• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 1
  • Tagged with
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Humor en prediking in ’n veranderende Suid-Afrikaanse konteks

Bodenstein, Gerbrand January 2017 (has links)
Hierdie verhandeling is geplaas binne die studieveld van Praktiese teologie, spesifiek homiletiek. Die studie geskied deur middel van ’n literatuurstudie om die oorkoepelende vraag te bedink: Is die sinvolle/effektiewe gebruik van humor in prediking moontlik? Die studie is aan die hand van Osmer (2008) se vier vrae beantwoord: Wat is aan die gang? (“What is going on?”) – ʼn Beskrywende empiriese ondersoek. Waarom is dit aan die gang? (“Why is it going on?”) – ʼn Interpretasie van die redes waarom dit plaasvind. Hoe behoort dit te wees? (“What ought to be going on?”) – ʼn Normatiewe teologiese toetsing van die verskynsel. Hoe kan ons reageer? (“How might we respond?”) – Hoe die gemeente kan optree om die probleem aan te spreek? In die homiletiekveld is daar ’n vlaag van handleidings en publikasies oor die kuns van prediking. Daar is egter ’n groot leemte in die oorgrote meerderheid resente handleidings. Selde word die tema van humor aangespreek in homiletiekhandboeke. As die tema aangespreek word, bestaan dit dikwels net uit aanhalings, outeurs se kort menings oor humor of staaltjies. Dit is duidelik dat daar ’n navorsingsgaping is vir die studie van humor in prediking. ’n Kort blik op die fenomeen humor, maak dit duidelik dat die betekenis van humor nie so voor die hand liggende onderwerp is nie. Daar word ’n hoofstuk opgedra aan die vraag: wat is humor? Dit bied ’n oorsig oor die enorme veld van humor met verskeie uitgangspunte. ’n Studie van humor in die Bybel is ook aangepak. Die hoof vraag wat uit hierdie hoofstuk gekom het, is: is daar humor in die Bybel en is dit van toepassing in prediking? Die oorgrote meerderheid teoloë en Bybelkundiges bevestig die voorkoms van humor in beide die Ou en die Nuwe Testament, alhoewel daar ’n uiteenlopende hoeveelheid meningsverskille is oor wat as humor gesien kan word. Uiteindelik word daar tot die gevolgtrekking gekom dat die Bybel oor die algemeen nie op sigself humor bevestig nie, maar dit wys ook nie humor af nie. Die woord ‘humor’ kom byvoorbeeld nie in die Bybel voor nie. Humor in die Bybel is duidelik nie in alle gevalle baie voor die hand liggend nie en somtyds is dit ook nie noodwendig baie snaaks nie. Daar is egter verskeie elemente van Bybelse humor wat van groot belang is vir humoristiese prediking. In ’n laaste hoofstuk spesifiek oor humor in homiletiek is daar oorkoepelend ’n paar vrae gevra: Moet/mag ‘n preek snaaks wees? Behoort ’n preek lag aan te moedig? Hierdie vrae word beantwoord deur die voorafgaande hoofstukke se insigte. Dit het duidelik geword dat navorsing oor humor geen grap is nie. Nie alle humor soorte is toepaslik vir die gebruik in prediking nie en daar is talle slaggate waarin ’n prediker kan trap met die poging om humor te gebruik in prediking. Daar is egter verskeie ander ‘veiliger’ humor soorte wat die prediker tot sy of haar beskikking het om te gebruik. / Dissertation (MTh)--University of Pretoria, 2017. / Practical Theology / MTh / Unrestricted

Page generated in 0.0572 seconds