Spelling suggestions: "subject:"matotiyana's, mantrombi"" "subject:"matotiyana's, ntombi""
1 |
A cultural biography of Mantombi Matotiyana and Maxanjana Mangaliso : two contemporary African musiciansLewis, Mary Christine January 2001 (has links)
Thesis (MMus) -- University of Stellenbosch, 2001. / ENGLISH ABSTRACT: This study aims to present a cultural monograph of two contemporary South African
musicians, Mantombi Matotiyana and Maxanjana Mangaliso. Both musicians are
highly regarded and respected for their exceptional musical abilities within their
community and society, as well as abroad. This study furthermore wishes to make a
contribution towards the establishment of 'experience-based' ethnomusicological
field research in South Africa.
In keeping with these aims, the material, which has been assembled from personal
interviews with Matotiyana and Mangaliso, is in narrative. It is based on their
personal memories, recollections and perspectives, as well as their views about and
attitudes towards their songs, all aspects of composition, instruments and
performance. The study therefore looks at the interaction between the lives and the
songs of Matotiyana and Mangaliso and relates it to their relevant experiences. The
musicological study of Matotiyana's songs further illuminates her particular style, as
well as her contribution to contemporary Xhosa bow songs in general, especially
within the broader context of Xhosa musical traditions. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie poog om 'n kulturele monografie van die twee kontemporêre Suid-
Afrikaanse musici Mantombi Matotiyana en Maxanjana Mangaliso voor te lê. Beide
kunstenaars word as gevolg van hul buitengewone musikale bekwaamhede besonder
hoog aangeskryf en gerespekteer, sowel binne hul eie breë gemeenskap asook in die
buiteland. Terselfdertyd poog hierdie studie om 'n bydrae te maak tot die vestiging
van die sg. "experience-based" tipe etnomusikologiese veldwerk in Suid-Afrika.
Dienooreenkomstig word die inligting wat deur middel van persoonlike onderhoude
met Matotiyana en Mangaliso versamel is, in verhaalvorm aangebied. Dit is gebaseer
op hul eie herinneringe en perspektiewe, asook hulopvattings t.o.v. hul liedere, alle
aspekte van hul komposisie, hul instrumente en opvoerings. Die studie kyk gevolglik
na die wisselwerking tussen die twee musici se lewens en hul musiek en bring hul eie
ervarings in hierdie verband ter sprake. Verder verskaf die analitiese studie m.b.t. die
liedere van Matotiyana insig in haar unieke styl en bydrae tot eietydse Xhosa
boogmusiek, veral binne die breër konteks en tradisies van Xhosa musiek in die
algemeen.
|
Page generated in 0.0549 seconds