Thesis (MA)--University of Stellenbosch, 2001. / ENGLISH ABSTRACT: This paper provides an overview and critical evaluation of current (1990-2001) research
into Human Immune-deficiency Virus (HIV) and Acquired Immuno-deficiency Syndrome
(AIDS), with particular reference to factors affecting quality of life (QOL) among those
living with the disease. A brief look at the importance of optimal QOL when faced with a
life crisis such as HIV/AIDS, leads to a discussion of factors influencing QOL in
HIV/AIDS. These factors include coping styles, mental adjustment, social support,
stigmatization, socio-economic and socia-cultural factors, gender, depression as well as
disease progression. The overview is informed by prominent research trends and a
critical look at the current understanding of factors impacting on the QOL of people
living with HIV/AIDS. Recommendations are made on issues that need further
clarification, while future research orientations are also suggested. In the absence of
satisfactory treatment strategies or a cure for HIV/AIDS, as well as the evidence of a
potentiall0 to 12 year life expectancy, there is a pressing need for a better
understanding of factors that influence QOL. There is strong support for the notion that
QOL directly impacts on disease progression and therefore also on the quality and
quantity of survival time. It follows that a better understanding of the nature and
determinants of QOL for HIV patients will yield valuable intervention guidelines within a
biopsychosocial framework. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie artikel bied 'n oorsig en kritiese evaluering van onlangse (1990-2001) navorsing
in die veld van Menslike Immuniteitsgebrek Virus (MIV) en Verworwe Immuniteitsgebrek
Sindroom (VIGS), met besondere verwysing na faktore wat bydra tot die lewenskwaliteit
van geïnfekteerde indiwidue. Die belangrikheid van optimale lewenskwaliteit teen die
agtergrond van 'n lewenskrisis soos 'n MIV-diagnose, word kortliks bepsreek. Daarop
volg In bespreking van faktore wat In invloed het op lewenskwaliteit in HIV/AIDS.
Hierdie faktore sluit in hanteringstyl, psigiese aanpasbaarheid, sosiale ondersteuning,
stigmatisering, sosio-ekonomies en sosio-kulturele faktore, geslag, depressie asook
siekteverloop. Die oorsig word gerugsteun deur prominente navorsingstendense asook
'n kritiese blik op huidige perspektiewe op faktore wat 'n impak het op die
lewenskwaliteit van mense wat leef met MIVjVIGS. Aanbevelings word gemaak
aangaande aspekte waaroor verdere helderheid verkry moet word, asook oor
toekomstige navorsingsvraagstukke. Gegewe die afwesigheid van voldoende
behandelingstrategieë of selfs 'n geneesmiddel vir MIV, tesame met die bewys van 'n 10
tot 12 jaar potensiële lewensverwagting, bestaan daar 'n dringende noodsaaklikheid vir
grondiger insig in faktore wat lewenskwaliteit beïnvloed. Daar is sterk steun vir die
uitgangspunt dat lewenskwaliteit 'n direkte impak het op siekteverloop en derhalwe ook
op die duur en kwaliteit van oorlewingstyd. Verbeterde kennis oor die aard en
determinante van lewenskwaliteit in MIV-pasiënte sal dus waardevolle inligting kan
verskaf in terme van toepaslike riglyne vir intervensies binne 'n biopsigososiale
raamwerk.
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/52266 |
Date | 12 1900 |
Creators | Coetzee, Mignon |
Contributors | Spangenberg, Judora, Stellenbosch University. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Psychology. |
Publisher | Stellenbosch : Stellenbosch University |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | en_ZA |
Detected Language | Unknown |
Type | Thesis |
Format | 52 p. |
Rights | Stellenbosch University |
Page generated in 0.0026 seconds