Return to search

Capacity building for farm workers on Solms-Delta Wine Estate : a social development perspective

Thesis (M Social Work)--Stellenbosch University, 2012. / ENGLISH ABSTRACT: Wine farms in the Western Cape represent one of the pillars of the region's economy. The social problems that are prevalent among farm workers and their families have evolved over centuries along with the wine industry; the unique set of social, economic, and political conditions affecting rural dwellers in the Western Cape have created a set of challenges impeding a productive future. The interventions at Solms-Delta Wine Estate have empowered the farm community and thus provide a template for social reform. Capacity development initiatives have been central to the farm's management plan. The employment of a fulltime social worker allowed resource gathering to implement social reforms on the farm. The present study investigated the evolution of an approach that encompasses the social development perspective of social work theory. This study is an example of the methods used to bring about stronger community development capacity. The goal of the study was to gain an understanding of the nature of capacity-building initiatives on the wine farm under review from a social development perspective. A review of the historical roots of farm worker subjugation was undertaken to uncover the social dynamic of farm worker community development. Secondly, the study has outlined the political, economic, and legal institutional parameters for rural development. A third strand of the narrative describes the nature of capacity-building initiatives undertaken over the preceding six years, and their impact on the social development of the target community. Finally, the study explored the impact of local capacity development via a semi-structured questionnaire and subsequent interviews with the twenty-one participants.
The results of the research outlined in this study provide a number of templates for social work interventions in rural communities on wine farms in the Western Cape. Given the centrality of the wine farm industry in the Western Cape, the success of social welfare initiatives at Solms-Delta delineates road maps for other community-based programmes that can be launched from the lessons of this study. The locality development model, with its emphasis on community input in problem solving provides a framework for countering the unique set of challenges created from the inception of colonialism up to the end of Apartheid social engineering. The empowering environment developed at Solms-Delta offers insight into rolling back historical ills and entitlement issues that bedevil social work practice. Successful community participation requires research into specific community dynamics and the resources to empower one of South Africa's most impoverished social strata. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Wynplase in die Wes-Kaap vorm een van die pilare van die streek se ekonomie. Die maatskaplike probleme wat onder plaaswerkers en hul gesinne voorkom, het oor die eeue heen saam met die wynbedryf ontwikkel. Dit behels die unieke kombinasie van sosiale, ekonomiese en politieke omstandighede met betrekking tot die landelike bewoners van die Wes-Kaap, wat 'n uitdaging stel en 'n produktiewe toekoms belemmer. Die intervensies op die Solms-Delta wynlandgoed bemagtig die gemeenskap op die plaas en bied dus 'n voorbeeld vir sosiale hervorming. Kapasiteitsontwikkelingsinisiatiewe is sentraal tot die bestuursplan van die plase. Die aanstelling van 'n voltydse maatskaplike werker was 'n belangrike addisionele hulpbron om sosiale hervorming op die plaas te bewerkstellig. Die huidige studie ondersoek die evolusie van 'n benadering wat die sosiale ontwikkelingsperspektief van maatskaplike-werkteorie betrek. Hierdie studie is 'n voorbeeld van die metodes wat gebruik kan word om 'n sterker kapasiteit vir gemeenskapsontwikkeling te ontwikkel. Die doel van die studie was om 'n begrip vanuit 'n maatskaplike ontwikkelingsperspektief-oogpunt te verkry van die aard van kapasiteitsbou-inisiatiewe op die wynplaas onder oorsig. Om die sosiale dinamika van die plaaswerkergemeenskap se ontwikkeling aan die lig te bring, het die studie 'n oorsig van die historiese herkoms van die plaaswerkers onderneem. Tweedens, het die studie 'n oorsig onderneem van die politieke, ekonomiese en wetlike institusionele parameters vir landelike ontwikkeling. 'n Derde deel van die navorsing beskrywe die aard van kapasiteitsbou-inisiatiewe oor die afgelope ses jaar, en hul impak op die maatskaplike ontwikkeling van die teikengemeenskap. Ten slotte, het die studie die impak van die ontwikkeling van plaaslike kapasiteit deur middel van 'n semi-gestruktureerde vraelys en 'n daaropvolgende onderhoud met die 21 deelnemers ondersoek.
Die resultate van die navorsing soos in hierdie verslag uiteengesit bied 'n aantal voorbeelde vir maatskaplike werk-ingrypings in landelike gemeenskappe op plase in die Wes-Kaap. Gegewe die sentraliteit van die wynbedryf in die Wes-Kaap, lewer die sukses van die maatskaplike welsynsinisiatiewe op Solms-Delta 'n voorbeeld vir ander gemeenskaps-gebaseerde programme wat uit die lesse van hierdie studie kan baat. Die lokaliteit-ontwikkelingsmodel, met sy klem op insette vanuit die gemeenskap om probleme op te los, bied 'n raamwerk vir die stryd teen die unieke stel uitdagings wat ontstaan het met die begin van kolonialisme en tot aan die einde van apartheid bly voortduur het. Die bemagtigings-omgewing wat op Solms-Delta ontwikkel het, bied insig in die rol van so 'n proses vir die bekamping van die historiese euwels en onregte wat die praktyk van maatskaplike werk so belemmer. Suksesvolle gemeenskapsdeelname vereis navorsing na die dinamika binne spesifieke gemeenskappe, asook al die nodige hulpbronne, om een van Suid-Afrika se mees verarmde sosiale strata te bemagtig.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/71898
Date12 1900
CreatorsRuddock, Frances
ContributorsGreen, Sulina, Stellenbosch University. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Social Work.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageen_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Formatx, 176 p. : ill.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.002 seconds