Summaries in Afrikaans and English / Text in Afrikaans / Deur die navorsing word aangetoon dat openbare skakeling en
skoolbemarking wat huidig nog op 'n baie lae vlak in die
Suid-Afrikaanse skoolwese funksioneer, 'n al grater noodsaaklikheid
in Suid-Afrika gaan word.
Die veranderings wat in die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel beoog
en aangebring word, met spesifieke verwysing na die desentralisering
van die voorsiening, bestuur en beheer van die onderwys,
het gelei tot die ontstaan van
staatsondersteunde skole;
'n behoefte aan nuwe, bykomende bronne van finansiering
vir die onderwys; en
'n behoefte aan toenemende ouer- en gemeenskapsbetrokkenheid
by die onderwys.
Dit het gelei tot 'n dringende behoefte aan verbeterde openbare
betrekkinge en skoolbemarking.
Met hierdie studie het die navorser gepoog om vas te stel
waarom openbare skakeling en skoolbemarking in die nuwe
Suid-Afrikaanse onderwysbestel noodsaaklik is;
wat die aard van openbare skakeling en skoolbemarking is;
wat die rol, funksies, terrein en werkswyses van openbare
skakelbeamptes en skoolbemarkers in die
staatsondersteunde skoal behels; en
hoe die openbare skakeltaak van 'n skool gereel kan word
en wat die eienskappe van die openbare skakel- en bemarkingsbeampte
behoort te wees. Dit is gedoen ten einde te
bepaal wat die opleiding van openbare skakelbeamptes en
skoolbemarkers in Suid-Afrika behoort te behels en om 'n
model op te stel vir, en strategie vas te stel waarvolgens
die huidige situasie in Suid-Afrika ten beste en
op die mees ekonomiese wyse aangepak kan word.
Uit die ondersoek blyk dit dat die hantering van openbare skakeling
en skoolbemarking in staatsondersteunde skole in SuidAfrika
in die proaktiewe opbou, skeppingĀ·en handhawing van 'n
vertrouensverhouding met al die belanghebbendes le. Dit behels
onder meer dat die bestuursrade en bestuurskomitees van staats-
ondersteunde skole die reg en mag het
om besluite aangaande geordende, doelgerigte openbare
skakeling en skoolbemarking te neem en dit tot voordeel
van die skool aan te wend; en
om besluite oor die aanstelling van beamptes en/of
daarstelling van fasiliteite vir die opleiding van
openbare skakel- en bemarkingsbeamptes te neern.
Voorts beskik skole oor 'n ryk bron van mensepotensiaal vir
openbare skakeling en skoolbemarking wat ontwikkel kan en behoort
te word. / The results of this research show that public relations and
school marketing which at present play a very low-key role in the
South African school system, is going to become an absolute necessity
in future.
The changes planned and brought about in the South African
education system, with special reference to the decentralisation
of the supply, management and control of education, have resulted
in
* the inception of state-aided schools;
* a need for new and additiona! financial resources for
education; and
* a need for increased parent and community participation
in education.
These, in turn, have led to a urgent need for improved public
relations and marketing in schools.
The aims of this study were to ascertain
why public relations and the marketing of schools have
become necessary in the new dispensation of education in
South Africa;
what the nature of public relations and marketing in
schools comprises;
what the role, function, area and work method of public
relations and marketing officers in schools are; and
how the public relations task can be organised and executed
in a school and what characteristics the public
relations and marketing officer should ideally have. This
was done in order to ascertain what the training of
public relations and marketing officers in South Africa
should encompass and also to enable the researcher to
draw up a model and strategies for the best and most
economic way in which to rectify the current situation in
South African education.
It has emerged from this research that the handling of public
relations and marketing in the state-aided school in South Africa
lies in the proactive creation, development and maintenance of
a trusting relationship between all interested parties. It also
emerged that managing councils of state-aided school have the
right and power to
make decisions regarding ordered, purposeful public
relations and marketing to the benefit of their schools;
and
decide about the appointment of officers and/or ,creation
of facilities for the training of public relations and
marketing officers.
Furthermore, schools have a rich source of people potential for
public relations and school marketing which can and should be
developed. / Educational Leadership and Management / D. Ed. (Education Management)
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:uir.unisa.ac.za:10500/17685 |
Date | 01 1900 |
Creators | Schoeman, Martha Margaretha |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | Afrikaans |
Detected Language | Unknown |
Type | Thesis |
Format | 1 online resource (xii, 282 leaves) |
Page generated in 0.002 seconds