• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 15
  • 8
  • 7
  • 7
  • 2
  • 2
  • 1
  • Tagged with
  • 53
  • 23
  • 16
  • 15
  • 12
  • 12
  • 10
  • 8
  • 8
  • 8
  • 7
  • 7
  • 7
  • 6
  • 6
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Developing second-language listening comprehension: effects of training lower-order skills versus higher-order strategy

Poelmans, Petra, January 1900 (has links)
Proefschrift Universiteit van Amsterdam. / Op omslag: ACLC en :LOT, Netherlands Graduate School of Linguistics, Landelijke Onderzoekschool Taalwetenschap. Met lit. opg. - Met samenvatting in het Nederlands.
2

Tulpen voor Wilhelmina de geschiedenis van de Engelandvaarders /

Dessing, Agnes Margaretha Francisca, January 2004 (has links)
Proefschrift Universiteit van Amsterdam. / Met lit. opg., reg. - Met samenvatting in het Engels.
3

De Japanse bezetting van Indonesië en haar volkenrechtelijke zijde

Zorab, Arratoon Albert, January 1954 (has links)
Proefschrift--Leyden. / Summary in English. "Stellinden": [3] p. inserted. Includes bibliographical references.
4

De Japanse bezetting van Indonesië en haar volkenrechtelijke zijde

Zorab, Arratoon Albert, January 1954 (has links)
Proefschrift--Leyden. / Summary in English. "Stellinden": [3] p. inserted. Includes bibliographical references.
5

Wartime experiences of the National Labor Relations Board, 1941-1945

Witney, Fred, January 1949 (has links)
"Presented in June, 1947, to the ... University of Illinois ... for the degree of doctor of philosophy in economics." / Bibliography: p. 249-250.
6

Het verborgen front geschiedenis van de georganiseerde illegaliteit in de provincie Limburg tijdens de Tweede Wereldoorlog /

Cammaert, Alfred Paul Marie. January 1994 (has links)
Proefschrift Groningen. / Met lit.opg., reg. - Met samenvatting in het Engels.
7

Die Hollander Korps tydens die Tweede Vryheidsoorlog (Afrikaans)

Van Dalsen, Johannes 12 June 2013 (has links)
No abstract available / Dissertation (MA)--University of Pretoria, 1942. / Historical and Heritage Studies / unrestricted
8

De L. Coelio Antipatro Livii in l. XXI. auctore ...

Srago, Hatzkel, January 1900 (has links)
Inaug.-Diss.--Jena. / Vita. "Subsidiorum index": p. [70]-71.
9

Ontrechting en rechtsherstel in Nederland en Frankrijk in de jaren van bezetting en wederopbouw

Veraart, Wouter. January 2005 (has links)
Proefschrift Erasmus Universiteit Rotterdam. / Met lit. opg., reg. - Met samenvatting in het Engels en Frans.
10

Adolf Schiel en die Duitse Kommando (Afrikaans)

