Spelling suggestions: "subject:"ostrich -- diseases"" "subject:"enriches -- diseases""
1 |
The development of a DNA vaccine against Mycoplasma nasistruthionis sp. nov. for use in ostrichesWium, Martha 12 1900 (has links)
Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2015. / ENGLISH ABSTRACT: Mycoplasma nasistruthionis sp. nov. str. Ms03 (Ms03) is one of three Mycoplasma species
that were identified from ostriches. Mycoplasmas infections have been implicated in ostrich
chick mortalities, growth retardation and downgrading of ostrich carcasses. Currently there is
no vaccine available for the treatment of mycoplasmosis in ostriches. This study investigated
the development of DNA vaccines against Ms03 infections in ostriches. To this end, the
Ms03 genome was sequenced and annotated. The vaccine candidate gene, oppA, was
identified within the genome sequence and characterized before DNA vaccines containing
the oppA were developed and tested. The genome of Ms03 was sequenced and the resulting 172 contigs were annotated. This
dissertation presents the first Ms03 draft genome and annotation which contributed to the
understanding of Ms03 as a miniature genetically independent organism. In Ms03, genome
replication, cell division, RNA transcription, protein translation and glycolysis resemble that
of the closely related Mycoplasma synoviae 53. Purine and pyrimidine metabolism was
incomplete and de novo synthesis thereof was not possible. Amino acid synthesis in Ms03
was mostly absent and only the genes that convert aspartate to asparagine and glycine to
serine were found. More importers than exporters were annotated owing to the lack of
synthesis pathways in Ms03, which is typical for mycoplasmas that have parasitic life styles.
Two oligopeptide permease (opp) operons were annotated within the Ms03 genome. The potential of the oppA as a vaccine candidate gene was evaluated by investigating the
need for a substrate-binding domain (OppA) as part of the OppBCDF transporter within
Mycoplasma species. An oppA homologue could be identified for each oppBCDF operon in
all species and therefore must play an essential role in oligopeptide transport. All
mycoplasmas (except for hemoplasma) had one, two or three opp operons that could be
divided into three types (Type A, B and C). Each type had unique InterPro and MEME
domains and motifs which together with the phylogenetic analysis suggest unique roles in
their survival under different conditions. Ms03 had a Type A and a Type B opp operon, the
Type A oppA was used as vaccine candidate gene. The Type A oppA was cloned and site-directed mutagenesis was used for codon correction
before the mutated gene was sub-cloned into three DNA vaccine vectors. The three DNA
vaccines (pCI-neo_oppA, VR1012_oppA and VR1020_oppA) were used to vaccinate
ostriches and the OppA-antibody response was analysed by ELISA. The VR1020_oppA and
pCI-neo_oppA constructs elicited a primary immune response in ostriches, indicating that
the OppA protein was expressed in vivo and was immunogenic. This can therefore be
viewed as the first step in the development of a DNA vaccine for the control of mycoplasma
infections in ostriches. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Mycoplasma nasistruthionis sp. nov. str. Ms03 (Ms03) is een van drie mikoplasma spesies
wat volstruise infekteer. Mikoplasma-infeksies in volstruise veroorsaak kuiken vrektes,
vertraagde groei en afgradering van volstruis karkasse. Daar is tans geen geregistreerde
mikoplasma entstof beskikbaar vir gebruik in volstruise nie. Hierdie studie het die
ontwikkeling van DNS-entstowwe teen Ms03-infeksies in volstruise ondersoek. Vir hierdie
doel was die Ms03-genoomvolgorde bepaal en geannoteer. Die entstofkandidaat-geen,
oppA, was geïdentifiseer in die genoomvolgorde en gekarakteriseer voordat DNS-entstowwe
(wat die oppA-geen bevat) ontwikkel en getoets is. Die Ms03-genoomvolgorde was bepaal en die gegenereerde 172 aaneenlopende volgordes
was geannoteer. Hierdie proefskrif bied die eerste voorlopige volgorde en annotering van die
Ms03-genoom wat bygedra het tot die kennis van Ms03 as 'n miniatuur geneties
onafhanklike organisme. Genoom-replikasie, seldeling, RNS-transkripsie, proteïen-translasie
en glikolise in Ms03 stem ooreen met dié prosesse in die naverwante Mycoplasma synoviae
53. Die purien en pirimidien metabolisme was onvolledig en de novo sintese daarvan was
nie moontlik in Ms03 nie. Aminosuursintese in Ms03 was meestal afwesig en net die gene
wat aspartaat omskep na asparagien en glisien na serien was gevind in die annoteerde
genoom. Meer invoerders as uitvoerders was geannoteer, wat dui op die gebrek aan
sintesepadweë in Ms03. Dit is tipies van mikoplasmas wat ‘n parasitiese lewensstyle het.
