Return to search

Wisdom and Ubuntu : a close reading of Proverbs 1-9 in dialogue with African Ubuntu

Thesis (DTh)--Stellenbosch University, 2005 / ENGLISH ABSTRACT: The aim of this dissertation is to demonstrate that a dialogue can be established between
wisdom in Proverbs 1 - 9 and ubuntu. This dialogue becomes evident from a close
reading of Proverbs 1 - 9 and from a study of the correspondence between the
worldviews found in ancient Israel and Africa respectively.
Umuntu ngumuntu ngabantu is a Zulu saying that has its equivalent in nearly every sub-
Saharan culture. Briefly, it translates to: "A human being is a human being because of
(other) human beings." This points to a uniquely African view of human beings. This
communal emphasis is also found within the wisdom literature of the Old Testament. The
sages of the Old Testament attach great importance to harmony in the community and
strongly emphasise obedience to wisdom as a way of accomplishing this harmony.
The dialogue between wisdom and ubuntu is especially challenging from an academic
point of view. On the one hand, wisdom highlights valuable aspects of African ways of
life, principles and ideas that are often overlooked or ignored. On the other hand, ubuntu
holds the promise of a nonwestern tradition that has been misread and marginalised in
history, but that is reclaiming its place.
A close reading is used to interpret the particular words, images and organisation of the
scenes or passages in Proverbs 1 - 9. The interaction between the worldviews of ancient
Israel and Africa leads us to further conclusions, identifying gaps in our knowledge and
pointing to directions that could be followed in hermeneutics of which scholars have been
unaware up to now. It also helps to sharpen the focus on wisdom by suggesting new
perspectives of interpretation. The dialogue between wisdom and ubuntu leads us to fresh,
exciting insights and a deeper understanding of issues that are of central concern in the
field of wisdom theology research.
In Proverbs 1 - 9, wisdom theology is redefined from an ubuntu perspective. The
dialogue between wisdom and ubuntu thus leads us to a new development within wisdom theology. It helps us appreciate the new emphasis on communality. This does not happen
in isolation. i1Ji1' m~tl'is identified as the primal source of wisdom. It must be regarded,
however, in combination with the emphasis on living in communion with others. The
essence of the new understanding - an existential understanding of wisdom - leads us
towards appreciating the interrelatedness between human beings.
Creation theology can be understood as deed/consequence theology, where the intimate
relationship between experiencing divine awe and living in communion with others
becomes evident. The dialogue between wisdom and ubuntu redefines the
deed/consequence or causality aspect of wisdom theology as the "goal" of the wise.
It is not the aim of this dissertation to copy some previously developed theological
approach from one context into another, but rather to stimulate creative hermeneutical
thinking with regard to African views on Old Testament wisdom literature. In this study
we come to the conclusion that Afrocentric hermeneutics has the potential to be more
responsive to the context of the Old Testament wisdom literature than Western
theological exegesis has been. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die oogmerk van hierdie proefskrif is om aan te dui dat daar 'n dialoog bestaan tussen
wysheid in Spreuke I - 9 in die Ou Testament en die Afrikakonsep ubuntu. Hierdie
dialoog word duidelik wanneer 'n mens Spreuke 1 - 9 noukeurig lees en wanneer jy die
ooreenkomste bestudeer tussen die verskillende wereldbeelde wat in antieke Israel en
Afrika aangetrefword.
Umuntu ngumuntu ngabantu is 'n Zoeloegesegde waarvoor gelyksoortige begrippe in
feitlik elke Afrikakultuur suid van die Sahara bestaan. Dit kan vertaal word as: "'n Mens
is 'n mens as gevolg van (ander) mense." Dit dui op 'n unieke Afrika-wereldbeeld.
Hierdie klem op die lewe in gemeenskap vind ons ook in die wysheidsliteratuur van die
Ou Testament. Die Ou-Testamentiese wysheidsleraars heg groot waarde aan harmonie
binne die gemeenskap en rig 'n sterk appel tot gehoorsaamheid aan die wysheid om
harmonie te bewerkstellig.
Die dialoog tussen wysheid en ubuntu bied 'n groot uitdaging veral vanuit 'n akademiese
perspektief. Aan die een kant beklemtoon wysheid talle waardevolle aspekte van die
Afrikaleefwyse, -beginsels en -idees wat dikwels misgekyk word. Aan die ander kant kry
die konsep ubuntu sy regmatige plek binne die verstaan van 'n niewesterse tradisie wat
dikwels in die verlede gemarginaliseer is.
'n Noukeurige lees van die teks van Spreuke 1 - 9 word gebruik om sekere begrippe en
parafrases beter te verstaan. Die interaksie tussen die wereldbeelde van antieke Israel en
Afrika lei daartoe dat nuwe denkrigtings in die hermeneutiek, wat tot op hede nog nie
ontgin is nie, geidentifiseer word.
Die dialoog tussen wysheid en ubuntu bied dus aan navorsers 'n instrument om Spreuke 1
- 9 vanuit 'n nuwe hermeneutiese perspektief te lees. Die interaksie tussen die
verskillende wereldbeelde van antieke Israel en Afrika lei tot verdere konklusies; leemtes
in ons verstaan en vertolking word byvoorbeeld uitgewys. Verder bied dit nuwe perspektiewe op die veld van die interpretasie van wysheid. Die dialoog tussen wysheid
en ubuntu lei tot nuwe, opwindende insig en 'n beter verstaan van kwessies wat binne die
navorsing oor wysheidsteologie van belang is.
Die wysheidsteologie in Spreuke I - 9 word geherdefinieer vanuit 'n ubuntu-perspektief.
Die dialoog tussen wysheid en ubuntu lei dus tot 'n nuwe ontwikkeling binne die
wysheidsteologie. Dit stel ons in staat om die k1em op gemeenskaplikheid beter te
verstaan. Hierdie nuwe verstaan vind egter nie in isolasie plaas nie. i1VPn~rl' is steeds
die vertrekpunt vir die verstaan van wysheid. Die bogenoemde dialoog kan beter verstaan
word deur die klem wat gele word op die lewe in gemeenskap met andere. Die kern van
hierdie nuwe verstaan - 'n eksistensiele verstaan van wysheid - bring in ons 'n groter
bewuswording van die onderlinge verbondenheid tussen mense.
Skeppingsteologie kan verstaan word as oorsaak/gevolg-teologie, waar die noue
verhouding tussen ontsag vir God en lewe in verbondenheid met andere duidelik word.
Die dialoog tussen wysheid en ubuntu herdefinieer die oorsaaklgevolg- of
kousaliteitsaspek van wysheidsteologie as die "doel" van die wysheidsleraar.
Die doel van hierdie proefskrif is nie om 'n teologiese benadering vanuit een konteks
op 'n ander een van toepassing te maak nie, maar eerder om kreatiewe hermeneutiese
denke te stimuleer aangaande Afrikaperspektiewe op Ou-Testamentiese
wysheidsliteratuur. Deur hierdie studie kom ons tot die gevolgtrekking dat Afrosentriese
hermeneutiek die potensiaal het om 'n beter verstaan tot die konteks van Ou-
Testamentiese wysheidsliteratuur te bied as wat Westerse teologiese eksegese kon.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/50548
Date04 1900
CreatorsDe Wet, Daniƫl Paulus
ContributorsBosman, H. L., Stellenbosch University. Faculty of Theology. Dept. of Old & New Testament.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageen_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format231 pages
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0021 seconds