Return to search

'n Eksemplariese studie van die agogiese nood in agtergeblewe stedelike gebiede

Thesis (MEd) -- Stellenbosch University, 1997. / Includes bibliography / ENGLISH ABSTRACT: A sudy was undertaken to investigate the agogic need in deprived urban areas and the possible
alleviation of the problem. To investigate the problem, a wide range of literature was consulted that consisted of educational
projects, magazine articles, pamphlets and literature pertaining to community colleges.
Interviews were conducted with different social workers, chairmen of different organisations,
guidance teachers, clergy of different religions, community leaders and even a gang-leader.
An empirical study of Elsies River community was conducted to determine the problems and
shortcomings. The variety of problems experienced in the community, appears to be the symptoms
of a more profound nature. Different organisations in the area that are actively busy in the
combating of problems are also used as references. Attention is also given to life-long education,
continuous education, informal education and distance education.
Also noted is the fact that humans possess a certain yearning that should be addressed by educational accompaniment. This yearning must be acknowledged by the educationist in any
educational programme and must be considered against the background of the realities of being
human. If these yearnings are not considered, as well as the realities of being human, it can have
dire consequences for a country and its people.
In conclusion, more specific attention is paid to community colleges. Also noted will be recent
educational reports and the proposals made in this regard. Specific attention was paid to the
viability of the possibilities to establish a community college in Elsies River. It seems as if a
community college can render a considerable contribution to the alleviation of the agogic need. / AFRIKAANSE OPSOMMING: n StudIe is onderneem om ondersoek in te stel na die agogiese nood in agterblewe stedelike
gebiede en die moontlike verligting van die probleem.
Om die probleem te ondersoek, is 'n wye spektrum van literatuur nagevors wat bestaan uit
opvoedkundige werke, tydskrifartikels, pamflette en literatuur met betrekking tot
Gemeenskapskolleges.
Onderhoude is gevoer met maatskaplike werkers, voorsitters van verskillende organisasies,
voorligtingsonderwysers, predikante, 'n Imam, gemeenskapsleiers en 'n Ieier van 'n bende.
'n Empiriese studie van Elsiesrivier se gemeenskap is gemaak om vas te stel wat die probleme en
die tekortkominge daar is. Die verskeidenheid probleme wat in die gemeenskap ervaar word, blyk
die simptome van dieperliggende probleme te wees. Ook word daar verwys na verskillende
organisasies wat aktief besig in die omgewing is om van die probleme die hoof te bied. Ook word
daar aandag geskenk aan lewenslange onderwys, voortgesette onderwys, nie-formele onderwys
asook afstandsonderrig.
Daar is ook rekening gehou met die feit dat die mens oor bepaalde hunkeringe beskik wat deur
middel van opvoedkundige begeleiding aangespreek behoort te word en net so moet die
opvoedkundige in enige opvoedkundige program rekening hou met bepaalde realiteite van
menswees. Indien hierdie hunkeringe die realiteite van menswees nie in ag geneem word nie, kan
dit vir 'n land met sy mense hul ondergang beteken.
Ten slotte word daar spesifiek gekyk na Gemeenskapskolleges. Ook word daar gekyk na resente
onderwysverslae en die voorstelle wat gemaak is ten opsigte van hierdie instelling. Daar word ook
spesifiek gekyk na die moontlikhede vir die bestaan van so 'n Gemeenskapskollege in Elsiesrivier. Dit blyk dus dat die Gemeenskapkollege 'n aansienlike bydrae kan lewer tot die verligting van die
agogiese nood.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/55597
Date12 1900
CreatorsAbels, Clive
ContributorsDu Plessis, W. S., Stellenbosch University. Faculty of Education. Dept. of Educational Psychology.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageaf_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format105 leaves
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.3317 seconds