Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2015. / ENGLISH ABSTRACT: Since the end of Apartheid, many scholars of South Africa celebrated
democratisation and offered optimism for the end of racial segregation. Racial segregation,
however, still exists in South Africa and in Stellenbosch each residential place is divided
along skin colour lines. Such a pattern is far from the position of optimism and seems to
suggest that race continues to manifest itself materially through space in Post-Apartheid
South Africa, even if such segregation is not imposed by Apartheid laws. This thesis
describes how different individuals, especially foreigners, enter historically designated racial
areas - ‘African’, ‘Coloured’, ‘White’ – and are ‘interpellated’ into particular racial categories.
It aims to grasp the process of abstraction at work when the attempt is made to construct
foreigners in these racial categories, and how these individuals come to perceive South Africa.
The study suggests that at the points in which the interpellation of race fails are precisely the
moments in which we see the possibility for the formation of a truly post-Apartheid
Subjectivity.
The thesis is cognisant of the particularity of place: focusing on Stellenbosch in the
Western Cape necessarily involves engaging specificities of the historical construction of
race that mark place in the present, especially in this province. Whilst the discovery of gold in
the former Transvaal drove the exploitation of African mine workers and was important in
the formation of race there, in the Western Cape the importance economically of the slave
and later free labour of Coloured farm workers is important in grasping racial formations in
Stellenbosch. At the same time, however, I present the case of an unemployed South African
women who is unable to live in any areas previously designated by race, and through her tale,
suggest that relationships between race and labour might be being undone, even as this
undoing is fraught and not producing subjects who can feel comfortable in democracy. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Opsomming
Sedert die einde van Apartheid is demokratisering in akademiese kringe geprys en
is die einde van rasse-segregasie met optimisme begroet. Rasse-segregasie leef egter steeds
voort in Suid-Afrika en in Stellenbosch is elke residensiële area volgens velkleur verdeel.
Hierdie verskynsel is alles behalwe ’n bron van optimisme en blyk aan te toon dat ras
voortgaan om ditself op materiële wyse deur ruimte in post-Apartheid Suid-Afrika te
manifesteer, selfs in die afwesigheid van segregasie deur Apartheid-wetgewing. Hierdie tesis
ondersoek hoe verskillende individue, veral buitelanders, histories-gedefinieerde rasse-areas
– ‘swart’, ‘bruin’ en ‘blank’ – binnegaan en ‘geïnterpelleer’ word in spesifieke rassekategorieë.
Dit poog om die proses van abstraksie te verstaan waardeur buitelanders in rassekategorieë
gekonstrueer word, en hoe hierdie individue Suid-Afrika beskou. Dié studie voer
aan dat die plekke waar die interpellasie van ras misluk, die presiese momente is waar die
moontlikheid vir die formasie van ’n ware post-Apartheid subjektiwiteit waargeneem kan
word.
Hierdie studie is bewus van die spesifisiteit van plek: om te fokus op Stellenbosch
in die Wes-Kaap vereis noodwendig dat daar ook aandag geskenk sal word aan die
spesifisiteit van die historiese konstruksie van ras wat plek in die hede onderlê, veral in dié
spesifieke provinsie. Terwyl die ontdekking van goud in die voormalige Transvaal die
uitbuiting van swart mynwerkers gedryf het en belangrik was vir die vorming van ras daar, is
die ekonomiese belangrikheid van slawe en later vry arbeid van bruin plaaswerkers in die
Wes-Kaap belangrik om die formasie van ras in Stellenbosch te verstaan. Op dieselfde tyd
bied ek die geval aan van ’n werklose Suid-Afrikaanse vrou vir wie dit nie meer moontlik is
om in enige histories-gedefinieerde ras-spesifieke area te bly nie, en wie se verhaal suggereer
dat verhoudings tussen ras en arbeid dalk besig is om te ontbind, selfs al is hierdie proses
vervaard en nie besig om subjekte te produseer wat gemaklik onder ’n demokratiese bestel
kan voel nie.
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/96928 |
Date | 04 1900 |
Creators | Yang, YoungJun |
Contributors | Dubbeld, Bernard, Stellenbosch University. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Sociology and Social Anthropology. |
Publisher | Stellenbosch : Stellenbosch University |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | en_ZA |
Detected Language | English |
Type | Thesis |
Format | 123 pages : illustrations, maps |
Rights | Stellenbosch University |
Page generated in 0.0086 seconds