Return to search

Penologiese ondersoek rakende die assessering en evaluering van oortreders vir korrektiewe toesig

Summaries in English and Afrikaans / Die proefskrif poog om 'n penologiese evaluering rakende die assessering van oortreders vir korrektiewe toesig weer te gee. Korrektiewe toesig is 'n vonnisopsie wat oortreders binne die gemeenskap rebabiliteer. 'n Literatuurstudie oor die ontwikkeling van korrektiewe toesig in verskillende wereldlande is ingestel asook die wetlike ontstaan en praktiese toepassing in Suid-Afrika. Korrektiewe toesig is met deeglike navorsing deur die Krugel-Werkgroep vooraf gegaan. Die Witskrif rakende die Departement van Korrektiewe Dienste wat op navorsing gevolg bet, is gedurende Mei 1991 in die parlement van Suid-Afrika ter tafel gele. Parlementsdebatte is gevolg deur wetswysigings van onder andere die Strafproseswet, 1977 en die Wet op Gevangenisse, 1959. Eenstemmigheid het genoemde parlementsitting gekenmerk wat gevolg het tot die instelling van korrektiewe toesig. Korrektiewe toesig soos deur die Departement van Korrektiewe Dienste toegepas word, is ondersoek maar veral die funksionering van huisarres, monitering en gemeenskapsdiens. Die assessering van oortreders en hul promovering vanaf maksimum intensiewe na medium - en na minimum -
van huisarres sowel as monitering is nagegaan.
Assesseringsmetodes van die State Georgie en Wisconsin in die V.S.A.
asook ander kriteria is ondersoek om die geskiktheid van oortreders te
klassifiseer deur middel van 'n seleksieproses. 'n Profielstudie van
kandidate by die Kaapstadse gemeenskapskorreksie-kantoor is opgestel met 'n ondersoek vanuit 624 gevalle asook die menings van landdroste in Pretoria en die distrik van Wonderboom rakende korrektiewe toesig. / This thesis is an attempt to give a penological evaluation relating to the assessment and suitability of offenders for correctional supervision. Correctional supervision is a sentencing option aimed at rehabilitating
offenders within community context. This research will focus on the development of correctional supervision in differnt countries around the world inclusive of South Africa. The implementation of correctional supervision in South Africa was precede by research done by the Kriigel Commission. In May 1991 a White paper was tabled in Parliament regarding the broadening of the mission of the Department of Correctional Services. Much debate in Parliament resulted in amendments to inter alia the Criminal Procedures Act, 1977 and the Prisons Act, 1959. In this thesis the application of cor!'ectional supervision as redered by the Department of Correctional Services is investigated with special reference to house arrest, monitoring and community service. Assessment and promotion from maximum intensive to medium intensive and to minimum intensive supervision are also looked at. Assessment methods and other criteria in the States of Georgia and Wisconsin in the United States of America are investigated in order to propose classification categories for
the selection of offenders. A profile of an offender under supervision was undertaken with 624 cases
from the Cape Town office for Correctional Supervision as well as in Pretoria and the district of Wonderboom. / Criminology and Security Science / D.Litt. et Phil. (Kriminologie)

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:umkn-dsp01.int.unisa.ac.za:10500/17971
Date06 1900
CreatorsDe Smidt, Stanley Charles
ContributorsCilliers, C. H.
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format1 online resource (xxii, 461 leaves)

Page generated in 0.0016 seconds