Van Niekerk, Melt 24 November 2012 (has links)
AFRIKAANS: Dit was die oorspronklike doel om in hierdie verhandeling ‘n volledige relaas van die Duitse vrywilligers se aandeel aan die Tweede Vryheidstryd van die Afrikanervolk te verstrek. Namate die navorsing gevorder het, het dit allengs duidelik geword dat die lotgevlle van die Duitsers na die verpletterende neerlaag van assistant-generaal J H M Kock se mag te Elandslaagte, nie meer geskei kan word van die geskiedenis van al die vreemdelingskorpse wat aan die Boerekant geveg het nie. Daarna is die vreemdelinge almal oor dieselfde kam geskeer, al het die meerderheid in afsonderlike korpse voortgeveg. Dit sou dus ongewens en ook onwetenskaplik wees om die geskiedenis van die Duitse korpse uit die groter verband te ruk en dit afsonderlik te probeer beskrywe. Die aandeel en die lotgevalle van die vreemdelinge wat aan die Boere se stryd om die onafhanklikheid en voortbestaan van hul land deelgeneem het, is van soveel belang en bring sulke intressante en betekenisvolle feite an die lig, dat dit skrywer se voorneme geword het om ‘n omvattende werk oor die aandeel van alle vreemdelinge in die Tweede Vryheidstryd vir die doeleindes van ‘n doktorale proefskrif die lig te laat sien. Daarin sal die Duitsers ‘n prominente plek inneem. Na die veldslag te Elandslaagte het twee groot afsonderlike Duitse korpse ontstaan: die korps van kommandant Paul Krantz in Natal en die korps van kommandant Von Albedyll wat diens gedoen het in die Kaapkolonie (Colesberg) en in die Oranje-Vrystaat. Fritz Brall het Von Albedyll spoedig opgevolg as kommandant van laasgenoemde korps en hy is op sy beurt later deur kommandant Richard Runck vervang. Elkeen van die korpse het ‘n groot deel van die kryg meegemaak. Uit hul geledere het weer nuwe korpse ontstaan soos byvoorbeeld die Duitse verkennerkorps van dr R Krieger; die Duitse korps van Lothar Kunze; die Duitse verkennerkorps van C Lorenz en nog ‘n verkennerkorps van veldkornet H D Meyer. Baie Duitsers het ook by Boere-kommando’s of ander vreemdelingkorpse aangesluit. In die tweede Ierse brigade van kolonel A Lynch was ‘n afsonderlike Duitse krops of afdeling onder aanvoering van ene dr M Schiele. Die rol wat al die genoemde Duitsers in die Tweede Vryheidstryd vervul het, is vanselfsprekend so groot dat dit nie in die beperkte omvang van ‘n MA-verhandeling afdoende behandel kon word nie. Daarby was dit wenslik om die gordyn ‘n bietjie voor die lewe van Adolf Schiel op te lig. Hy was die groot gees en die inspirasie agter die Duitse beweging van 1899 en het die Duitsers tot die daad aangespoor. Hy het ook ‘n baie belangrike rol oor ‘n tydperk van 23 jaar en op verskillende terreine in die groei en ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse Republiek vervul. Sy herinnerings is opgeteken in sy werk: “23 Jahre Sturm und Sonnenschein in Südafrika”. Dit is egter in ‘n vreemde taal geskrywe en dus nie vir almal wat ‘n bietjie meer oor hom wil weet, toeganklik nie. Daarby laat sy geheue hom dikwels in die steek en is sy werk ook nie volledig nie. Nuttige aansuiwerings en aanvullings kon derhalwe deur ‘n deeglike gedokumenteerde oorsig van sy loopbaan gemaak word. Die ontstaan van die Duitse kommando om die Boere in hul stryd op lewe en dood met die mauser behulpsaam te wees, was maar een van Adolf Schiel se wenke aan die Regering. In sy ander voorstelle kon Adolf Schiel nie veel vermag nie. Hy kon slegs vermaan en op spoedige optrede van die Regering aandring en op leemtes en gebreke wys. In die Duitse kommando kon hy egter self tot aktiewe en energieke optrede oorgaan en sy lewe selfs op die vryheidsaltaar van sy aangenome vaderland lê. Die einde van sy Duitse kommando en sy gevangeneming te Elandslaagte het ook die einde van Adolf Schiel se vrugbare rol in die Suid-Afrikaanse Republiek aangedui. Die blootstelling gedurende die nag wat hy gewond tussen die klippe in die reent gelê het, was verantwoordelik vir sy vroeë dood in 1903. In hierdie verhandeling word derhalwe ‘n volledige gedokumenteerde oorsig van Adolf Schiel se werk en lewe in die Suid-Afrikaanse Republiek aangebied en besondere klem word gelê op die Duitse kommando wat deur hom in die lewe geroep is. Die geskiedenis van die Duitse kommando wat in Junie 1899 ontstaan en op die slagveld te Elandslaagte op 21 Oktober 1899 beëindig is, word volledig in hierdie verhandeling beskrywe en is so deeglik as moontlik gedokumenteerd. In die laaste hoofstuk word in breë trekke die verdere lotgevalle van die Duitsers kortliks aangedui. Die enigste slotsom waartoe ‘n mens kan geraak na bestudering van die feite, is dat die Duitse kommando soos Adolf Schiel dit oorspronklik beplan het, ‘n belangrike faktor en ‘n groot hulp in die stryd kon gewees het. Ongelukkig is die kommando egter deur onderlinge twis, na-ywerige leiers en gebrek aan samewerking jammerlik in afsonderlike byna betekenislose korpse opgebreek. Van die hooggeroemde Duitse dissipline merk ‘n mens weinig of niks. Sodra Adolf Schiel sy rug gedraai het, het die Duitsers totaal hande uitgeruk en baie moeilikheid veroorsaak. Nadat Schiel heeltemal van die toneel verdwyn het, het die aanvoerders van die nuwe Duitse korpse ook dieselfde moeilikheid met ongehoorsame en weerspannige manskappe ondervind. Dit was eenvoudig bykans onmoontlik om hul korpse bymekaar te hou en ontevredenheid en muitery was gedurig aan die orde van die dag. Soos in die geval van die meeste ander vreemdelingkorpse het die vaderlandsliewende en lofwaardige optrede van die Duitsers, wel getuig van hul geloof in die regverdigheid van die Boeresaak; van hul opoffering en gewilligheid om die Suid-Afrikaanse Republiek vrywillig in die bloedbad by te staan, maar ‘n onmisbare en betekenisvolle faktor wat van beslissende belang op een of ander tydstip of stadium in die oorlog was, was die Duitse kommando of geeneen van die Duitse korpse nie. ENGLISH: No English abstract is available. / Dissertation (MA)--University of Pretoria, 2013. / Historical and Heritage Studies / unrestricted

Page generated in 0.0222 seconds