Return to search

Gemeentebou in diens van die Koninkryk van God

Text in Afrikaans / Gemeentebou funksioneer binne die raamwerk van die koninkryk van God en nie slegs binne 'n gemeente nie. Om hierdie rede word die ondersoekvraag gestel naamlik wanneer staan gemeentebou in diens van die koninkryk van God. Dit is 'n tersaaklike vraag in die lig van die feit dat gemeentebouliteratuur die opbou en by geleentheid ook die uitbou van die gemeente beskryf maar opbou met die oog op die samelewing geniet nie die nodige aandag nie. Die koninkryk van God staan sentraal in die kosmos. Om Sy koningsheerskappy op
aarde te vestig gebruik God die gemeente. Daarom vind die gemeente sy oorsprong in God; dit beskik oor 'n koninkryksbepaalde identiteit; dit bestaan met 'n koninkryksdienstige doel; sy funksionering realiseer die gemeente se koninkryksdiens
en dit bestaan binne 'n bepaalde konteks om tekens van die Koninkryk daar op te rig. Die koninkryk van God bepaal alle gemeentehandelinge en dit dien as korrektief daarop. Gemeentebou vestig en bevorder hierdie koninkryksperspektief binne elke handeling van die gemeente. Binne die raamwerk van die koninkryk word aspekte vir die aandag van verruimde gemeentebou in hierdie studie geidentifiseer (antropologie; ekonomie; ekologie; strukture). 'n Positiewe verband tussen gemeentebou en volle werklikheid van die koninkryk van God bou gemeentesentriese bouwerk uit tot effektiewe en omvattende kommunikatiewe handelinge in diens van die Koninkryk binne die gemeentekonteks. Hierdie verhouding tussen die koninkryk, die gemeente en die samelewing word deur Christus bepaal.
Om dit op die mees effektiewe wyse te realiseer, is drie dimensies in hierdie studie geidentifiseer wat deel van gemeentebou behoort uit te maak (basisteorie).
Gemeentebou dien die koninkryk wanneer dit lidmate se verstaan van die gemeente verruim om dit in toto in koninkryksdiens te stel; wanneer dit die gemeente se vermoe om in diens van die koninkryk te staan realiseer, en wanneer die gemeente opgebou word om met sy konteks rekening te hou. Gemeentebou staan so in diens van die
koninkryk van God.
Die empiriese ondersoek na lidmate se siening van die dienstaak van die gemeente, bevestig die hipotese nl. dat gemeentelede sterk na binne gerig is en nie genoegsaam met die samelewing rekening hou nie. / The building up of the congregation functions within the framework of the Kingdom of God and not only within the congregation. For this reason the question is raised i.e. when does the building up of the congregation serves the Kingdom of God. It is relevant in view of the fact that the literature about the building up of the congregation
covers the building up of the congregation, but the emphasis on the community does not enjoy the necessary attention it deserves.
Centrally within the cosmos the Kingdom of God exists. To establish His Kingdom on earth, God uses the congregation. Thus "the origins of the congregation is found in God; its identity is determined by the Kingdom; it exists for Kindompurposes; its functioning is aimed at serving the Kingdom, and it exists within a certain context where it should erect signs of the kingdom of God.
The kingdom of God determines all congregational activities. The building up of the congregation establishes and promotes this kingdomperspective within every aspect of its actions. In this study certain aspects have been identified to broaden the scope of
the building up of the congregation within the framework of the kingdom (i.e. anthropology; economy; ecology; structures). When the building up of the congregation is understood from a kingdomperspective, congregation-centered upbuilding developes into effective and comprehensive communicative actions in the
service of the kingdom. The relationship between the kingdom, the congregation and the community is determined by Christ.
In this study three dimensions are identified which ought to constitute the building up of the congregation for this to be realised most effectively. It serves the kingdom as it increases the congregations' understanding of its total service of the kingdom; as it realizes the church's service of the.kingdom through continuing change, and as it takes the context of the congregation sufficiently into consideration.
An empirical research into the views of members on the task of the congregation confirmed the hypothesis i.e. members are strongly introverted in their view and they do not take the community sufficiently enough into consideration. / Practical Theology / Th.D. (Practical theology)

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:umkn-dsp01.int.unisa.ac.za:10500/16917
Date06 1900
CreatorsHavemann, Garfield Garbet
ContributorsHeyns, L. M. (Louis Michiel), 1934-, Dreyer, J. S.
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format1 online resource (xvii, 321 leaves)

Page generated in 0.0022 seconds