Twee oligopeptied-permeases (opp) operons was gevind in die Ms03-genoom. Die potensiaal van die oppA-geen as 'n entstofkandidaat-geen was geëvalueer deur die
behoefte van 'n substraatbindingsdomein (OppA) as deel van die OppBCDF-vervoerder
binne mikoplasma spesies te ondersoek. 'n Homoloog van die oppA-geen kon geïdentifiseer
word vir elke oppBCDF-operon in al die spesies en behoort daarom 'n noodsaaklike rol te
speel in die vervoer van oligopeptiede. Alle mikoplasmas (behalwe vir hemoplasmas) het
een, twee of drie opp-operons, wat verdeel kan word in drie tipes (Tipe A, B en C). Elke tipe
het unieke InterPro en MEME domeine en motiewe wat saam met die filogenetiese ontleding
daarop dui dat hulle unieke rolle in oorlewing onder verskillende omstandighede speel. Ms03
het 'n Tipe A en Tipe B opp-operon, die Tipe A oppA is gebruik as entstofkandidaat-geen. Die Tipe A oppA-geen was gekloneer en teikengerigte-mutagenese was gebruik vir
kodonregstellings voordat die gemuteerde geen in drie DNS-entstof vektore gesubkloneer
was. Die drie DNS-entstowwe (pCI-neo_oppA, VR1012_oppA en VR1020_oppA) was
gebruik om volstruise in te ent en die OppA-teenliggaamsreaksie was geanaliseer deur
ELISA. Inenting met die VR1020_oppA en pCI-neo_oppA entstowwe het tot 'n primêre
immuniteitsreaksie in volstruise gelei. Dit dui daarop dat die OppA proteïen in vivo uitgedruk
en immunogenies was. Dit kan beskou word as die eerste stap in die ontwikkeling van 'n
DNS-entstof vir die beheer van mikoplasma-infeksies in volstruise.
|
2 |
Preliminary investigations into ostrich mycoplasmas : identification of vaccine candidate genes and immunity elicited by poultry mycoplasma vaccinesVan der Merwe, Elizabeth Frances 12 1900 (has links)
Thesis (MSc)--University of Stellenbosch, 2006. / ENGLISH ABSTRACT: Ostrich farming is of significant economical importance in South Africa. Three ostrich mycoplasmas,
Ms01, Ms02 and Ms03 have been identified previously, and were provisionally named ‘Mycoplasma
struthiolus’ (Ms) after their host Struthio camelus. Ostrich mycoplasmas are the major causative
organisms of respiratory diseases, and they cause stock losses, reduced production and
hatchability, and downgrading of carcasses and therefore lead to large economic losses to the
industry. In order to be pathogenic to their host, they need to attach through an attachment
organelle, the so-called tip structure. This structure has been identified in the poultry mycoplasma,
M. gallisepticum, and is made up of the adhesin GapA and adhesin-related CrmA. Currently, no
ostrich mycoplasma vaccine is commercially available and for this reason the need to develop one
has arisen. Therefore the first part of this study was dedicated to the identification and isolation of
vaccine candidate genes in the three ostrich mycoplasmas. Four primer approaches for polymerase
chain reactions (PCR’s), cloning and sequencing, were used for the identification of adhesin or
adhesin-related genes from Ms01, Ms02 and Ms03. The primer approaches revealed that the target
genes could not be identified due to the high diversity of sequences that were generated. Therefore
sequences were also compared with those of other mycoplasma species in BLAST searches.
