• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 1
  • 1
  • Tagged with
  • 2
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Meningsvorming in die hoofartikels van die Kerkbode in die Suid-Afrikaanse oorgangsperiode (1994-2003) : 'n interdissiplinere ondersoek

Du Toit, Andries Francois 03 1900 (has links)
Thesis (DTh (Practical Theology and Missiology))--University of Stellenbosch, 2011. / ENGLISH ABSTRACT: Through the ages, the gospel of Jesus Christ calls on believers to witness to their faith and hope and to be obedient in word and deed to the love commandment of the Holy Trinity. This implies, among others, that the implications of the gospel should be effected in politics, economics and civil life. The shaping of a public meaning on corporate values and general well-being is a necessary result and is generally known as public theology. One of the communication channels through which the formation of public opinion can be shaped is the mass media. The Kerkbode (Afrikaans for the messenger of the Church) is the official newspaper of the Dutch Reformed Church and in that capacity it is an important public theological instrument of communication. During the years of change following the first democratic election of 1994 in South Africa, members of the Dutch Reformed Church felt a particular need of leadership and guidance. The Church leadership had a focused need of effective communication to members and non-members. Due to the loss of “governing members”, the church had to rely on public witness on concept legislation and other matters of public interest. Under the circumstances the importance of the newspaper of the church as a mouthpiece stands to reason. Because the shaping of opinions is one of the primary functions of a newspaper, the question with the researcher is as follows: whether the theories of opinion-shaping have been used in writing the leading articles of the Kerkbode during the years of change (1994 – 2003). The focus is on the leading article because it is the most important opinion- shaping column in any newspaper. The research of the leading articles was limited to articles concerned with the “Role of the Church” during the years 1994 – 2003. On completion of an inter-disciplinary study of theories of opinion-shaping from the subjects of Theology, Sociology, Social Psychology and Communication Studies, theories suitable for use in written mass media and in compliance with theological ethical principles were identified. Main principles of these theories were identified and the main articles were then studied in light of these principles. The conclusion was reached that it might be possible that the principles of identified theories were kept in mind when the articles were written. In view of the importance of effective opinion-shaping communication in, inter alia, the mass communication of the Church, recommendations were done on the use of main principles of opinion-shaping theories. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die evangelie van Jesus Christus roep gelowiges deur al die eeue op om te getuig van hulle geloof en hoop en om met woord en daad gehoorsaam te wees aan die liefdesgebod van die Drie-enige God. Dit behels onder meer dat die implikasies van die evangelie tot uitdrukking moet kom in die politieke lewe, die ekonomiese werklikhede en die burgerlike lewe waarin Christene deel. Die vorming van 'n openbare mening oor gemeenskaplike waardes en die algemene welsyn is 'n noodsaaklike gevolg daarvan en staan in die omgang as publieke teologie bekend. Een van die kommunikasiekanale waardeur die vorming van 'n openbare mening gedoen kan word, is die massamedia. Die Kerkbode is die amptelike koerant van die Ned. Geref. Kerk en is as sodanig onder meer 'n belangrike publieke teologiese kommunikasie-instrument. Gedurende die oorgangsjare ná die demokratisering van Suid-Afrika in 1994 het die lidmate van die Ned. Geref. Kerk 'n besondere behoefte aan leiding gehad. Die kerkleiding het ook 'n toegespitste behoefte aan effektiewe kommunikasie na binne en na buite die kerk gehad. As gevolg van die verlies aan “regerende lidmate”, was die kerk ook aangewese op openbare getuienis oor konsepwetgewing en ander sake van openbare belang. Die belang van die kerk se koerant as spreekbuis, spreek onder dié omstandig-hede vanself. Omdat die vorming van menings een van die primêre funksies van 'n kerkkoerant is, het die vraag by die navorser ontstaan of daar by die skryf van die hoofartikels van Die Kerkbode in die oorgangsjare (1994 – 2003) van meningsvormingsteorieë gebruik gemaak is. Daar is op die hoofartikels gefokus omdat dit by uitstek die opinievormende kolom van koerante is. Die bestudering van die hoofartikels is beperk tot artikels wat gerig was op die “Rol van die Kerk” gedurende die jare 1994 – 2003. Nadat 'n interdissiplinêre studie van meningsvormingsteorieë binne die vakgebiede van die Teologie, Sosiologie, Sosiale Sielkunde en Kommunikasiekunde gedoen is, is teorieë geskik vir gebruik in geskrewe massamedia en in ooreenstemming met teologies-etiese eise geïdentifiseer. Kernbeginsels van dié teorieë is daarna geïdentifiseer en die hoofartikels is aan die hand van die geïdentifiseerde kernbeginsels ontleed. Daar is tot die gevolgtrekking gekom dat kern-beginsels van die geprioritiseerde meningsvormingsteorieë moontlik by die skryf van die artikels in ag geneem is. In die lig van die belang van werklik effektiewe meningsvormende kommunikasie in onder meer die massakommunikasie van die kerk, is aanbevelings gedoen oor die benutting van kernbeginsels van meningsvormingsteorieë.
2

