Return to search

Perceptions of primary school principals about the assessment of learner performance in mathematics within outcome based education.

M.Ed. / The transformasieproses in Suid-Afrika met die instelling van Uitkomsgebaseerde Onderwys, asook die implementering van die Nasionale Assesseringsbeleid tesame met snelle ontwikkeling in die onderrig en leer van wiskunde, het ‘n veranderde siening van die skoolhoof se rol, funksie en verantwoordelikhede teweeg gebring. Een omvattende verandering vir die skoolhoof is om te verseker dat ‘n skool gehalte onderrig en leer voorsien en in stand hou. Die tranformasie in die onderwys het daartoe aanleiding gegee dat die navorser ondersoek ingestel het na die persepsies van skoolhoofde ten opsigte van die assessering van leerderprestasie in wiskunde binne die Uitkomsgebaseerde Onderwysparadigma. Hierdie navorsig gee die verskillende persepsies wat laerskoolhoofde oor die aard van wiskunde en die assessering van leerderprestasie in wiskunde het. ‘n Kwantitatiewe navorsingsmetode is gebruik om skoolhoofde se persepsies oor die assessering van leerderprestasie in wiskunde te identifiseer. Tesame hiermee het ‘n literatuuroorsig die raamwerk vir die ondersoek voorsien. Die doel van die navorsing was om die persepsies onderliggend aan skoolhoofde se bestuur van assesseringshandelinge te identifiseer. ‘n Gestruktureerde vraelys is as navorsingsinstrument gebruik. Die sleutelbevindings van hierdie navorsing was dat laerskoolhoofde uiteenlopende persepsies van die aard van wiskunde en die assessering van leerderprestasie in wiskunde het. Hulle persepsies van die aard van wiskunde spruit uit die manier waarop hulleself in wiskunde onderrig is, die manier waarop hulle geassesseer is, en hulle oortuigings en houdings oor wiskunde en assessering. Die volgende sleutelaspekte het uit hulle persepsies van die assessering van leerderprestasie in wiskunde en hulle rol om te verseker dat gehalte onderwys voorsien word, na vore gekom: • ‘n Gebrek aan begrip vir die aard van wiskundige kennis. • ‘n Gebrek aan begrip van die essensie van uitkomsgebaseerde assessering. • Beperkte kennis en begrip van hedendaagse sienings oor die onderrig en leer van wiskunde. Ten slotte is dit duidelik dat deur opleiding en ontwikkelingsprogramme en sterk ondersteuningstrukture, skoolhoofde ondersteun kan word om die assessering van leerderprestasie doeltreffend te bestuur en die voorsiening van gehalte onderrig en leer in wiskunde te verseker. / Mr. D.R. Mestry

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:uj/uj:11942
Date14 October 2008
CreatorsMdluli, Manono Angeline
Source SetsSouth African National ETD Portal
Detected LanguageUnknown
TypeThesis

Page generated in 0.0015 seconds