Results showed that the most significant hit was with the human pathogen M. hominis oppD, which
is located in the same operon as the membrane protein P100 involved in adhesion. Other hits were
with ABC transporters which may also play a role in cytadhesion.
The second part of this study was aimed at testing whether two poultry mycoplasma vaccines, M.
synoviae and M. gallisepticum, can be used in ostriches to elicit immune responses until an ostrich
mycoplasma vaccine has been developed. Ostriches on three farms of different age groups in the
Oudsthoorn district were therefore vaccinated with these vaccines in a vaccine trial. The enzymelinked
immunosorbent assay (ELISA) was used to test the level of antibody response. Results
showed that both vaccines elicited an immune response in all three age groups. A high percentage
of the ostriches reacted positively, which indicates that both vaccines elicit antibody responses and
may therefore give protection against ostrich mycoplasma infections. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Volstruisboerdery is ‘n belangrike ekonomiese sektor in Suid-Afrika. Drie volstruismikoplasmas,
Ms01, Ms02 en Ms03, is voorheen geïdentifiseer en voorlopig ‘Mycoplasma struthiolus’ (Ms)
benaam na aanleiding van hul gasheer, Struthio camelus. Volstruismikoplasmas is die grootste
oorsaaklike organismes van respiratoriese siektes, kudde verliese en die afgradering van karkasse
wat lei tot groot ekonomiese verliese in die volstruisbedryf. Ten einde patogenies vir die gasheer te
wees, moet mikoplasmas deur middel van ‘n aanhegtingsmeganisme vasheg – die sogenaamde
puntvormige struktuur. Hierdie struktuur is in die pluimvee mikoplasma M. gallisepticum
geïdentifiseer, en bestaan uit aanhegting proteïen GapA en die aanhegting verwante proteïen
CrmA. Tans is geen volstruismikoplasma entstof kommersieel beskikbaar nie, en derhalwe het die
behoefte ontstaan om so ‘n entstof te ontwikkel. Die eerste gedeelte van hierdie studie is dus gewy
aan die identifisering en isolering van entstof kandidaat gene in al drie volstruismikoplasmas. Vier
inleier benaderings vir polimerase ketting reaksies (PKR), klonering asook geenopeenvolging
bepalings vir die identifisering van aanhegting of aanhegting verwante gene vanuit Ms01, Ms02 en
Ms03 is gebruik. Die inleier benaderings het getoon dat die teikengene nie geïdentifiseer kon word
nie as gevolg van hoë variasie in die gegenereerde geenopeenvolgings. Derhalwe is
geenopeenvolgings met ander mikoplasma spesies deur middel van BLAST soektogte vergelyk.
Resultate het getoon dat die betekenisvolste ooreenstemming dié met die menslike patogeen M.
hominis oppD was, wat deel vorm van die membraan proteïen P100 operon wat betrokke is by
aanhegting. Ander ooreenstemmings sluit ABC transporters in wat moontlik betrokke kan wees by
aanhegting.
Die tweede gedeelte van hierdie studie het ten doel gehad om te toets of twee pluimvee
mikoplasma entstowwe, M. synoviae en M. gallisepticum, gebruik kan word in volstruise om
immuunresponse te ontlok tot tyd en wyl ‘n volstruismikoplasma entstof ontwikkel is. Volstruise
vanaf drie plase in verskillende ouderdomsgroepe in die Oudtshoorn distrik was ingeënt met hierdie
entstowwe in ‘n entstof proefneming. Die ensiem-afhanklike immuno-absorpsie essaï (ELISA) was
gebruik om antiliggaam response te toets. Die resultate het getoon dat beide entstowwe
immuunresponse ontlok het in al drie ouderdomsgroepe. ‘n Groot persentasie van die volstruise het
positief gereageer wat ‘n aanduiding is dat beide entstowwe immuunresponse ontlok het en kan
dus beskerming bied teen volstruismikoplasma infeksies.
|
3 |
The ostrich mycoplasma Ms02 partial genome assembly, bioinformatic analysis and the development of three DNA vaccinesStrydom, Marliz 03 1900 (has links)
Thesis (MSc)--Stellenbosch University, 2013. / ENGLISH ABSTRACT: The South African ostrich industry is under enormous threats due to diseases contracted by the ostriches. H5N2
virus (avian influenza) outbreaks the past two years have resulted in thousands of ostriches having to be culled.
