• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 1
  • Tagged with
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

'n GIS ondersoek na die kultuurtoerisme-potenisaal van Mechelen, België en die rol van kulturele toerisme in stedelike hernuwing

McKechnie, Jennifer Joan 03 1900 (has links)
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2000. / ENGLISH ABSTRACT: Tourism is a global growth industry. Large cities are prominent tourist destinations and are therefore the focus of tourism studies. Because cultural tourism can act as a lever for the urban economy, cities are increasingly investigating historical heritage as a resource in developing cultural tourism. Furthermore, many opportunities for development exist as these tourism products are characterised by adaptability, flexibility and a wide-ranging nature. Development of the historical heritage of tourist attractions is especially noted in Europe. The rich historical heritage and unique cultural activities of these cities can be used to attract visitors. This study utilises the geographical information system (GIS) programmes TransCAD, ArcView and ARC/INFO to investigate the cultural tourism potential of Mechelen in Belgium. GIS is particulary well suited for spatial analyses in tourism studies. It was assumed that two factors - location and function - will influence the tourism potential of historical buildings. In investigating the morphological location of buildings, the grouping of buildings around pre-selected marker buildings in Mechelen was considered. Functional analyses considered the current function of historical buildings and the attractiveness of the respective functions to tourists. Concurrent analyses of these two factors resulted in deductions regarding the tourism potential of the individual historical buildings. Furthermore, areas with high development potential were identified. The identification of such areas contributes to effective development planning and sustainable development. By targeting development visitors are attracted which supports optimal utilisation of tourist resources by residents. Well planned, targeted development thus increases the contribution that cultural tourism can make towards the urban economy. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Toerisme is 'n wêreldwye groei-industrie. Omdat groot stede die belangrikste toerisme-bestemmings is, geniet hulle baie aandag in toerisme-studies. Die historiese erfenis van stede word toenemend as hulpbron vir die ontwikkeling van kulturele toerisme ondersoek omdat dit as 'n hefboom vir die bevordering van die stedelike ekonomie kan dien. Daarbenewens is daar talle moontlikhede vir ontginning, omdat die kulturele toerisme-produk gekenmerk word deur aanpasbaarheid, buigsaamheid en 'n wyd omvattende aard. Die ontwikkeling van die historiese erfenis van toeriste-aantreklikhede word veral in Europa waargeneem. Die meeste Europese stede is ryk aan historiese erfenis en unieke kulturele aktiwiteite wat gebruik kan word om besoekers te trek. In dié studie word die geografiese inligtingstelsel (GIS) programme TransCAD, ArcView en ARC/INFO ingespan om die kulturele toerismepotensiaal van Mechelen, België, te ondersoek. GIS is besonder geskik vir die doen van ruimtelike analises in toerismestudies. Daar is van die uitgangspunt uitgegaan dat twee faktore die toerismepotensiaal van historiese geboue beïnvloed, naamlik ligging en funksie. Wat die morfologiese ligging betref, word gekyk na die groepering van historiese geboue rondom sekere vooraf geselekteerde beeldbepalergeboue. In die funksionaliteitsanalises word daar gelet op die huidige funksies van die individuele historiese geboue en die aantreklikheid van die onderskeie funksies vir toeriste. Deur gelyktydig na dié twee faktore te kyk, is afleidings gemaak oor die toerisme-potensiaal van die individuele historiese geboue. Gebiede met 'n hoë potensiaal vir ontwikkeling is geïdentifiseer. Die identifisering van gebiede wat meer gunstig vir toerisme-ontwikkeling is, dra by tot beter ,ontwikkelingsbeplanning en volhoubare ontwikkeling. Geteikende ontwikkeling maak die stad meer aantreklik vir besoekers en dra daartoe by dat die inwoners van die stad optimaal voordeel kan trek uit die besoekende toeriste. Goed beplande, geteikende ontwikkeling vergroot ook die bydrae wat kulturele toerisme in die stimulering van die stad se ekonomie kan speel.

Page generated in 0.1254 seconds