Dissertation (PhD)--University of Stellenbosch, 2007. / ENGLISH ABSTRACT: This thesis is a collection of eight essays on links between stock market development and
economic growth in selected African countries. In the first essay an overall index of
stock market development shows that South Africa, Mauritius, Zimbabwe, Morocco and
the BRVM in Cote d’Ivoire have the most developed stock markets in terms of market
size, liquidity and transactions cost indicators. However, Nigeria and Egypt also emerge
when institutional development is considered. Ghana, Malawi and Namibia have the
least developed stock markets. Results from the second essay on stock markets and
growth show a positive relationship between stock market development and economic
growth. This positive influence is significant for countries classified as upper-middleincome
economies. On the basis of market capitalization groupings, stock market
developments play a significant role in growth only for moderately capitalized markets.
Form the third essay exchange rate depreciation in the long-run leads to increases in
stock market returns in Tunisia. Exchange rate movement leads to stock market returns
in Egypt, while stock market returns lead to exchange rate movement in Kenya and
Mauritius. Shocks induced by either stock market returns or exchange rate changes are
more protracted in Ghana, Kenya, Mauritius and Nigeria than in South Africa and
Egypt. Cointegration analysis in the fourth essay reveals a negative relationship between
inflation and stock market prices for three out of seven countries: Egypt, Mauritius and
South Africa. Short-run models for these countries show a negative response of stock
returns to instantaneous change in inflation. In Ghana, Kenya, Nigeria and Tunisia,
where cointegration is absent, there is unidirectional causality from inflation to stock
returns for Ghana, bidirectional causality between inflation and stock returns for Kenya,
and no significant results for Nigeria and Tunisia.
Results from the fifth essay show that investment in the selected countries grows
significantly with an increase in stock market returns. Even without the inclusion of
South Africa in the panel, stock market returns in the other relatively less developed
African economies impact positively on investment growth. Cointegration tests from the
sixth essay indicate a long-run relationship between interest rate and stock prices for
Kenya and South Africa. In the short-run there is unidirectional causality from stock returns to interest rate in Kenya and bidirectional causality in South Africa. Responses to
shocks have long-lasting effects in Egypt, Ghana, Nigeria and Tunisia and are short-lived
in Mauritius.
The seventh essay shows that countries with more developed stock markets (Cote
d’Ivoire, South Africa, Mauritius, Tunisia and Morocco), have the most developed
financial intermediation system. There is evidence from correlation analysis of
complementarity between stock market development and bank developments in the
selected countries. Finally from the eighth essay two long-run stable cointegration
relations are found, one hinging on a larger market (South Africa) and the other on a
smaller market (Ghana). The short-run error correction framework shows significant
feedback and causal effects both ways from smaller to larger markets. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie tesis bestaan uit 'n versameling van agt essays oor verwantskappe tussen
aandelemarkontwikkling en ekonomiese groei in geselekteerde Afrika-lande. In die eerste
essay toon 'n algehele indeks van aandelemarkontwikkeling aan dat Suid-Afrika,
Mauritius, Zimbabwe, Marokko en die BRVM in die Ivoorkus die mees ontwikkelde
aandelemarkte het wat grootte, likiditeit en transaksiekoste-aanwysers betref. Nigerië en
Egipte kom egter ook te voorskyn wanneer institusionele ontwikkeling in ag geneem
word. Ghana, Malawi en Namibië se aandelemarkte is die minste ontwikkel. Die resultate
van die tweede essay oor aandelemarkte en groei toon 'n positiewe verwantskap tussen
aandelemarkontwikkeling en ekonomiese groei. Hierdie positiewe invloed is beduidend
vir lande wat as hoër-middelinkomste ekonomieë geklassifiseer word.
Aandelemarkontwikkelings speel op grond van markkapitalisasiegroeperinge net in matig
gekapitaliseerde markte 'n beduidende rol in groei.
In die derde essay word aangetoon dat wisselkoersdepresiasie op lang termyn tot 'n
toename in aandelemarkopbrengste in Tunisië gelei het. Wisselkoersbeweging lei tot
aandelemarkopbrengste in Egipte terwyl aandelemarkopbrengste tot
wisselkoersbeweging in Kenia en Mauritius lei. Skokke wat deur aandelemarkopbrengste
of wisselkoersveranderings veroorsaak word, is meer langdurig in Ghana, Kenia,
Mauritius en Nigerië as in Suid-Afrika en Egipte. In die vierde essay bring koïntegrasie 'n
negatiewe verwantskap tussen inflasie en aandelemarkpryse aan die lig vir drie van die
sewe lande: Egipte, Mauritius en Suid-Afrika. Korttermynmodelle vir hierdie lande dui
op 'n negatiewe respons van aandelemarkte op 'n oombliklike verandering in inflasie. In
Ghana, Kenia, Nigerië en Tunisië, waar koïntegrasie afwesig is, is daar 'n eenrigting
oorsaaklikheid van inflasie na aandele-opbrengste vir Ghana, 'n tweerigting
oorsaaklikheid tussen inflasie en aandele-opbrengste vir Kenia, en geen beduidende
resultate vir Nigerië en Tunisië nie.
Die resultate in die vyfde essay toon aan dat belegging in die geselekteerde lande
beduidend groei met 'n toename in aandelemarkopbrengste. Selfs sonder om Suid-Afrika
by die paneel in te sluit, het aandelemarkopbrengste in ander betreklik minder
ontwikkelde Afrika-ekonomieë 'n positiewe uitwerking op ekonomiese groei gehad. Die
koïntegrasietoetse van die sesde essay dui op 'n langtermynverwantskap tussen rentekoerse en aandelepryse in Kenia en Suid-Afrika. Daar is op kort termyn 'n
eenrigting oorsaaklikheid van aandele-opbrengste na rentekoerse in Kenia, en tweerigting
oorsaaklikheid in Suid-Afrika. Response op skokke het 'n langdurige uitwerking in
Egipte, Ghana, Nigerië en Tunisië, maar is van korte duur in Mauritius.
Die sewende essay toon aan dat lande met meer ontwikkelde aandelemarkte (Ivoorkus,
Suid-Afrika, Mauritius, Tunisië en Marokko) die mees ontwikkelde finansiële
bemiddelingstelsel het. Korrelasieontleding in die geselekteerde lande toon bewyse van
van komplementariteit tussen aandelemarkontwikkeling en bankontwikkeling. Laastens is
daar in die agste essay twee langtermyn stabiele koïntegrasieverhoudings gevind – een
wat van 'n groter mark (Suid-Afrika) afhang en een wat van 'n kleiner mark (Ghana)
afhang. Die korttermyn-foutkorreksieraamwerk toon beduidende terugvoer en kousale
uitwerkings in albei rigtings van kleiner tot groter markte. / pdv2012
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/19428 |
Date | 03 1900 |
Creators | Adjasi, Charles Komla Delali |
Contributors | Biekpe, Nicholas, Stellenbosch University. Faculty of Economic and Management Sciences. Dept. of Business Management. |
Publisher | Stellenbosch : Stellenbosch University |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | en_ZA |
Detected Language | Unknown |
Type | Thesis |
Format | x, 152 leaves : ill. |
Rights | Stellenbosch University |
Page generated in 0.0031 seconds