Spelling suggestions: "subject:"apiospermum -- biogeography"" "subject:"acanthospermum -- biogeography""
1 |
Unravelling taxonomic uncertainties among balloon vine species within the genus Cardiospermum using a molecular approachGildenhuys, Enelge 12 1900 (has links)
Thesis (MSc)--Stellenbosch University, 2013. / ENGLISH ABSTRACT: Alien invasive species are a global concern not only threating biodiversity, but also
negatively impacting regional economies. Consequently research aimed at understanding the
invasion process is crucial for management of invasive alien species to reduce these impacts.
Identifying accurate natal ranges is the key first step for efficient alien plant management,
especially biological control. Such knowledge may assist in selecting host-specific biological
control agents and help prevent non-target impact on native species. A case in point is the
genus Cardiospermum of which species have been extensively moved around the globe with
two species now being possible widespread invaders (C. grandiflorum and C. halicacabum),
and a third species (C. corindum) having significant invasion potential. However, in some
regions the native statuses of these species are not clear, hampering management. In order
to minimize potential non-target impacts it is prudent to determine the relationships between
Cardiospermum taxa in unknown native ranges prior to the release of biological control
agents.
With this thesis I aim to review available literature on the genus Cardiospermum,
determine potential spread to suitable habitats globally for selected taxa, resolve unknown
native ranges in southern Africa, and investigate rapid speciation of an endemic Namib
Desert species of balloon vine.
Through exhaustive searches for available literature on the genus Cardiospermum I
report on the biology and ecology of selected species within the genus, with special focus on
the most widespread species. Specifically, using species distribution modelling I investigate
the potential spread of C. halicacabum, C. corindum and C. grandiflorum globally and assess
the accuracy with which this can be determined using known native ranges to predict current alien ranges. Results indicate that these species have significant potential to spread, though
highlighting that species distribution modelling over-fit predicted suitable ranges when using
native range data alone.
To resolve uncertain native ranges of selected species within the genus I reconstructed
a dated multi-gene phylogeny and chloroplast haplotype network to investigate relationships
within and among Cardiospermum species. I conclude that C. halicacabum is non-native in
southern Africa due to polyphyletic relationships among accessions, while C. corindum is
native due to natural long distance dispersal as indicated by a single monophyletic southern
African clade.
The close relationship observed between C. corindum and the African species, C.
pechuelii, lead to a population-level genetic investigation of these two taxa. For this, I
constructed a multi-gene phylogeny, chloroplast haplotype network and conducted population
genetic diversity analyses which all indicated that the African arid adapted taxa, C. pechuelii,
endemic to the Namib Desert of Namibia, evolved from C. corindum following long distance
dispersal from South America.
This study firstly provides insights into the ecology and biology of Cardiospermum,
warning against further introduction due to potential spread. Secondly I resolved the unknown
native statutes of Cardiospermum species in southern Africa and, lastly, illustrated the origin
of African C. pechuelii. My research findings have major implications for on-going biological
research against C. grandiflorum in South Africa and cautions strongly against the release of
already-identified biological control agents due to their potential non-target impacts. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Indringerspesies is 'n wêreldwye probleem as gevolg van hul direkte bedreiging van
biodiversiteit asook hul negatiewe impakte op streeksekonomieë. Gevolglik is navorsing
aangaande die indringingsproses van uiterste belang om doeltreffende beheer van
indringerspesies te verseker. Die bepaling van die inheemse herkoms van
indringerpopulasies is die eerste belangrike stap tot doeltreffende beheer, veral biologiese
beheer. Hierdie informasie kan help met die identifisering van gasheer-spesifieke biologiese
agente en om potensiële nie-teiken impakte op inheemse plant spesies verhoed. ‘n Voorbeeld
is ballon rankplante in die genus Cardiospermum, waarvan verskeie spesies wêreldwyd
verspreid is, met die gevolg dat minstens twee spesies (C. halicacabum en C. grandiflorum)
nou moontlike wydverspreide indringers is en ‘n derde spesie (C. corindum) ook potensiaal
toon as ‘n indringerspesie. In sommige streke is die in- of uitheemse statusse van hierdie
spesies onbekend en belemmer gevolglik hul doeltreffende beheer.
Met hierdie tesis streef ek om die genus Cardiospermum te hersien en potensiële
verspreiding van geselekteerde spesies na geskikte habitatte te bepaal, om onbekende
inheemse streke binne Suider-Afrika op te los en laastens, om die herkoms van ‘n ware Afrika
spesie (C. pechuelii) te ondersoek.
Na deeglike ondersoek van beskikbare literatuur doen ek verslag omtrent die biologie
en ekologie van spesies binne Cardiospermum, met spesiale fokus op die mees
wydverspreidste spesies. Deur gebruik te maak van spesies verspreidings modelle bestudeer
ek die potensiaal van verdere verspreiding wêreldwyd vir C. halicacabum, C. corindum en C.
grandiflorum en rapporteer ook omtrent die akkuraatheid van hierdie tegniek. Resultate toon dat alle spesies aansienlike potensiaal toon om verder te versprei, maar beklemtoon ook dat
hierdie metode inheemse streek data “oor-aanpas”.
Om enige onsekerhede aangaande inheemse streke op te los, het ek ‘n gedateerde
multi-geen filogenie en ‘n chloroplas haplotipe netwerk opgetrek om die verhoudings binne en
tussen geselekteerde Cardiospermum spesies te bepaal. Ek kom tot gevolgtrekking dat C.
halicacabum nie inheems in Suider-Afrika is nie, as gevolg van polifiletiese verhoudings, en
dat C. corindum inheems is en moontlik ook ‘n voorbeeld van natuurlike langafstand
verspreiding, soos aangedui deur ‘n enkele monofiletiese groep.
Die naverwante filogetiese verhouding tussen C. corindum en C. pechuelii het daartoe
gelei dat ek die herkoms van C. pechuelii in Afrika ondersoek het. ‘n Multi-geen filogenie,
chloroplas haplotipe netwerk en populasie genetiese diversiteit analises het aangedui dat C.
pechuelii endemies is tot die Namib Woestyn van Namibië, en die produk is van lang afstand
verspreiding van C. corindum vanaf Suid-Amerika.
Hierdie studie gee eerstens insig tot die ekologie en biologie van Cardiospermum en
waarsku teen verdere verspreiding. Tweedens dui my studie ook die opgeloste inheemse
streke in Suider-Afrika aan van sekere Cardiospermum spesies, en laastens, illustreer ek die
herkoms van C. pehuelii. My navorsing het baie belangrike gevolge vir die huidige biologiese
beheer program teen C. grandiflorum in Suid-Afrika en waarsku teen die vrystelling van reeds
geïndentifiseerde biologiese beheer agente weens potensiële nie-teiken impakte op
inheemse spesies.
|
Page generated in 0.0841 seconds