Return to search

Boerdery in die Suid-Afrikaanse Republiek 1858-1899

In Suid-Afrika het die opkoms van die sosialistiese gedagte teen die einde van die negentiende eeu ook merkbare invloed op die staatshuishouding gehad. In die negentiende eeu was die ekonomiese wetgewing, hoofsaaklik onder invloed van die indiwidualisme volgens die leer van "Laissez- faire", daarop gerig om die maksimum welvaart te verkry deur vrye mededinging aan te moedig en te beskerm, en om privaat inisiatief sy gang te laat gaan. Daar het egter geleidelik 'n verandering in hierdie houding en beleid ingetree. Deur 'n verandering in die beskouing omtrent die einddoel van die menslike arbeid en sy ekonomiese bedrywigheid moes die staat uit sosiaal-ekonomiese oorwegings sekere seksies van die samelewing deur spesiale en beskermende wetgewing te hulp kom. Die ontwikkeling van die aandeel wat die staat geneem het in die beheer en bevordering van die welvaart van die boere in die Suid-Afrikaanse Republiek is ' n voorbeeld van die voorgenoemde omwenteling in die ekonomiese en bedryfslewe teen die einde van die vorige eeu. Die staat het aanvanklik weinig gedoen vir die bevordering en beheer van die onderhoudsboerdery. Later, met die veranderde boerderyekonomie, het staatshulp, staatsvoorligting en -beheer egter noodsaaklik geword. Gedurende die laaste jare van die Suid- Afrikaanse Republiek het die owerheid meer en meer verpligtings teenoor die boeregemeenskap aanvaar. Namate die staat groter hulp en diens verskaf het, na dié mate moes hy ook groter beheer uitoefen.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:rhodes/vital:1092
Date January 1954
CreatorsNaudé, Petrus
PublisherRhodes University, Faculty of Commerce, Economics and Economic History
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeThesis, Doctoral, PhD
Format281, 252 p., pdf
RightsNaudé, Petrus

Page generated in 0.0017 seconds