Return to search

Die voorligtingsbehoeftes van Sekondêre leerlinge in 'n benadeelde gemeenskap en die implikasies daarvan vir hul groepvoorligtingsprogram:'n opvolgstudie

Philosophiae Doctor - PhD / Hierdie ondersoek is onderneem om die voorligtingsbehoeftes van leerlinge in sekondêre Kleurlingskole in Wes-Kaapland te bepaal en die implikasies daarvan vir hul groepvoorligtingsprogram aan te toon. Die navorser het ook die bevindings van die huidige ondersoek met die van sy meningsopnames in 1979 en 1983 vergelyk. 'n Literatuurstudie is aangewend om die aard, doelstellings en beginsels van groepvoorligting te kelingstake van die Westerse en Afrikaanse - adolessent te ondersoek, formuleer, die ontwikspesifiek die Suiden lig te werp op die
spesifieke ontwikkelingsbehoeftes en -probleme waarmee Kleurlingjeugdiges te kampe het. Vraelyste deur leerlinge en skoolvoorligters voltooi, het die relevantheid van die amptelike program se groepvoorligtingsonderwerpe beoordeel, aangedui watter moontlik bestaande onderwerpe kan vervang of daarby gevoeg kan word, en kommentaar oor die inhoud en aanbieding van die huidige program gelewer.
Ten opsigte van di,e~~rd van groepvoorligting is bevind dat die huidige Handleiding en Program slegs enkele vereistes toelig en dus hersien behoort te word om alle essensiale aspekte van voorligting te dek. Die afwesigheid van spesifieke dQelá!allinaá vir groepvoorligting
in die amptelike handleiding voorsien nie die nodige riglyne aan voorligters vir hul taak nie, en dus is 'n reeks doelstellings in funksionele terme geformuleer. Havighurst (1972) se formulering van adolessente ontwikkelingstake, aangevul deur die navorsing van Burns (1988), kan
as n bruikbare raamwerk vir die terrein van groepvoorligting gebruik word. Dis is voorgestel dat elke sekondêre standerd persoonlikheidsvoorligting, voorligting, opvoedkundige voorligting en voorligting behoort te ontvang. sosiale beroeps- Ten opsigte
het die onderwerpe van die inhoud van 'n groepvoorligtings programliteratuurstudie onder andere aangetoon dat by die leerlinge se ontwikkelingsvlak en veranderende behoeftes aansluiting moet vind, die program buigsaam moet wees om by plaaslike vereistes te kan aanpas, en dat die klem op die bevordering van leerlinge se persoonlike waardestelsels behoort te val Dit het uit die resultate van die empiriese ondersoek geblyk dat beide leerlinge en voorligters die oorgrote meerderheid onderwerpe van die amptelike program as van besondere belang beskou. Weens die erns en omvang van die voorligtingsbehoeftes wat geIdentifiseer is, blyk egter 'n aansienlike
uitbreiding van die program aangewese te wees. Binne elke standerd behoort 'n beperkte aantal "verpligte" onderwerpe aangebied te word, terwyl minstens die helfte van dievoorligtingstyd aan opsionele onderwerpe in ooreenstemming met leerlinggroepe se besondere behoeftes bestee behoort te word. Persoonlikheids- en sosiale voorligting enersyds en opvoedkundige en beroepsvoorligting andersyds moet die twee
gelykwaardige komponente van so 'n program uitmaak Dié response van die leerlinge en voorligters stem in 'n hom mate met die van die vorige ondersoeke ooreen. n Veel groter sensitiwiteit ten opsigte van gemeenskaps probleme en interpersoonlike verhoudings, asook 'n sterker behoefte aan probleemoplossingsvaardighede en geslags- en beroepsvoorligting het egter geblyk. Dus is onder andere aanbeveel
dat geslagsvoorligting as n afsonderlike program aangebied en die bestaande samewerking met privaat tingsinstansies voortgesit sal word. In verband met die aanbieding van groepvoorligtingslesse is die skep van 'n ontspanne atmosfeer, bevorderlik vir aktiewe
leerlingdeelname, vrye meningswisseling en persoonlike meningsvorming, beklemtoon. Bepaalde administratiewe maatreels is voorgestel ten einde die sukses verseker. van 'n hersiene groepvoorligtingsprogram te help Verder is sekere aanbevelings gemaak om
voorligters se professionele status te verhoog.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:uwc/oai:etd.uwc.ac.za:11394/8407
Date January 1990
CreatorsGouws, Andre
ContributorsDe Villiers, D.I.
PublisherUniversity of the Western Cape
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
RightsUniversity of the Western Cape

Page generated in 0.0025 seconds