Return to search

Liturgievorming in 'n veranderende konteks

The forming of liturgy in the Dutch Reformed Church is in a crisis. The current context demands new liturgies in order to facilitate meaningful communication between God and His children. The problem is that no healthy practice of liturgy forming exists and more decay than change takes place. Therefore, the need exists for a workable theory for liturgy forming which can be used in the forming of a justified liturgy. In this study a theory and liturgies are worked out which takes the liturgy forming through the centuries into account. The theory, which is known as the three resources theory, is a dynamic theory in which the energy resources are placed in interaction with one another in order to form new liturgies. The three energy resources are the Bible, the tradition and the context. These three resources are focused on an eschatological focus point in the future. The Bible as energy resource especially has authority since it contains the worship style and example of Jesus Christ. The tradition exists of the narrative off liturgy forming through the centuries. The tradition offers a treasure of examples, which can be used for liturgy forming in the current context. The current context forms an integral part of the liturgy forming process. The post-modernism, the remains of the modernism, globalisation, the transformation process in South Africa and the modem developments in the human sciences are all forces which influence the liturgy forming process indirectly. These energy circles are placed in interaction with one another, new justified liturgies are formed which makes meaningful communication between God and His children possible. The investigation on liturgy forming in 13 various congregations in England and South Africa indicated that, where one or more of the energy resources is neglected, responsible energy forming does not take place. The current context requires that modem liturgy should emphasize symbols, emotion and dialogue. More love should also be shown during services. / Die liturgievorming van die Ned Geref Kerk is in 'n krisis. Die huidige konteks stel nuwe eise aan die liturgie wat vra vir nuwe liturgiee om die kommunikasie tussen God en Sy kinders sinvol en betekenisvol te fasiliteer. Die probleem is dat daar nie 'n gesonde praktyk van liturgievorming bestaan nie en dat meer verval as verandering plaasvind. Daar is dus 'n behoefte aan 'n werkbare teorie vir liturgievorming wat gebruik kan word in die vorming van verantwoorde liturgie. In hierdie studie word 'n teorie en liturgiee uitgewerk wat die werkende energiebronne in liturgievorming deur die eeue in ag neem. Die teorie, wat bekendstaan as die driebronneteorie, is 'n dinamiese teorie waarin die energiebronne in wisselwerking met mekaar geplaas word vir die vorming van nuwe liturgiee. Die drie energiebronne is die Skrif, die tradisie en die konteks. Hierdie drie bronne word gefokus op 'n eskatologiese fokuspunt in die toekoms. Die Skrif as energiebron is veral gesagdraend omdat dit die aanbiddingstyl en voorbeeld van Jesus Christus bevat. Die tradisie bestaan uit die verhaal van die liturgievorming deur die eeue waar die drie energiebronne telkens in wisselwerking met mekaar was. Die tradisie bied 'n skatkis van voorbeelde waaruit geleen kan word vir liturgievorming in die huidige konteks. Die huidige konteks is 'n integrale deel van die liturgievormingsproses. Die Postmodemisme, die reste van die Modemisme, globalisering, die oorgangsituasie in Suid-Afrika en hedendaagse ontwikkelinge in die menswetenskappe is almal kragte wat indirek inwerk op die liturgievormingsproses. Slegs wanneer die energiesirkels in wisselwerking met mekaar geplaas word, word verantwoordelik nuwe liturgiee gevorm wat sinvolle kommunikasie tussen God en sy kinders bewerkstellig. Die ondersoek na die liturgievorming in 12 verskillende gemeentes in Engeland en Suid-Afrika het aan die lig gebring dat waar een of meer van die energiebronne verwaarloos word, verantwoordelike vorming nie plaasvind nie. Die huidige konteks vra dat byderwetse liturgie meer klem op simbole, emosie en dialogiese kommunikasie sal plaas. Liturgie sal ook moeite moet doen om meer liefde oor te dra in die eredienste. Ter wille van die fasilitering van 'n dieper spiritualiteit kan die liturgie van die Ned Geref Kerk spesifieke liturgiese elemente en -houdings gaan leen by antler spiritualiteite en so sy eie liturgie verbreed. Dit bly 'n haalbare uitdaging om voortdurend verantwoordelik liturgie te vorm indien die Skrif, die tradisie en die konteks as energiebronne in wisselwerking met mekaar geraadpleeg word en gefokus word op die eskatologiese. / D.Th. (Practical Theology)

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:uir.unisa.ac.za:10500/18085
Date06 1900
CreatorsBester, Hendrik Gideon
ContributorsPieterse, H. J. C
Source SetsSouth African National ETD Portal
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format1 electronic resource (194 leaves)

Page generated in 0.0033 seconds