Return to search

Koöperasie as mededingingstrategie vir graanprodusente, 1995

Kooperasies, as werktuie ter doelwitbereiking vir graanprodusente, het sedert hul totstandkoming
onderskeibare ontwikkelingsfases deurgegaan. Die toepassing van kooperasie as mededingingstrategie
deur graanprodusente is grootliks bei"nvloed deur die veranderings wat tydens die ontwikkelingsfases
voorgekom het. Aksies wat in die loop van hierdie ontwikkellngsfases ingestel was,
het mettertyd onduidelikhede oor die bestaansgrondslag van die kooperasies laat ontstaan.
Die klJmaat van politieke veranderings wat tans in die land heers, kan ook belangrike veranderings
meebring ten opsigte van die grondslag waarop kooperasies funksioneer. Pie uitwerking van die
verwagte veranderings kan kooperasies forseer om strategiese aanpassings in hul strukture te
maak ten einde steeds suksesvol te kan bly voortbestaan. ·
Graanprodusente verkeer in 'n posisie wat vereis dat daar besin moet word oor strategiee wat
gevolg kan word ten einde steeds suksesvol in die onsekere markomstandighede mee te ding. Die
toepassing van kooperasie as mededingingstrategie waarvolgens graanprodusente deur lidmaatskap
van die kooperasies in die mark deelgeneem het, kom nou ook onder die loep.
Die hoofprobleem waarop daar dus in hierdie studie gefokus word, is om te bepaal of kooperasie as
mededingingstrategie geskik is om die individuele en kollektiewe belange van graanprodusente te
bevorder.
Van die belangrikste bevindings van die studie is:
Graanprodusente voorsien dat kooperasie individuele graanprodusente se markoptrede kan
versterk.
Graanprodusente is van mening dat hulle deur middel van kooperasie wat manifesteer in
selfstandige besigheidsondernemings, genaamd ''kooperasies", 'n positiewe invloed vir graanprodusente
op die mark kan uitoefen.
Daar kcan nie 'n beduidende negatiewe, of positiewe persepsie oor onderlinge mededinging en
die invloed wat die vryemarkbedeling daarop uitoefen, by graanprodusente gei"dentifiseer
word nie. Dit blyk egter dat sommige graanprodusente die vryemarkbedeling as 'n belangrike
markfaktor bejeen. Ander graanprodusente huldig 'n meer buigsame benadering jeens die
vryemarkbedeling.
Graanprodusente is, met enkele klemverskille, van mening dat die kooperasies nie daarin
slaag om die tradisionele kooperasiebeginsels in die wyse waarop kooperasies hul besigheid
bedryf, volledig toe te pas nie.
Graanprodusente het oor die algemeen gesien duidelike menings oor die noodsaaklikheid
daa.rvan dat die staat nie by die graanbedryf meet inmeng nie. Ander tipes ondersteuningstrategiee,
soos die oprigting van beslote korporasies of maatskappye, geniet wisselende
steun. 'n Beduidende groep graanprodusente is onseker oor moontlikhede om maatskappye
met kapitaalgroei as basis te skep, om sodoende in geheel met kooperasies weg te doen. / Co-operatives have experienced distinguishable changes. The application of co-operation as a
competitive strategy by g~in producers was largely influenced by the changes. The prevailing
political changes can also instigate important changes with regard to co-operatives.
Grain producers must revise strategies to maintain successful competition in the market.
The study investigates co-operation as a competitive strategy to advance the individual and
collective interests of grain producers, Findings are:
Grain producers are convinced that co-operation enhances the market related actions of individual
grain producers.
Grain producers can, through co-operation, exercise a positive influence in the market.
No definite negative or positive perception concerning the influence of the free market system
upon mutual competition could be identified.
Grain producers are convinced that the state should not interfere with the grain industry. / Business Management / M. Admin. (Business Management)

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:umkn-dsp01.int.unisa.ac.za:10500/15704
Date06 1900
CreatorsOlivier, Pieter Gerhardus
ContributorsMarais, A. de K.
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageEnglish
Detected LanguageUnknown
TypeDissertation
Format1 online resource (vii leaves, 107 p.)

Page generated in 0.0029 seconds