Return to search

Aspekte van die Afrikaanse poësie van die tagtigerjare

Text in Afrikaans / Die Afrikaanse poesie van die tagtigerjare toon 'n ryke verskeidenheid
deurdat ouer digters soos Eybers, Breytenbach, Cussons,
Stockenstrom en Ernst van Heerden voortdig en 'n groot aantal
nuwelinge na vore tree. Hoewel die groep digters die grense van
"generasie" ver oorskry, blyk dit dat hulle 'n baie
li tererbewuste groep kunstenaars is wie se poesie verskeie
gemeenskaplike trekke openbaar. Uit die groot verskeidenheid
blyk dat sekere temas, soos pyn, aftakeling, dood, liefde, godsdiens
asook sosio-kulturele en politieke aktualiteite steeds as
die gewildste onderwerpe figureer. 'n Deel van die studie word
daaraan gewy om aan te toon hoe hierdie temas in die jonger
Afrikaanse poesie vergestalting vind.
'n Terna wat 'n besliste vernuwende aspek in die Afrikaanse poesie
bring, is die homoerotiek. Die groter openheid oor homoseksualiteit
gee aanleiding tot eksplisiete homoerotiese verse,
veral by Joan Hambidge en Johann de Lange. As gevolg van die
terroristiese bedrywighede en militere optrede aan die landsgrense gedurende die sewentiger- en tagtigerjare beleef die Afrikaanse
literatuur die opkoms van die sogenaamde grensliteratuur
as 'n vernuwende aspek van die tema van oorlog en geweld wat van
die vorige dekade af oorspoel. Verder word aandag gegee aan die
verskynsel van inter(-)tekstualiteit, wat weens die omvang
daarvan in die kreatiewe en beskouende literatuur,
perspektiefverandering in die Afrikaanse poesie teweegbring. 'n Verdere vernuwende aspek wat aangetoon word, is die wegbeweeg
van die beoef ening van die loss er, vryer versvorm van die
sestiger- en vroee sewentigerjare na 'n strenger vormbeheer en -
dissipline. Die skryf van 'n meer tradisionele tipe poesie word
by verskeie digters aangetoon. Die bydrae van tydskrifte en
tydskrifverse tot die Afrikaanse poesie word ondersoek. Saam met
die verskyning van talle bundels populere poesie, waar die klem
veral op die volkskwatryn, sonnet en limerick val, speel die
tydskrifte 'n besondere rol om Afrikaanse poesie vir 'n breer
leserspubliek toeganklik te maak. Daar word tot die
gevolgt~ekking gekom dat die digters van die tagtigerjare die
"demokratisering" van die Afrikaanse letterkunde veel verder
gevoer het en dat die reikwydte van Afrikaans daardeur uitgebrei
is / The rich diversity of Afrikaans poetry of the eighties is displayed
by the fact that many of the older poets, such as Eybers,
Breytenbach, Cussons, Stockenstrom and Ernst van Heerden, have
continued writing poetry, while a large number of newcomers have
appeared on the scene. Although these poets far exceed the
"generation" boundaries, they are evidently a very literary-aware
group of artists, whose work has a number of traits in common.
Certain themes, such as pain, decadence, death, love and
religion, as well as socio-cultural and political realities,
remain popular topics. Part of this study is to show how these
themes are expressed in contemporary Afrikaans poetry.
A decidedly new aspect of Afrikaans poetry is homo-eroticism.
The more open approach to homosexuality gives rise to explicit
homo-erotic poems, especially those of Joan Hambidge and Johann
de Lange. As a result of terrorist activities and military
action on our borders during the seventies and eighties,
Afrikaans literature saw the beginning of the so-called border
literature as a renewal of the war and violence theme, a relic
from the previous decade. Inter(-)textuality is explored, which,
due to its influence on creative and reviewing literature, has
brought about a change in the perspective of Afrikaans poetry.
A further renewal highlighted, is the moving away from the
unstructured and freer verse form of the sixties and early
4
seventies to a stricter, controlled and disciplined form. The
more traditional type of poetry written by various poets is
discussed. The contribution by periodicals and poems in
periodicals to Afrikaans poetry is explored. Together with the
numerous volumes of popular poetry published, emphasizing the
national quatrain, sonnets and limericks, periodicals play an
important role in making Afrikaans poetry more accessible to a
broader reading public. The conclusion is reached that the poets
of the eighties promoted the "democratization" of Afrikaans
literature, thereby extending its influence / Afrikaans & Theory of Literature / D. Litt. et Phil. (Afrikaans)

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:umkn-dsp01.int.unisa.ac.za:10500/18067
Date05 1900
CreatorsBasson, Coenraad Hendrik
ContributorsSnyman, N. J. (Nicolaas Johannes) -- 1934-
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format1 online resource (ii, 303 leaves)

Page generated in 0.0033 seconds