Internasionale reisliteratuur oor Kenia met spesifieke verwysing na die tydperk sedert onafhanklikheid in 1963

Marais, Johannes Lodewyk January 2013 (has links)
Hierdie studie ondersoek die aard van en opvattings oor reisliteratuur oor Kenia sedert 1963. Dit is ’n faset van die literatuur oor Kenia waaroor daar tot dusver nog nie indringend navorsing gedoen en besin is nie. Reisliteratuur het ’n lang geskiedenis in Afrika. ’n Aantal boeke is gedurende die negentiende eeu oor Afrika geskryf en Kenia is nie afgeskeep nie. Onder die skrywers tel Johann Ludwig Krapf, Joseph Thomson, graaf Samuel Teleki von Szek en Luitenant Ludwig von Höhnel. Van die geografiese kenmerke van die land wat indruk op hulle gemaak het, was die sneeubedekte Berg Kenia, die mere en die Groot Skeurvallei. Gedurende die twintigste eeu was daar ’n tyd toe skrywers van mening was dat vinniger vervoermiddels en massatoerisme ’n negatiewe invloed op individuele toerisme en die sogenaamde ideale omstandighede vir die skryf van reisliteratuur sou hê. Onlangse studies beklemtoon egter die hernieude belangstelling in reisliteratuur. Buitelandse kennis oor Kenia word aangevul deur reisliteratuur, hoewel dit ook ’n genre met sy eie reëls en geskiedenis is wat insae in die skrywers, uitgewers en lesers van die genre bied. Sedert 1963 is verskillende kategorieë reisliteratuur oor Kenia gepubliseer. Bekende skrywers wat Kenia besoek het en oor hulle ervarings geskryf het, sluit in Bill Bryson, Alberto Moravia, Shiva Naipaul, Paul Theroux en Wilfred Thesiger. ’n Prominente figuur in die kader van reisliteratuur is die plaaslik gebore fotojoernalis Mohamed Amin, wat die Camerapix-fotografie- en uitgewersagentskap begin het. Kenia se eks-Britse koloniale literatuur is deel van die postkoloniale era. Dit is egter nie waar dat die meeste van die tekste deel van die postkoloniale diskoers is nie. Aangesien al die boeke buite Kenia ontstaan en gepubliseer is, veral in die Weste, weerspieël die literatuur verskillende (nie-inheemse) perspektiewe van “die ander” asook verskillende soorte sosiopolitieke invloede. Deur sowel die hulpmiddels van die geskiedenis as die literatuurteorie te gebruik, is dit moontlik om die tekste beter te verstaan. In die postmoderne era is navorsing uit meer as een perspektief van besondere waarde. Reisliteratuur oor Kenia sedert 1963 is nie deur professionele historici geskryf nie en bewys dat verskeie mense tot die hibridiese dissipline van die geskiedenis kan bydra. Al hierdie tekste is gepubliseer en beklemtoon die rol van die gepubliseerde woord. Die tekste is in verskeie kategorieë reisliteratuur in een van die Europese tale, en nie in Kiswahili of een van Kenia se inheemse tale nie, geskryf. Die boeke bevestig onder meer die belangrikheid van die Swahili-geskiedenis, die bou van die Uganda Railway, die land se onafhanklikwording in 1963, die rol van presidente Jomo Kenyatta en Daniel arap Moi en die menslike nood in Kenia. Die geskiedenis van Kenia kan nie verstaan word sonder kennis van die land se geografie en natuurlewe nie, want die kenmerke was dikwels ’n uitdaging vir die mense en het allerlei soorte oorlewingstrategieë geverg. Die landskap trek ook baie besoekers na die land toe. / Thesis (DPhil)--University of Pretoria, 2013. / gm2013 / Historical and Heritage Studies / Unrestricted

Page generated in 0.03 seconds