Return to search

Aanvaarding van roetine MIV berading en toetsing in die konteks van die gesondheidsoortuigingsmodel

Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2011. / ENGLISH ABSTRACT: South Africa is one of the countries with the highest HIV prevalence rates worldwide and
younger age groups are often disproportionately affected. Knowledge of HIV status is regarded
as an important prevention strategy for reducing HIV transmission and infection and it is viewed
as a means to access antiretroviral therapy. Routine HIV Counseling and Testing (RCT) can
significantly increase knowledge of HIV status, but it is unclear whether RCT will be accepted if
offered. The aim of this study was to determine whether the main dimensions of the Health
Belief Model (HBM) namely, perceived susceptibility, perceived severity, perceived benefits and
perceived barriers can predict acceptance of RCT. A second objective of the study was to
determine if the variable of the HBM, namely cue’s to action could significantly contribute to
predicting acceptability of RCT.
A sample of 1113 students at the University of Stellenbosch in the Western Cape
Province of South Africa completed a structured questionnaire, measuring the acceptability of
RCT. Multiple regression analysis was used to analyze the data and it was found that the main
dimensions of the HBM could explain 25.1% of the variance in acceptance of RCT. It was
however found that the variable perceived severity did not make a significant individual
contribution to predicting acceptability of RCT. The addition of the variable cues to action also
did not make a significant individual contribution to the prediction of RCT.
It was therefore found that the HBM could partially, but not in its entirety, predict
acceptability of RCT among the student population. Interventions should therefore aim to
increase perceived benefits of RCT, reduce perceived barriers to RCT and facilitate correct
personal risk assessment in order to increase perceived susceptibility. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Suid-Afrika is een van die lande met die hoogste MIV voorkomsyfers wêreldwyd en jonger
ouderdomsgroepe word dikwels disproporsioneel geaffekteer. Kennis van MIV status word
beskou as ’n belangrike voorkomingstrategie vir die vermindering van MIV oordrag en
infektering en dit baan verder ook die weg tot antiretrovirale terapie. Roetine MIV Berading en
Toetsing (RBT) kan daarin slaag om kennis van MIV status aansienlik te verhoog, maar dit is
egter onduidelik of RBT aanvaar sal word, indien dit aangebied word. Die hoofdoel van hierdie
studie was om te bepaal of die hoofdimensies van die Gesondheidsoortuigingsmodel (GOM),
naamlik waargenome vatbaarheid, waargenome erns, waargenome voordele en waargenome
hindernisse, aanvaarding van RBT sal kan voorspel. ’n Verdere oogmerk van die studie was om
te bepaal of die veranderlike van die GOM, naamlik aanwysings tot aksie, ’n beduidende bydrae
tot die voorspelling van aanvaarding van RBT kon lewer.
’n Steekproef van 1113 studente aan die Universiteit van Stellenbosch in die Weskaap
Provinsie van Suid-Afrika het ’n gestruktureerde vraelys, vir die meting van aanvaarding van
RBT, voltooi. Veelvuldige regressie-analise was gebruik om die data te analiseer en daar was
bevind dat die hoofdimensies van die GOM 25.1% van die variansie in aanvaarding van RBT
kon voorspel. Die veranderlike waargenome erns het egter nie ’n beduidende individuele bydra
tot die voorspelling van RBT gelewer nie. Die byvoeging van die veranderlike aanwysings tot
aksie het verder ook nie ’n beduidende individuele bydrae tot die voorspelling van RBT gelewer
nie.
Daar is dus bevind dat die GOM gedeeltelik, maar nie as geheel nie, aanvaarding van
RBT onder die studentepopulasie kan voorspel. Intervensies behoort daarom te fokus op die vermeerdering van waargenome voordele verbonde aan RBT, die vermindering van waargenome
hindernisse tot RBT en korrekte persoonlike risiko-evaluering vir die verhoging van
waargenome vatbaarheid vir MIV.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/17795
Date12 1900
CreatorsNothling, Jani
ContributorsKagee, Ashraf, Stellenbosch University. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Psychology.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageaf_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format158 p.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0063 seconds