Spelling suggestions: "subject:"kurrikulumverandering"" "subject:"kurrikulumbenaderings""
1 |
’n Interaktiewe kwalitatiewe analise van laerskoolonderwysers se aanpassing by veranderinge in die Suid-Afrikaanse kurrikulumSmuts, Karin January 2014 (has links)
Daar bestaan verskeie stressors in onderwysers se werksomgewing (Steyn & Kamper, 2006; Van den Berg, 2003). Cox (in Travers & Cooper,1996:4) noem egter dat volgehoue en voortdurende verandering, een van die grootste stressors blyk te wees. In die onderhawige studie is laerskoolonderwysers se aanpassing by veranderinge in die Suid-Afrikaanse kurrikulum ondersoek. Die navorsing het aan die hand van Interaktiewe Kwalitatiewe Analise (IKA) geskied, soos uiteengesit deur Northcutt en McCoy (2004). Die deelnemers was 14 laerskoolonderwysers wat 10-36 jaar ondervinding in die onderwys het. Die groep onderwysers het deel gevorm van ‘n gekose afdeling, op grond van wat hul in gemeen het en hoe naby hulle aan die fenomeen is, wat nagevors is.
Die navorser het aan die hand van ’n gevallestudie as navorsingsontwerp en IKA as navorsingsmetode, gepoog om meer inligting rakende die navorsingsvraag in te win. Die Affiniteit Verhoudingstabel (AVD), Sistemiese Invloedsdiagram (SID) en Interverhoudingsdiagram (IRD), is gebruik en het deel gevorm van die ouditspoor. Tydens die navorsingsproses is IKA se sentrale benadering, naamlik dat deelnemers vrylik aan die navorsingsproses kan deelneem, deur die minimalisering van die invloed van die navorser en die ander deelnemers, as effektief en positief deur die navorser ervaar. Die navorser het slegs ‘n fasiliterende rol ingeneem en leiding aan die deelnemers verskaf terwyl hulle self hul data gegenereer, gegroepeer en benoem het. Deelnemers is elkeen die kans gegun om as individue hul persoonlike belewenisse en ervaring anoniem te beskryf en te benoem.
Die studie demonstreer die belangrikheid van sewe konsepte, (naamlik: kurrikulum-veranderinge; onderwysers se gesindheid; negatiewe emosies en ervaringe; werkslading; groeiproses vir onderwysers; groeiproses vir kinders; en administrasie-frustrasie) in die navorsing van onderwysers se aanpassing by kurrikulumveranderinge. Die navorsing het gefokus op die invloed wat die kurrikulumveranderinge op die onderwysers en derhalwe ook op die leerders uitoefen.
Msibi en Mchunu (2013:23) vestig die aandag op die belangrikheid van professionaliteit by die onderwyser en voer verder aan dat laasgenoemde die sukses van kurrikulumhervorming en ‘n algemene sistemiese verbetering van die onderwysstelsel sal bepaal. Ten spyte van die voortdurende veranderinge in die onderwysstelsel en kurrikulum, tesame met die toenemende werkslading, het die meerderheid onderwysers in die onderhawige studie steeds ’n positiewe gesindheid getoon en ook persoonlike groei beleef. Dié groep onderwysers plaas die leerders se belange en groei steeds eerste en vir hulle is dit die spil waarom alles draai. A variety of different stressors exists in the working environment of teachers (Steyn & Kamper, 2006; Van den Berg, 2003). Cox (in Travers & Cooper,1996:4), however, mentions that change and change-on-change seems to be one of the greatest stressors. In the present study, primary school teachers’ adaptation to the changes in the South African curriculum was studied. The research was conducted by the use of Interactive Qualitative Analysis (IQA) as outlined by Northcutt and McCoy (2004). The participants consisted of 14 primary school teachers whose experience ranged from 10–36 years in the teaching profession. The group of teachers, as participants, formed a constituency based on what they have in common and how close they find themselves to the phenomenon that was being studied.
By using a case study as a research design and IQA as the research method, the researcher attempted to gain more insight and information with regards to the research question. The Affinity Relationship Table (ART), Systems Influence Diagram (SID) and Interrelationship Diagram (IRD), were applied during the research and formed a part of the audit trail that is presented in the present study. During the research process, the researcher experienced the IQA’s central approach, namely that participants can freely take part in the research process by minimizing the influence of the researcher and other participants, as positive and effective. The researcher filled a facilitative role only and guided the participants while they generated, grouped and named their own data. Participants were each given the opportunity to express and name their personal experiences and opinions with regards to the phenomenon, anonymously.
The present study demonstrated the importance of seven concepts (namely, curriculum changes; teachers’ attitude; negative emotions and experiences; workload; development process for teachers; development process for learners; and administration-frustration) to the study of primary teachers’ adaptation to the curriculum changes. This study focused on the influence that the curriculum changes had on the teachers and subsequently also on the learners.
Msibi and Mchunu (2013:23) highlight the importance of the professionalism of the teacher and argue that the level of professionalism will determine how sucessful a curriculum reform and a general systemic improvement of the education system will be implemented. Despite the recurring changes in the education system and curriculum, together with the increasing workload, the majority of teachers in the present study still displayed a positive attitude and experienced personal growth in terms of professional development. The learners’ interest and develpment remain pivotal and are still the main goal of the participants’ practice. / Dissertation (MEd)--University of Pretoria, 2014. / lk2014 / Educational Psychology / MEd / unrestricted
|
Page generated in 0.1165 seconds