• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • No language data
  • Tagged with
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Die problematiek van klavierbladlees, spesifiek die konseptualisering van die tweedimensionaliteit van musieknotasie (Afrikaans)

Fourie, Ella 29 October 2012 (has links)
Abstract only in Afrikaans. Talle oorsake van die swak bladleesstandaard kan teruggevoer word tot probleme met die waarneming van die kompleksiteite van die tweedimensionele notebeeld. 'n Oorsig van die belangrikste navorsing wat oor hierdie twee dimensies - toonhoogte en toonduur - gedoen is, word ten aanvang gegee. Die denkhandelinge van die kognitiewe-, psigomotoriese- en affektiewe leerdomeine word breedvoerig ondersoek, die verband hiervan met die bladleesproses aangetoon en ernstige probleme en leemtes betreffende bladleesopleiding blootgelê. Wat kognitiewe denkhandelinge betref word onder andere gewys op die feit dat die eienskappe van ken en kennisverwerwing op die vroegste stadium van musikale ontwikkeling grootliks verontagsaam word. Eweneens kom probleme in die ontwikkeling van psigomotoriese denkhandelinge voor omdat die gebeuresekwense vir optimale motoriese ontwikkeling aan die meeste onderwysers en leerlinge onbekend is. Dit blyk ook dat affektiewe gedrag by bladlees meesal 'n negatiewe konnotasie het. Daar is by leerlinge onsekerheid en vrees vir bladlees met 'n gevolglike faal-angs wat die bladleespoging kan laat misluk. Vervolgens word aandag geskenk aan die funksies van die onderskeie geheuestore van die brein, die proses van blokvorrning en die verskynsel van hemisferisiteit. Die invloed van interferensie op die leesproses en op oog-hand-span tydens bladlees asook die konteks-sensitiwiteit van die korttermyngeheue en die implikasies daarvan, word uitgewys. Die waarde van blokvorming, waardeur musieksimbole as eenhede waargeneem word en daar nie op enkelnote gekonsentreer word nie, word beklemtoon. Die moontlikheid dat individue as leergestrem beskou kan word as gevolg van hemisferiese spesialisasie of laterale dominansie en die moon tlike effek daarvan in die bladleessituasie, word in 'n ernstige lig beskou. Indringende navorsing oor sowel die positiewe as negatiewe aspekte van hemisferiese spesialisasie, word bepleit. 'n Deeglike ontleding word gedoen van die foute wat in 32 bladleestoetse gemaak is. Foutering met die mees algemene komponente van toonhoogte en toonduur in isolasie sowel as in musicale konteks, word gerneet. Die ooreensternrning van fouteringswyses in verskillende moeilikheids-grade en toetse en die omvang en herhalende aard van foute, dui op grondliggende probleme in die mondering van bladlesers. Die verband van hierdie foute en probleme met die denkhandelinge van die leerdomeine en met breinfunksies asook moontlike oorsake vir die foute en probleme, word bespreek en toegelig. Ten slotte word die dringende behoefte aan vernuwing in bladleesopleiding op sowel andragogiese as pedagogiese vlak uitgespreek en verskeie vernuwingsmomente en metodes ter vernuwing, uitgespel. / Thesis (PhD)--University of Pretoria, 2012. / Music / unrestricted

Page generated in 0.0411 seconds