However, the more silent respiratory infectious agents of ostriches are the three ostrich-specific mycoplasmas.
Named Ms01, Ms02, and Ms03, these three mycoplasmas are responsible for dramatic production losses each
year, due to their intrusive nature and the fact that no vaccines are currently available to prevent mycoplasma
infections in ostriches. The use of antibiotics does not eradicate the disease completely, but only alleviates
symptoms. The ostrich industry commissioned investigations into the development of three specific vaccines
using the relatively novel approach of DNA vaccination.
The concept of DNA vaccine development is based on the availability of complete genome sequences of the
pathogen against which the vaccine is to be developed. This is necessary in order to identify vaccine candidate
genes through comparative genomic studies. The Ms02 genome has previously been sequenced, resulting in
28 large contiguous sequences. This thesis used the technique of Thermal Asymmetric Interlaced Polymerase
Chain Reaction (TAIL-PCR) to attempt assembly of these 28 contiguous sequences. The number was reduced
to 14 large contiguous sequences, which were then subjected to repetitive sequence analysis and open reading
frame analysis. Bioinformatic software was also used to predict the origin of replication. The extent of repeats in
the Ms02 genome is illustrated, as well as the problems with genome assembly when dealing with repetitive-rich
and A+T-rich genomes as those of mycoplasmas.
Previous studies determined the mycoplasma oppA gene to be a good vaccine candidate gene, due to its
cytadherent properties. This thesis describes the development of three DNA vaccines containing the Ms02
oppA gene, and a preliminary attempt to prove expression of one of these vaccines in a cell culture-based
system. The DNA vaccine vectors pCI-neo, VR1012, and VR1020 were chosen for the vaccine development.
The Ms02 oppA gene was also cloned into the prokaryotic expression vector pGEX-4T-1 in order to express the
OppA protein for purification. The purified protein may be used in future serological tests in ostrich vaccination
trials. In this study the protein was used to elicit anti-OppA rabbit antibodies, which were used to attempt
detection of the pCI-neo-driven OppA protein expression in an MDA cell line in a transfection study. However,
preliminary findings could not detect expression, but did indicate that the currently used colorimetric western blot
technique may not be sensitive enough. It is suggested that different cell lines need to be investigated. Further
optimisations are also required to decrease the observed non-specific binding. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die Suid-Afrikaanse volstruisbedryf is onder geweldige druk vanweë siektes wat die volstruise bedreig. Die
epidemie van die H5N2 virus (voëlgriep) in die afgelope twee jaar het veroorsaak dat duisende volstruise van
kant gemaak moes word. Daar is egter nog ‘n bedreiging wat tot geweldige produksie verliese lei elke jaar: die
respiratoriese infeksies wat versoorsaak word deur die drie volstruis mikoplasmas, genoem Ms01, Ms02 en
Ms03. Geen entstowwe is tans beskibaar om die infeksies te voorkom nie, en behandeling met behulp van
antibiotikas is nie effektief in die genesing van infeksie nie, maar help net om die simptome te verlig. Weens die
erns van die saak, het die Suid-Afrikaanse volstruisbedryf ‘n ondersoek geloods na die ontwikkeling van
enstowwe teen elkeen van die drie volstruis mikoplasmas. Die relatiewe nuwe benadering van DNA-entstof
ontwikkeling was die strategiese keuse.
