Return to search

The principals' and senior educators' perception on factors influencing the academic achievement of grade 12 learners

M.Ed. / Die algemene daling in nasionale slaagsyfer van matrikulante oor die laaste paar jaar was 'n bron van kommer vir die navorser. Die uitslae van sekondêre skole in die Newcastle-distrik van KwaZulu-Natal was besonder kommerwekkend. Daar is skole met gereelde goeie prestasies, maar ook skole wat swak presteer. Dit was dus nodig om die faktore wat die akademiese uitslae van die graad 12 leerders van hierdie distrik beinvloed, na te vors. `n Literatuurstudie het getoon dat daar (hie kategoriee faktore is wat akademiese prestasie in graad 12 beinvloed: • individuele eienskappe (kenmerkende eienskappe); • skoolverwante faktore; en • nie-skoolverwante faktore. Na aanleiding van hierdie opname is 'n gestruktureerde vraelys met 58 gerigte items opgestel. Die persepsies van prinsipale en senior-leerkragte is gepeil ten opsigte van die mate waartoe elke item die akademiese prestasies van graad 12 leerders in hul skole kan beivloed. Goeie terugvoering is ontvang naamtik 79,22% van die vraetyste was vir analises bruikbaar. Hierdie data is deur die Statistiese Konsultasiediens van die Randse Afrikaanse Universiteit verwerk. Die eerste faktor analitiese prosedure van die data het agt faktore geidentifiseer. 'n Tweede faktor analitiese prosedure het net twee faktore gelewer: die Versterkers (53 items) van akademiese prestasie en die Inhibeerders (stremmende invloed) (5 items) op akademiese prestasie.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:uj/uj:10159
Date12 September 2012
CreatorsGambu, Jabulani Andries Amos
Source SetsSouth African National ETD Portal
Detected LanguageUnknown
TypeThesis

Page generated in 0.0025 seconds