skewe beeld wat bestaan oor Hertzogprystoekennings vir Drama. Sekere toekennings (of gebrek daaraan) kan direk gekoppel word aan foutiewe uitsprake van administratiewe amptenare, onbevredigende prosedures of aan die invloed van persone wat seggenskap oor die prys gehad het. Bepalende bakens en beslissings word aangetoon. Die sestigerjare was in die geskiedenis van die land en van die Akademie vol beroeringe. Met betrekking tot die Akademie se beleid oor die handhawing en bevordering van die Afrikaanse kultuur, het Akademielede van mekaar verskil oor die vertolking en uitlewing daarvan. Dit het gelei tot uiteenlopende menings oor die rigting wat die Akademie moes inslaan, maar ook oor sekere literêre werke. Verskillende menings het geheers oor wie die finale seggenskap oor die Hertzogprys moes hê: die Akademieraad as kurator van die prys volgens die skenkingsakte, of die Letterkundige Kommissie wat die kundiges op letterkundegebied was. Hierdie meningsverskille is op die spits gedryf in 1966 – die jaar waarin Uys Krige vir ’n dramatoekenning aanbeveel is. Die Akademieraadsbesluit om nie daardie jaar ’n prys toe te ken nie, het hewige kritiek ontlok – selfs van Kommissielede, en sou nog vir jare daarna ’n rimpeleffek hê. Die eerste staande Letterkundige Kommissie is aangewys vir die periode April 1968 tot April 1971 en die eerste toekenning waaroor hulle moes besluit, was die Dramatoekenning van 1969. In teenstelling met die stormagtige sestigerjare, het dramabekronings in die jare daarna verloop sonder onmin tussen die Akademieraad, die Fakulteitsraad en die Letterkundige Kommissie. Die jare waartydens ’n Hertzogprys vir Drama toegeken kon word vanaf 1972 tot 2009, word slegs kortliks en skematies gedek om die bespreking af te rond met betrekking tot dié dramaturge wat reeds voor 1972 gedebuteer het, maar eers daarna met die prys bekroon is. ENGLISH: The year 2009 marks the centenary celebrations of the Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. This institution is the curator of the Hertzog Prize, a sought-after literary prize and the oldest and most prestigious award made by this institution. This dissertation focuses on the Academy’s attitude towards and advancement of Afrikaans drama, with the focus on the Hertzog Prize awards from 1915 until 1971. Certain information relating to the prize as recorded in previously published works on the subject, are confusing and factually incorrect. In an effort to clarify these, an in depth study was undertaken of the award procedures and their influence on the awards for drama up to 1972. It was especially enlightening with regard to the dramatist Uys Krige. Initially the three literary categories prose, poetry and drama were considered simultaneously, but as from 1928 they rotate and Afrikaans dramas are considered every third year. In comparison with the literary categories prose and poetry, there is a paucity of drama awards – especially during the early years of the prize. An effort was made to place the paucity in perspective. Emphasis is placed on procedures with specific reference to those less than perfect ones which lead to incorrect, or the lack of, awards, resulting in a warped image of drama awards. Certain awards or lack thereof, can be attributed to incorrect statements by administrators, unsatisfactory procedures or the influence of people with authority. Defining beacons and decisions are indicated. In the nineteen sixties the country and the Academy experienced years of turbulence. With regards to the Academy’s policy on the protection and advancement of Afrikaans culture, members of the Academy differed on the interpretation and implementation thereof. This lead to differing views on the Academy’s course and on certain literary works. There were different views on who should have the final say on the Hertzog Prize: the Board as curator of the prize according to the deed of gift, or the Commission for Literature as literary experts. These differences lead to a boiling point in 1966 when Uys Krige was nominated for the prize. The Board’s decision not to award the prize lead to severe criticism – even from members of the Committee, and had a ripple effect for years thereafter. The first standing Commission for Literature was appointed for the period April 1968 to April 1971 and the first award they had to adjudicate was the Drama award for 1969. As opposed to the stormy sixties, the awards for drama in the following years were made without discord between the board of the Academy, the Faculty and the Commission for Literature. The years during which the Drama Prize could be awarded during the period 1972 to 2009 are dealt with briefly and schematically in order to conclude the discussion with reference to those dramatists who made their drama debut before 1972, but were only awarded the Hertzog Prize after 1972. / Thesis (DLitt)--University of Pretoria, 2009. / Afrikaans / unrestricted

Page generated in 0.0681 seconds