Die verhandeling ondersoek die wyse waarop Deon Opperman die versetmotief in sy Afrikanerdramas uitbeeld en vernuwe om die veranderende sosiale omgewing te weerspieël. Hoofstuk 1 verskaf ‘n oorsig oor verset as leefwyse en motief in die Afrikaanse drama. Hoofstuk 2 bied ‘n teoretiese ondersoek van The theatre of revolt (Brustein 1991), ’n bespreking van begrippe soos herskrywing, multikulturalisme,
moderne diaspora en globalisasie sowel as ‘n kontekstuele studie van Deon Opperman se Afrikaanse oeuvre. Hoofstuk 3 (Donkerland) fokus op verset binne ‘n postkoloniale herskrywing van die Afrikanergeskiedenis. Hoofstuk 4 (Kruispad en Ons vir jou) sentreer rondom sosiale verset binne ‘n multikulturele omgewing, terwyl hoofstuk 5 Kaburu as weerkaatsende teks en die aktuele kwessie van die moderne diaspora as
versetreaksie aanspreek. Die verhandeling kom tot die slotsom dat Opperman versetteater gebruik om kommentaar op aktuele probleme te lewer en om terselfdertyd‘n boodskap van transformasie oor te dra. / The dissertation examines how Deon Opperman portrays and regenerates the revolt motif in his Afrikaner dramas, in order to reflect the changing social environment. Chapter 1 provides an overview of revolt as lifestyle and as motif in Afrikaans drama. Chapter 2 offers a theoretical examination of The theatre of revolt (Brustein 1991), a discussion of concepts such as rewriting, multiculturalism, modern diaspora and
globalization, as well as a contextual study of Deon Opperman’s Afrikaans oeuvre. Chapter 3 (Donkerland) focuses on revolt within the postcolonial rewriting of Afrikaner history. Chapter 4 (Kruispad and Ons vir jou) deals with social revolt within a multicultural milieu, whereas chapter 5 discusses Kaburu as a reflecting text and addresses the issue of the modern diaspora as a reaction to political transition. The
dissertation reaches the conclusion that Opperman is using South African theatre as a platform for revolt as well as for transformation. / Afrikaans & theory of Literature / MA (Afrikaans en Algemene Literatuurwetenskap)
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:umkn-dsp01.int.unisa.ac.za:10500/13068 |
Date | 17 January 2014 |
Creators | Welgemoed, Leana |
Contributors | Coetser, J. L. (Johannes Lodewikus), 1952- |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | Afrikaans |
Detected Language | Unknown |
Type | Dissertation |
Format | 1 online resource (ix, 190 leaves) |
Page generated in 0.0026 seconds