Return to search

'n Ontleding van die reisgedigte van Joan Hambidge in 'Visums by verstek'

Reisbeskrywings, en veral die reispoësie as genre, het met die aanbreek van die twintigste eeu „n opbloei binne die Afrikaanse letterkunde beleef. Talle Afrikaanse skrywers en digters het na verskillende kontinente gereis en hul ondervindinge in roman, dagboek of joernaalvorm aangeteken. Die Afrikaanse skrywers sluit hulself gevolglik aan by die tradisie van die reisbeskrywing wat reeds eeue lank deel vorm van die globale literêre kanon. Reispoësie kom veral voor in die werk van digters soos C. Louis Leipoldt, Uys Krige, W.E.G. Louw, N.P. van Wyk Louw, D.J. Opperman, Breyten Breytenbach, Lina Spies, Petra Muller, Joan Hambidge en meer onlangs Melt Myburgh. Dit is veral Hambidge wat oor reis in haar poësie skryf. In 2011 verskyn „n versameling van Hambidge se reisgedigte wat sedert 1985-2010 in van haar bundels verskyn het onder die titel Visums by verstek – ‘n Keur uit die reisgedigte van Joan Hambidge. Hambidge bespreek sekere deurlopende temas in haar gedigte. Die temas sluit in: die poësie en die verhouding tussen die liefde en die poësie, die mens as alleenreisiger deur die wêreld, die dood en die huldiging van gestorwenes asook die beskrywing van sekere gebeurtenisse in die wêreldgeskiedenis. In hierdie skripsie word gefokus op die ontleding van Hambidge se reisgedigte wat onder drie verwante temas bespreek word naamlik die stad as vreemde rumite, reis as metafoor vir ontvlugting van die geliefde en reis as kreatiewe stimulus. Hierdie ondersoek geskied aan die hand van onder meer Pratt se konsep van “kontaksones”. Reispoësie word binne die konteks van globalisasie as „n belangrike bron van inligting en inspirasie beskou aangesien dit tot „n nuwe geslag wêreldreisigers spreek wat opnuut die literêre waarde van die reisbeskrywing- en poësie ontdek het.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:nmmu/vital:8462
Date January 2011
CreatorsKoen, Dewald
PublisherNelson Mandela Metropolitan University, Faculty of Arts
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeThesis, Masters, MA
Format93 leaves, pdf
RightsNelson Mandela Metropolitan University

Page generated in 0.0077 seconds