Die beginsel van DNA-entstof ontwikkeling berus op die beskikbaarheid van die genoomvolgordes van die
siekte-veroorsakende organisme waarteen die enstof ontwikkel word. Geskikte kandidaat entstof gene word so
opgespoor met behulp van vergelykende studies met ander beskikbare genome. Die Ms02 genoomvolgorde is
voorheen bepaal en word verteenwoordig deur 28 groot geenvolgorde fragmente. Die tegniek van Thermal
Asymmetric Interlaced Polymerase Chain Reaction (TAIL-PCR) is gebruik om van die 28 fragmente aan mekaar
te las. Die aantal fragmente is verminder na 14 groot geenvolgorde fragmente, wat vervolgens gebruik was om
die omvang van herhalende volgordes in die genoom te bepaal, om nuwe leesrame te ondersoek, asook om die
oorsprong van DNA replikasie op te spoor met behulp van bioinformatika sagteware. Die omvang van die
herhalende aard van die Ms02 genoom word geïllustreer, asook die gepaardgaande probleme met die las van
geenvolgorde fragmente wanneer met genome van veelvuldige herhalende volgordes, wat boonop A+T-ryk is,
gewerk word, soos die van mikoplasmas.
Vorige studies het die mikoplasma oppA geen geïdentifiseer as ‘n geskikte kandidaat entstof geen as gevolg van
sy selaanhegting-eienskappe. Hierdie studie behels die invoeging van die Ms02 oppA geen in drie DNA-enstof
vektore, naamlik pCI-neo, VR1012, en VR1020, asook die voorlopige poging om bewys van uitdrukking van een
van die entstowwe in ‘n selkultuursisteem te bewerkstellig. Die geen is ook gekloneer in die prokariotiese
ekspressie vektor pGEX-4T-1, ten einde die Ms02 OppA proteïen te isoleer. Die geïsoleerde proteïen kan in
serologiese toetse in toekomstige volstruis enstof proewe gebruik word. In hierdie studie is die proteïen gebruik
om konyn teenliggame teen dit op te wek, wat dan gebruik was om vir die pCI-neo-gedrewe ekspressie van die
oppA geen te toets in ‘n selkultuur omgewing deur ‘n MDA sellyn te transfekteer. Die voorlopige resultate toon
nie ekspressie van die OppA proteïen aan nie, maar het wel uitgelig dat die western blot tegniek wat tans
gebruik word, dalk nie sensitief genoeg is nie. Dit kan belowend wees om ander tipes selle te toets. Verdere
optimisering is ook nodig om die nie-spesifieke binding wat waargeneem is, te verlaag. / South African Ostrich Business Chamber
|
4 |
Immunological and epidemiological investigations in South African ostriches and penguinsBotes, Annelise 04 1900 (has links)
Dissertation (PhD)--University of Stellenbosch, 2004 / ENGLISH ABSTRACT: Newcastle disease (NO) and mycoplasma infections in ostriches have considerable
economic implications for the South African ostrich industry in that NO is a limiting
factor in the export of ostrich products to the European Union and mycoplasma
infections cause stock losses, reduced production, reduced hatchability and
downgrading of carcasses. In the first section of this dissertation, the role of passively
acquired and mucosal immunity in protection of ostrich chicks against Newcastle
disease virus (NOV) was investigated. Ostrich hen serum IgG and yolk IgY were
isolated and characterized, and the transfer of maternal anti-NOV antibodies to the
egg yolk was determined using an enzyme-linked immunosorbent assay (ELISA).
Results indicated that anti-NOV antibodies were successfully transferred from the
ostrich hen to the egg yolk. In addition, ostrich IgA was isolated, characterized and
rabbit anti-ostrich IgA antibodies produced and used for measuring mucosal anti-
NOV IgA antibodies produced in response to mucosal vaccination. Results indicated
that the live La Sota vaccine stimulates IgA production and thus mucosal immunity in
ostrich chicks. In the second section of this dissertation, ostrich mycoplasmas were
isolated and identified using 16S rRNA gene sequencing. These sequences indicated
that ostriches carry three unique mycoplasmas, which are phylogenetically quite
divergent. The 16S rRNA gene sequences of the ostrich mycoplasmas were
subsequently used for the development of specific primers for the detection and
diagnosis of mycoplasma infections in ostriches by PCR.
