Return to search

Oorsaaipraktyke en vestiging van eenjarige raaigras in lusernweiding

Die Eden- en Overbergdistrik in die Suid-Kaap vorm die mees suidelike substreke van die winterreëngebied. Dit is geleë tussen 33° 45‟ en 34° 50‟ suiderbreedte en tussen 19° 0‟ en 23° 45‟ oosterlengte. Die westelike grens van die substreek word gevorm deur die Villiersdorp-Botrivier-gebied. Aan die noordekant word die substreek begrens deur die Sonderend-, Lange- en Outeniquabergreekse. Die oostelike grens word gevorm deur die Bloukransrivier. Die Indiese Oseaankuslyn vanaf Nature‟s Valley in die ooste tot by Kleinmond in die weste vorm die suidelike grens. In die Suidkusstreek word 54.5% van die Wes-Kaapse melkproduksie en 24% van Suid-Afrika se melkproduksie deur 1900 melkprodusente geproduseer (Dowrey 2005). Ses en dertig persent van die bruto jaarlikse veeproduk is afkomstig vanaf suiwelprodukte wat hoofsaaklik vanaf aangeplante weiding geproduseer word. Aangeplante weiding beslaan 37.7% van die totale oppervlakte van die vee- en saaigebiede van die Suidkusstreek (Botha 2003). Weens beperkte, skaars besproeiingswater in groot dele van die Suid-Kaap, word heelwat weiding slegs aanvullend besproei (Protopapas 2004). Voervloeiprogramme vir melkproduksie onder aanvullende besproeiing bestaan hoofsaaklik uit kikoejoe (Pennisetum clandestinum) en lusern (Medicago sativa) (Botha 2003). Die droëmateriaalproduksie en weikapasiteit van lusern volg, soos kikoejoe, „n baie sterk seisoenale tendens met „n piek in die somer / herfs en „n laagtepunt in die winter (Durand 1993; Botha 1998; Botha 2003). Voervloeiprogramme met lusern of kikoejoe as hoofkomponente het gewoonlik voertekorte gedurende die winter tot gevolg. Hoofsaaklik om dié rede het boere uit die lusernproduserende gebiede van Heidelberg, Riversdal, Herbertsdale en Mosselbaai, deur hul onderskeie boereverenigings, „n versoek aan Outeniqua Navorsingsplaas gerig om ondersoek in te stel na moontlike oorsaaipraktyke wat die droëmateriaalproduksie van lusernstelsels gedurende die winter kan verhoog. Kikoejoeweiding word reeds die afgelope aantal jare suksesvol met Westerworldsraaigrasse oorgesaai vir beter herfs-, winter- en lenteproduksie. Anders as by kikoejoeweidings bestaan daar huidiglik geen beproefde oorsaaipraktyke wat die produksiepotensiaal van lusern in die winter en vroeë lente kan verhoog nie (Anoniem 2002).

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:nmmu/vital:26969
Date January 2011
CreatorsBadenhorst, Daniël
PublisherNelson Mandela Metropolitan University, Faculty of Science
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageEnglish
Detected LanguageUnknown
TypeThesis, Masters, MTech
Format125 leaves, pdf
RightsNelson Mandela Metropolitan University

Page generated in 0.0022 seconds