Return to search

Die relevansie van sangvaardighede as deel van die akteur se stem- en spraakopleiding

Thesis (MDram)--University of Stellenbosch, 2000. / ENGLISH ABSTRACT: The actor's work consists of communication, in other words the transfer of intellectual
and emotional ideas. The voice is undoubtedly the most important means of auditory
communication. The development and maintenance of the actor's voice is, therefore, an
essential requirement for effective communication. The vocal development of actors and
singers is aimed at releasing the breathing process, the passage of sound through the body
and the organs of articulation, as well as the elimination of obstructive psychophysical
inhibitions.
The same body parts are used for the production of sound in both speaking and singing.
The vocal instrument may be divided into three parts, namely the respiratory system, the
glottic system and the resonators. The structure and functioning of the voice as an
instrument is in many respects somewhat complex. Knowledge of the structure and
functioning of the vocal system facilitates the prevention and elimination of speech
problems. Speech and singing, as subdivisions of voice production, are both closely
linked to the functioning of certain body parts, and it is for this reason that singing helps
to improve speech. For instance, because singing demands a larger breath capacity and
greater breath control, singing techniques contribute positively to the development of the
actor's voice. Various voice production errors and problems encountered in actors, such
as breathing-related problems, defective resonance adaptations and defective projection,
can be eliminated by means of technical exercises.
An analysis of the techniques for speech and singing reveal such a strong coincidence
that they can both be classed as voice production techniques. A singing-based approach
to vocal training will, therefore, have only a positive effect on the actor's voice
production. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die akteur se werk behels kommunikasie, dit wil sê die oordra van intellektuele en
emosionele idees. Die stem is meestalonontbeerlik as ouditiewe kommunikasiemiddel.
Daarom is die ontwikkeling en instandhouding van die akteur se stem van wesenlike
belang. Die fokus van stemontwikkeling by akteurs en sangers word gerig op die
bevryding van die asemhalingsproses, die klankgang deur die liggaam, die artikulasieorgane
en die uitwissing van stremmende psigo-fisiese inhibisies.
In spraak en sang word dieselfde liggaamsdele vir klankproduksie aangewend. Die
vokale instrument kan in drie verdeel word, naamlik die asemhalingstelsel, die glottale
stelsel en die resonators. Die bou en werking van die stem as instrument is in vele opsigte
kompleks. Kennis van die bou en werking van die vokale instrument kan egter tot die
voorkoming of verbetering van stem- en spraakprobleme lei. Spraak en sang as
onderafdelings van stemproduksie skakelonderling met betrekking tot die betrokkenheid
van sekere liggaamsdele en hul funksies, en derhalwe ondersteun sangoefeninge
spraakproduksie. Aangesien sang egter 'n groter asemkapasiteit en sterker asembeheer
verg as spraak, kan sangtegniese oefeninge positief bydra tot die akteur se
stemontwikkeling. Verskeie stemfoute en stemprobleme van die akteur kan verbeter word
met behulp van tegniese oefeninge, naamlik asemverwante probleme, gebrekkige
resonansie-aanpassings en gebrekkige projeksie.
'n Ontleding van die tegnieke van spraak en sang dui op so 'n sterk ooreenkoms dat
beide as stemtegnieke geklassifiseer kan word. Daarom sal 'n sangtegniekmatige
benadering tot stemopleiding die spraakstem van die akteur positiefbeïnvloed.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/51720
Date12 1900
CreatorsStoltz, Christelle
ContributorsKruger, M. S., Stellenbosch University. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Drama.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageaf_ZA
Detected LanguageEnglish
TypeThesis
Format98 p. : ill.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.1132 seconds