Return to search

Gewestelike verskynsels in die Afrikaanse spreektaal van Oos-Kaapland met spesiale verwysing na Albanie

By 'n dialekgeografiese studie van hierdie aard sal dit by uitstek die verstandigste wees om te begin by 'n omgewing waarin die ondersoeker gebore is en grootgeword het. Die omgang van die ondersoek en die uitgestrektheid van die gebied wat hierby betrokke is maak dit egter vir 'n boorling net so moeilik as vir 'n goeie waarnemer uit enige ander spraakgebied wat ook daartoe in staat behoort te wees om bepaalde foniese, leksikale, grammatiese, semantiese en sintaktiese verskynsels, eienaardighede en tendensies in die spreektaal op te merk. My bekendheid en omgang met Afrikaanssprekendes in hierdie streek wil ek nietemin kortliks soos volg aandui: (a) Wat vir hierdie studie as "randgebiede" beskou kan word. Gebore en opgegroei in Willowmore (19 jaar), onderwysopleiding op Graaff-Reinet (3 jaar). Onderwysondervinding In die distrik Steytlerville (2 ½ jaar). (b) Die eintlike ondersoekgebied. Onderwysondervinding in Oos-Londen en omgewing (6 jaar) , Grahamstad (10 ½ jaar) afgesien van talle lisensies in Oos-Londen en Port E1izabeth en besoeke aan omliggende dorpe en distrikte.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:rhodes/vital:3643
Date January 1977
CreatorsVan der Mescht, J W F (Johannes Willem Frederik)
PublisherRhodes University, Faculty of Humanities, School of Languages
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeThesis, Masters, MA
Format115 leaves, pdf
RightsVan der Mescht, J W F (Johannes Willem Frederik)

Page generated in 0.0099 seconds