Thesis (DPhil)--University of Stellenbosch, 2004. / ENGLISH ABSTRACT: Philo is a writer who lived in Alexandria in 30 BC – 50 AD. Traditionally
scholars classified Philo as philosopher, exegete and apologist. With these
classifications in mind, Philo’s works is read and interpreted. In this study a
methodology of postmodernism (which is inherently a cultural historical
understanding of reality) will be used, and it will become clear that this
classification of the scholars is not satisfactory. The question that arises, is:
How must Philo be read and understood in the context of a postmodern
methodology?
By means of a study of the logos-concept it is suggested that Philo must be
understood as a threshold person, who stands on the cutting edges of the
cultures in Alexandria; he therefore creates a new universe of symbols. In this
new universe of symbols it is possible for the different cultures to communicate
effectively, because they now have a joint vocabulary. Philo is not a
postmodernist, but he makes use of techniques which occurs in post modern
philosophy to create this new universe of symbols. Through the use of these
techniques it becomes possible for the reader to take into account the different
philosophical dimensions that are part of Philo’s thoughts. This helps the
reader to understand the contradiction in Philo’s thought in connection with the
logos-concept. It also helps the reader to place the logos-concept of Philo in its
proper cultural historical background. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Filo is ’n skrywer wat in Aleksandrië gewoon het in die tydperk 30 vC – 50 nC.
Tradisioneel het geleerdes Filo getipeer as filosoof, eksegeet en apologeet.
Aan die hand van hierdie tiperings is Filo se werke dan gelees en
geïnterpreteer. In hierdie studie word daar met ’n postmoderne metodologiese
vertrekpunt gewerk (wat ten diepste gebaseer word op ’n kultuur historiese
verstaan van die werklikheid) en word dit duidelik dat hierdie tiperings nie
bevredigend is nie. Die vraag wat nou ontstaan, is: Hoe moet Filo dan gelees
en verstaan word binne die raamwerk van ’n postmoderne metodologie?
Aan die hand van ’n studie van die logos-begrip word daar voorgestel dat Filo
gelees en verstaan moet word as ’n deurdrumpel-persoon, wat op die snypunt
van al die verskillende kulture in Aleksandrië staan en daarom ’n nuwe simbole
universum skep. Binne hierdie nuwe simbole universum kan verskillende
kulture effektief met mekaar kommunikeer, aangesien hulle nou oor ’n gedeelde
woordeskat beskik. Filo self was nie ’n postmodernis nie, maar hy maak wel
van tegnieke gebruik wat ook voorkom in die postmoderne filosofie om hierdie
nuwe simbole universum te skep. Deur middel van hierdie tegnieke is dit vir die
leser moontlik om die verskillende filosofiese nuanses wat op Filo se denke ten
opsigte van die logos ingewerk het, te verreken en om hierdie oënskynlike
teenstrydighede in sy denke rakende die logos-begrip te verstaan teen die
kultuur-historiese agtergrond waarbinne hy hom in Aleksandrië bevind.
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/16076 |
Date | 12 1900 |
Creators | Van Schalkwyk, C. H. J., 1971- |
Contributors | Cook, J., University of Stellenbosch. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Ancient Studies. |
Publisher | Stellenbosch : University of Stellenbosch |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | Afrikaans |
Detected Language | Unknown |
Type | Thesis |
Format | xiii, 207 leaves : ill. |
Rights | University of Stellenbosch |
Page generated in 0.0039 seconds