Return to search

Opvoeding en onderwys van verstandelik erg gestremde kinders : 'n histories-pedagogiese perspektief

Text in Afrikaans / In hierdie studie is die opvoedingspraktyke van verskillende samelewings met betrekking tot verstandelik erg gestremde kinders histories-analities ondersoek. Die tendense wat telkens onderliggend aan veranderinge was, is geidentifiseer en aan die hand van pedagogiese kriteria geevalueer. In die antieke Griekse en Romeinse beskawings is 'n praktyk van uitwissing gevplg. Die Christelike godsdiens bet 'n meer verdraagsame houding meegebring, maar in die Middeleeue bet onkunde en bygeloof nog steeds hoogty gevier. Eers vanaf die agtiende en negentiende eeu bet groter kennis en 'n nuwe kindbeeld tot 'n meer rasionele benadering tot die verskynsel van verstandelike gestremdheid gelei. Pioniers, veral medici, bet na vore getree en die weg gebaan vir 'n beter
bedeling vir hierdie kinders. Dit was egter eers in die tweede helfte van die twintigste eeu dat onderwys aan
verstandelik erg gestremdes 'n werklikheid geword bet. Die beginsel van normalisasie is toenemend op dienste wat aan hierdie kinders verskaf is, toegepas en het tot gevolg gehad dat wetgewing met betrekking tot die onderwys aan verstandelik erg gestremde kinders tans in die toonaangewende lande en in SuidAfrika
op 'n handves vir menseregte geskoei is. Hierdie bevindings bet segwaarde vir die huidige situasie ten opsigte van die beplanning van onderwysvoorsieninge vir verstandelik erg gestremde kinders in die Republiek van Suid- Afrika. / In this study the education practices with regard to severely mentally handicapped children of various societies have been investigated from a historic-analytical perspective. The trends related to a certain anthropologic view and a specific child image, which have been the cause of certain changes have also been identified
and were evaluated according to pedagogic criteria. In the ancient Greek and Roman civilizations a trend of infanticide influenced the education of severely mentally handicapped children. The Christian religion
brought a more tolerant attitude, but during the Middle Ages superstition and ignorance were still at the order of the day. It was only from the eighteenth and nineteenth centuries that more knowledge and a new child image brought about a more rational approach to this problem. Pioneers, mostly medical surgeons, came to the fore and paved the way for a better dispensation for these children. In the latter part of the twentieth century education for the severely mentally handicapped had for the first time become a reality. The normalization principle was increasingly applied to all services rendered to these children and this resulted in legislation regarding the education of severely mentally handicapped children in all leading countries and in South Africa being based on a declaration of human rights. These findings have an important meaning for the present situation with reference to the planning of education services for severely mentally handicapped children in South-Africa. / Educational Studies / M. Ed. (Historiese Opvoedkunde)

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:uir.unisa.ac.za:10500/17772
Date11 1900
CreatorsVan Vuuren, A. J.
ContributorsSmith, T. G., Du Toit, L.
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeDissertation
Format1 online resource (xiii, 165 leaves)

Page generated in 0.0055 seconds