Thesis (MScSportSc)--University of Stellenbosch, 2004. / ENGLISH ABSTRACT: The purpose of the study was to measure the responses of chronic obstructive
pulmonary disease patients to an exercise programme in a South Africa setting. Nine
subjects were evaluated before and after aerobic and resistance training three times a
week for the total of 12 weeks. Each evaluation measured forced expiratory lung
function; health-related quality of life; functional capacity; level of dyspnea; body
composition; physician global evaluation; and the patient global evaluation. The
exercise programme consisted of one-hour exercise sessions, three times a week for 12
weeks. The exercise sessions included elements of aerobic and resistance training of
the upper and lower extremities. Functional capacity improved drastically (p < 0.01),
as did the physician and the patient global evaluations (p < 0.01 and p < 0.01,
respectively). Levels of dyspnea also improved (p < 0.01). Health-related quality of
life improved marginally (p = 0.03). No significant change was noted in lung function
and body composition. The study concluded that an exercise programme consisting of
aerobic and resistance training improves chronic obstructive pulmonary disease
patients' health-related quality of life, functional capacity and levels of dyspnea.
Exercise also reduces the symptoms of chronic obstructive pulmonary disease as are
perceived by the physician and patient alike. Exercise does not change lung function or
body composition of chronic obstructive pulmonary disease patients. Exercise in
conjunction with appropriate medical treatment has the potential to benefit all chronic
obstructive patients in South Africa.
Keywords: COPD, quality oflife, functional capacity, rehabilitation, exercise. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die doel van die studie was om die reaksies te meet van pasiënte met chroniese
obstruktiewe pulmonêre siekte op 'n oefenprogram in 'n Suid-Afrikaanse konteks.
Nege proefpersone is voor en na aërobiese en weerstandsoefening drie keer per week
vir 'n totaal van 12 weke geëvalueer. Elke evaluering het die volgende gemeet:
geforseerde ekspiratoriese longfunksie, gesondheidsverwante lewenskwalitiet,
funksionele kapasiteit; dispneevlak, liggaamsamestelling; geneesheer algehele
evaluering asook pasiënt algehele evaluering. Die oefenprogram het uit een-uur sessies
bestaan, wat drie keer per week vir 12 weke plaasgevind het. Die oefensessies het
elemente van aërobiese en weerstandsoefeninge van die boonste en onderste ledemate
ingesluit. Funksionele kapasiteit het drasties verbeter (p < 0.01), net so ook die
geneesheer en pasiënt algehele evaluerings (p < 0.01 en p < 0.01, respektiewelik).
Dispneevlakke het ook verbeter (p < 0.01). Gesondheidsverwante lewenskwaliteit het
marginaal verbeter (p = 0.03). Geen beduidende veranderinge is in die longfunksie en
liggaamsamestelling gevind nie. Die studie het bevind dat 'n oefenprogram wat uit
aërobiese en weerstandsoefening bestaan gesondheidsverwante lewenskwaliteit,
funksionele kapasiteit asook dispneevlakke van pasiënte met chroniese obstruktiewe
pulmonêre siekte verbeter. Oefening verminder ook die simptome van chroniese
obstruktiewe pulmonêre siekte soos waargeneem deur beide die geneesheer en pasiënt.
Oefening verander ook nie longfunksie of liggaamsamestelling van pasiënte met
chroniese obstruktiewe pulmonêre siekte nie. Oefening tesame met die geskikte
mediese behandeling kan voordelig wees vir chronies obstruktiewe pasiënte in Suid-
Afrika.
Keywords: KOPS, lewenskwaliteit, funksionele kapasiteit, rehabilitasie, oefening.
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/50143 |
Date | 12 1900 |
Creators | Brown, Jennifer Leigh |
Contributors | Barnard, J. G., Joubert, J. R., Stellenbosch University. Faculty of Education. Dept. of Sport Science. |
Publisher | Stellenbosch : Stellenbosch University |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | en_ZA |
Detected Language | Unknown |
Type | Thesis |
Format | 146 p. : ill. |
Rights | Stellenbosch University |
Page generated in 0.0023 seconds