Return to search

Die moeder- en kindmotief in die poësie van M. Nijhoff

Die moeilikhede waarvoor 'n mens by die studie van so 'n groot kunstenaar stuit, is veelvuldig. Die bron van Nijhoff se poësie is sy worsteling met belangrike lewens- en sielsprobleme, wat by deur middel van 'n verskeidenheid van telkens terugkerende motiewe tot uiting bring. Soos by alle groot digters, vorm Nijhoff se werk egter so 'n hegte eenheid dat dit feitlik onmoontlik is om een van die motiewe afsonderlik te bespreek, sonder om ook al die ander aan te raak, want hulle word gedurig in- en deurmekaar gevleg en oorvleuel mekaar telkens om 'n harmoniese geheel te skep. Wat ek dus probeer doen het, is om eers 'n begrip van sy probleme in 't geheel te gee, en dan die moeder- en kindmotief, wat as 't ware as leidraad dwarsdeur sy "oeuvre" loop, te bespreek.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:uct/oai:localhost:11427/22237
Date January 1952
CreatorsMeiring, Lillian Yvonne
PublisherUniversity of Cape Town, Faculty of Humanities, Afrikaans and Netherlandic Studies
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeMaster Thesis, Masters, MA
Formatapplication/pdf

Page generated in 0.0022 seconds