Return to search

Selfkonsep en veerkragtigheid van 50- tot 60 jarige muurbalspelers

Thesis (MA (Psychology))--University of Stellenbosch, 2009. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie verkennende studie is onderneem om die rol van fisiese welstand rakende
algehele geestesgesondheid te ondersoek. Die hoofdoelstelling is om vas te stel of
daar verskille is tussen die selfkonsep en veerkragtigheid van ‘n groep individue wat
kompeterend aan muurbal deelneem (vir ten minste die afgelope 12 maande) en ‘n
ander groep wat geensins aan enige fisiese oefening deelneem nie (ook vir die
afgelope 12 maande). Beide die groepe behoort tot die ouderdomsgroep van 50- tot
60 jariges. Hierdie navorsing is aangepak binne die positiewe paradigma van
sielkunde as die wetenskaplike bestudering van die oorspronge, die prosesse en
meganismes rakende optimale vlakke van menslike funksionering.
Binne die kwantitatiewe benadering is ‘n vergelykende navorsingstipe gebruik.
Sestig deelnemers is vir die doel van die studie gebruik. Die deelnemende groep
(n=30) neem op ʼn gereelde basis aktief deel aan georganiseerde muurbal in die
Meestersliga van die Westelike Provinsie se Muurbalunie. Die nie-deelnemende
groep (n=30) het bestaan uit dertig individue wat glad nie aan enige fisiese oefening
deelneem nie. Drie meetinstrumente is deur al die respondente voltooi, naamlik die
Demografiese Vraelys, die Rosenberg Selfkonsepvraelys en die
Veerkragtigheidsvraelys.
Statisties beduidende verskille is gevind tussen die selfkonsep en veerkragtigheid
van die deelnemende groep en nie-deelnemende groep. Die deelnemende groep
het ʼn hoër selfkonseptelling en veerkragtigheidstelling as die nie-deelnemende
groep getoon. / ENGLISH ABSTRACT: This explorative study was undertaken to investigate the role of physical well-being
regarding mental wellness. The main objective was to establish whether there is a
difference in the self-concept and resilience of a group of individuals who participate
in squash on a competitive level (for at least the past 12 months) and an age
equivalent that does not take part in any physical exercise (for also at least the past
12 months). Both these group’s members belong to the age group of 50 to 60 year
olds. This research was located in the paradigm of positive psychology as the
scientific study of the origins, processes and mechanisms regarding the levels of
optimal human functioning.
In this quantitative approach a comparative research method was used. Sixty
persons were included in the sample of the study. Members of the participating
group (n=30) take part in organised squash actively in the Masters League of the
Western Province Squash Union on a regular basis. The non-participating group
(n=30) consisted of individuals that do not take part in any physical exercise. Three
measuring instruments were completed by all the respondents, namely the
Demographic Questionnaire, the Rosenberg Self-Concept Questionnaire and the
Resilience Questionnaire.
Significant statistical differences were found in measures of the self-concept and
resilience between the participating group and the non-participating group. The
participating group showed a higher self-concept score and resilience score than the
non-participating group.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/2598
Date12 1900
CreatorsMeiring, Liezl
ContributorsNaidoo, A. V., University of Stellenbosch. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Psychology.
PublisherStellenbosch : University of Stellenbosch
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
RightsUniversity of Stellenbosch

Page generated in 0.0021 seconds