The last section of this dissertation focuses on avian malaria in African penguins and
the management of this disease during rehabilitation. The Foundation for the
Conservation of Coastal Birds (SANCCOB) is a seabird rescue and rehabilitation
centre, which is largely dedicated to the rehabilitation of diseased, injured and oiled
penguins. Significant mortalities due to avian malaria occur at this facility. The aim of
this study was the development of an ELISA for the purpose of assessing the natural
levels of anti-Plasmodium antibodies in African penguins on entry into the SANCCOB
facility and during rehabilitation. Results indicated significant increases in anti-
Plasmodium antibody levels after entry, which was not influenced by oiling. Infection
with malaria and not parasite recrudescence was viewed to be the cause of this
increase, indicating a possible role of the SANCCOB facility in exposing penguins to
avian malaria. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Newcastlesiekte (NS) en mikoplasmainfeksies in voltruise het geweldige ekonomiese
implikasies vir die Suid-Afrikaanse volstruisbedryf. Die rede hiervoor is dat NS 'n
beperkende faktor in die uitvoer van volstruisprodukte na die Europese Unie is, en
mikoplasmainfeksies tot kudde verliese, verlaagde produksie en uitbroei asook lae
gradering van karkasse lei. In die eerste gedeelte van hierdie proefskrif is die rol van
passiewe- en mukosale-immuniteit in die beskerming van volstruiskuikens teen NS
virus (NSV) ondersoek. Volstruishenserum IgG en eier IgY is geïsoleer en
gekarakteriseer en die oordrag van maternale anti-NSV antiliggame na die eier
ondersoek met behulp van 'n 'enzyme-linked immunosorbent assay' (ELISA).
Resultate het getoon dat anti-NSV antiliggame suksesvol van die hen na die eier
oorgedra is. Volstruis IgA is ook geïsoleer, gekarateriseer en konyn anti-volstruis IgA
antiliggame geproduseer wat gebruik is vir die bepaling van mukosale anti-NSV IgA
antiliggame in reaksie op mukosale immunisering. Resultate het getoon dat
lewendige La Sota entstof IgA produksie stimuleer en dus tot mukosale-immuniteit in
volstruiskuikens lei. In die tweede gedeelte van hierdie proefskrif is
volstruismikoplasmas geïsoleer en geïdentifiseer met behulp van 16S rRNA
geenopeenvolgingsbepalings. Hierdie volgordes het getoon dat drie unieke
mikoplasmas in volstruise voorkom wat filogeneties verskillend blyk te wees. Die 16S
rRNA geenopeenvolgings van die volstruismikoplasmas is gebruik vir die
ontwikkeling van spesifieke inleiers vir die PKR identifisering en diagnose van
mikoplasmainfeksies in volstruise.
Die laaste gedeelte van hierdie proefskrif fokus op voëlmalaria in die Afrika pikkewyn
en die bestuur van hierdie siekte gedurende rehabilitasie. Die 'South African
Foundation for the Conservation of Coastal Birds' (SANCCOB) is 'n seevoëlreddingsen
rehabilitasie-sentrum vir siek, beseerde en ge-oliede pikkewyne. Hierdie sentrum
het egter aansienlike vrektes as gevolg van voëlmalaria. In hierdie studie is 'n ELISA
ontwikkel vir die bepaling van natuurlike anti-Plasmodium antiliggaamvlakke van
pikkewyne by aankoms en tydens rehabilitasie by SANCCOB. Resultate het 'n
toename in anti-Plasmodium antiliggaamvlakke getoon na toelating wat nie beïnvloed
is deur olie nie. Hierdie toename kan toegeskryf word aan nuwe malariainfeksies en
nie 'n heruitbraak van bestaande infeksies nie wat daarop dui dat pikkewyne aan
voëlmalaria blootgestel word by die SANCCOB-sentrum.
|
Page generated in 0.0721 seconds