• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 1
  • Tagged with
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Kurrikulumhersiening in ‘n veranderde Suid-Afrika: ‘n studie van die arbeidsterapiekurrikulum aan die Universiteit van Wes-Kaapland

De Jongh, Jo-Celene January 2009 (has links)
Doctor Educationis / ‘n Gevallestudie binne die kwalitatiewe metodologiese paradigma is gebruik om die hersiene Arbeidsterapiekurrikulum by die Universiteit van Wes-Kaapland te interpreteer. Die doel van die studie was om te bepaal hoe die hersiene kurrikulum aan die handelingsgerigte wetenskaplike raamwerk van die beroep, die gemeenskapsgebaseerde visie van die veranderde gesondheidsorgbenadering in Suid-Afrika na 1994, en aan die beginsels van studentgesentreerde opleiding voldoen. Eerstens, is konseptuele duidelikheid verkry omtrent die ontplooiende verwikkelinge in die Arbeidsterapieprofessie na ‘n teoretiese raamwerk van handelingsgerigte wetenskap en van transformasie van gesondheidsdienste in die land. Tweedens, deur die proses van konseptuele analise en deur die gebruik van dokumentêre analise, tematiese analise van studente se geskrewe evaluerings en ‘n fokusgroeponderhoud met Arbeidsterapiepersoneel, is die data ge-analiseer. Die konseptuele analise van die hersiene Arbeidsterapiekurrikulum het areas van kurrikulumstruktuur, onderrig en leer, studente-assessering, praktiese opleiding, personeel se professionele ontwikkeling en navorsing ingesluit. Vanuit die konseptuele analise is gevolgtrekkings en aanbevelings gemaak. Die hoofgevolgtrekking wat na aanleiding van my interpretasie en bevinding in die Arbeidsterapiekurrikulummodel voorgestel word, is dat die Arbeidsterapiekurrikulum deur drie teoreties-opvoedkundige vertrekpunte naamlik: handelingsgerigte wetenskap, primêre gesondheidsorgbenadering en studentgesentreerde onderrigbenadering ondersteun word.

Page generated in 0.0533 seconds