Return to search

The design and implementation of a security and containment platform for peer-to-peer media distribution / Die ontwerp en implimentasie van ’n sekure en begeslote platvorm vir portuurnetwerk mediaverspreiding

Thesis (MScEng)--Stellenbosch University, 2013. / ENGLISH ABSTRACT: The way in which people consume video is changing with the adoption of
new technologies such as tablet computers and smart televisions. These new
technologies, along with the Internet, are moving video distribution away from
satellite and terrestrial broadcast to distribution over the Internet. Services
online now offer the same content that originally was only available on satellite
broadcast television. However, these services are only viable in countries with
high speed, inexpensive Internet bandwidth. The need therefore exists for
alternative services to deliver content in countries where bandwidth is still
expensive and slow. These include many of the developing nations of Africa.
In this thesis we design and develop a video distribution platform that
relies on peer-to-peer networking to deliver high quality video content. We use
an existing video streaming peer-to-peer protocol as the primary distribution
mechanism, but allow users to share video over other protocols and services.
These can include BitTorrent, DC++ and users sharing hard drives with one
another. In order to protect the video content, we design and implement a
security scheme that prevents users from pirating video content, while allowing easy distribution of video data. The core of the security scheme requires a low
bandwidth Internet connection to a server that streams keys to unlock the
video content. The project also includes the development of a custom video
player application to integrate with the security scheme.
The platform is not limited to, but is aimed at high speed local area networks
where bandwidth is free. In order for the platform to support feasible
business models, we provision additional services, such as video cataloging
and search, video usage monitoring and platform administration. The thesis
includes a literature study on techniques and solutions to secure video entertainment,
specifically in a peer-to-peer environment. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die wyse waarvolgens mense video verbruik is aan die verander met die ingebruikneming
van nuwe tegnologie soos tabletrekenaars en slim televisiestelle.
Hierdie nuwe tegnologie tesame met die Internet maak dat die verspreiding
van video al hoe minder plaasvind deur middel van satellietuitsendings en al
hoe meer versprei word deur die Internet. Aanlyn-Internetdienste bied deesdae
dieselfde inhoud aan as wat voorheen slegs deur beeldsending versprei is.
Hierdie dienste is egter slegs lewensvatbaar in lande met hoëspoed- en goedkoop
Internetbandwydte. Daar is dus ’n behoefte aan alternatiewe tot hierdie
dienste in lande waar bandwydte steeds duur en stadig is. Baie lande in Afrika
kan in hierdie kategorie ingesluit word.
In hierdie tesis word ’n videoverspreidingsplatform ontwerp en ontwikkel,
wat van portuurnetwerke gebruik maak om hoëkwaliteit-beeldmateriaal te versprei.
Die stelsel gebruik ’n bestaande portuurnetwerk-datavloeiprotokol as
die premêre verspreidingsmeganisme, maar laat gebruikers ook toe om videoinhoud
direk met ander gebruikers en dienste te deel. BitTorrent, DC++ en
gebruikers wat hardeskywe met mekaar deel word hierby ingesluit. Ten einde die videoinhoud te beskerm ontwerp en implimenteer ons ’n sekuriteitstelsel
wat verhoed dat gebruikers die videoinhoud onregmatig kan toe-eien, maar
wat terselfdertyd die verspreiding van die data vergemaklik. Hierdie sluit die
ontwikkeling van ’n pasgemaakte videospeler in. Die kern van die sekuriteitstelsel
benodig ’n lae-bandwydte-Internetverbinding na ’n bediener wat sleutels
uitsaai om die videoinhoud te ontsluit.
Alhoewel nie daartoe beperk nie, is die platform gemik op hoëspoed-plaaslikegebiedsnetwerke
met gratis bandwydte. Om die platvorm aan ’n haalbare
sakemodel te laat voldoen het ons vir addisionele dienste soos videokatalogisering
met soekfunksies, videoverbruikersmonitering en platvormadministrasie
voorsiening gemaak. Die tesis sluit ’n literatuurstudie oor tegnieke en oplossings
vir die beskerming van video data, spesifiek in die portuurnetwerke
omgeving, in.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/85599
Date12 1900
CreatorsStorey, Quiran
ContributorsVan Rooyen, G-J., Stellenbosch University. Faculty of Engineering. Dept. of Electrical and Electronic Engineering.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageen_ZA
Detected LanguageEnglish
TypeThesis
Formatxvi, 123 p. : ill.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0024 seconds