• Refine Query
• Source
• Publication year
• to
• Language
• No language data
• Tagged with
• 1
• 1
• 1
• 1
• 1
• 1
• 1
• 1
• 1
• 1
• 1
• 1
• 1
• 1
• 1
• About
• The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Toepasbare aspekte uit breinnavorsingsliteratuur op klavieronderrig vir beginners met spesifieke verwysing na die heelbreinmodel van Ned Herrmann (Afrikaans)

Van Niekerk, Theresa 11 August 2008 (has links)
'n Omvattende literatuurstudie oor die funksionering en ontwikkeling van die brein is onderneem ten einde toepasbare aspekte te identifiseer vir die verbetering van aanvangsonderrig vir pianiste. Die oorsig behels die volgende:

Die benutting van die jong brein se vermoë tot plastiese verandering as gevolg van stimulasie

Die belangrikheid van vroeë aanvangsouderdom vir klavieronderrig

Die bestaan van 'n geleentheidsvensterperiode vir die ontwikkeling van optimale Prestasie

Die ontwikkeling van absolute toonhoogtesin as gevolg van vroeë aanvangsklavieronderrig

Die ontwikkeling van verbeterde tegniese vaardighede as gevolg van vroeë Aanvangsklavieronderrig

Die belangrikheid van genoegsame herhaling vir die vaslegging van tegniese vaardigheid en informasie in die langtermyngeheuestore van die brein

Interaksie tussen die invloed van omgewingsfaktore en die bydrae van genetiese potensiaal van die individu vir optimale musikale prestasie

Die rol en invloed van emosie, chemiese oordragstowwe en hormone op musicale prestasie

Groepsmusiekonderrig vir jong kinders

Die onderlinge verhouding tussen onderwyser en leerder.

Die leerstylmodel van Ned Herrmann vir heelbreinontwikkeling is gebruik om die karaktereienskappe en leerbehoeftes van individue met betrekking tot hul kognitiewe leervoorkeure te bepaal. Vier verskillende benaderings tot aanvangsklavieronderrig is geïdentifiseer. Die geskiktheid van die onderskeie aanvangsbenaderings word teenoor mekaar opgeweeg ten einde te bepaal of 'n spesifieke benadering beter sou pas by leerders met spesifieke leervoorkeure. Wenke word voorsien aan klavieronderwysers oor hoe om onderrig aan leerders met uiteenlopende kognitiewe leerstyle aan te bied. Twee-en-twintig beginnersboeke is evalueer ten opsigte van hul geskiktheid vir gebruik vir leerders met verskillende kognitiewe leervoorkeure. Aanbevelings word gemaak vir die samestelling van 'n ideale beginnersboek wat met sukses vir alle klavierleerders gebruik sal kan word. Die toegevoegde waarde van prelees, duetpartye, nabootsspel, improvisasie en illustrasies vir beginnersboeke is ondersoek. Aspekte soos geordende aanbieding van konsepte en die noodsaak vir uitgebreide herhaling vir die vaslegging van die informasie en tegniese vaardighede in die langtermyngeheuestore van die brein word beklemtoon. / Thesis (DMus)--University of Pretoria, 2008. / Music / unrestricted

Page generated in 0.0716 seconds