Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2003. / ENGLISH ABSTRACT: Utopia, Philosophy and Hermeneutics
Exploring the thought of Gianni Vattimo
Article I:
The End of Utopia
An explanation for the rise of distopia in popular culture with reference to the ideas of
Gianni Vattimo
In this article the development of utopianism is described by tracing it back to its
original classical form, following it through its modernistic form and finally
describing distopia as the postmodern form of utopia. Using the ideas of Gianni
Vattimo, distopia is interpreted as the creative embodiment of the "counterfinality of
reason". In this way distopia acts as a critique of modem rationalism. The question is
raised if it is possible to speak of "the end of utopia" in postmodern times. It is
concluded that utopian thought remains and functions as a necessary fiction in
postmodern ethics.
Article II:
An Appropriate Postmodern Philosophy
A discussion of the hermeneutics of Gianni Vattimo
The aim of this article is to discuss the radical hermeneutics proposed by the Italian
philosopher Gianni Vattimo. Vattimo declares a radicalization of hermeneutics to be
the only consistent, persuasive and valid approach to the postmodern conditions of
existence we find ourselves in today. In order to explain what this approach entails,
and how Vattimo justifies it, this article discusses his interpretation of the history (and
end) of modernity, as well as his proposals for a new task for philosophy, and for a
postmodern ethics. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Utopie, Filosofie en Hermeneutiek
'n Verkenning van die denke van Gianni Vattimo
Artikel I:
Die Einde van Utopie
'n Verklaring vir die opkoms van distopie in populêre kultuur
aan die hand van die idees van Gianni Vattimo
Hierdie artikel beskryf die ontwikkeling van utopianisme deur die oorspronklike
klassieke en latere modernistiese vorme daarvan na te gaan, en uiteindelik distopie te
beskryf as die postmoderne vorm van utopie. Met verwysing na die denke van Gianni
Vattimo word distopie geïnterpreteer as die kreatiewe beliggaming van die
"kontrafinaliteit van rede". Op hierdie manier lewer distopie kritiek op moderne
rasionalisme. Die vraag word gevra na die moontlikheid daarvan om te kan praat van
"die einde van utopie" in postmoderne tye, en uiteindelik word tot die gevolgtrekking
gekom dat utopiese denke steeds 'n rol het om te speel as 'n noodsaaklike fiksie binne
'n postmoderne etiek.
Artikel II:
'n Gepaste Postmoderne Filosofie
'n Bespreking van die hermeneutiek van Gianni Vattimo
Die doel van hierdie artikel is om die Italiaanse filosoof Gianni Vattimo se voorstel
vir 'n radikale hermeneutiek te bespreek. Vattimo is oortuig daarvan dat 'n
radikalisering van hermeneutiek die enigste konsekwente, oortuigende en geldige
benadering is tot die postmoderne bestaanstoestande waarbinne ons onsself vandag
bevind. In 'n poging om te verduidelik wat hierdie benadering behels, en hoe Vattimo
dit regverdig, word sy interpretasie van die geskiedenis (en einde) van moderniteit
bespreek, asook sy voorstelle vir 'n nuwe taak vir die filosofie, en vir 'n postmoderne
etiek.
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/53708 |
Date | 12 1900 |
Creators | Engelbrecht, Schalk Willem Petrus |
Contributors | Van Der Merwe, W. L., Stellenbosch University. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Philosophy. |
Publisher | Stellenbosch : Stellenbosch University |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | af_ZA |
Detected Language | Unknown |
Type | Thesis |
Format | [viii], 52 p. |
Rights | Stellenbosch University |
Page generated in 0.002 seconds