Return to search

Vervlugtiging van metale tydens die droging van biologiese materiaal

Includes bibliographical references. / Daar bestaan verskeie analitiese tegnieke vir die kwantitatiewe bepaling van spoorelemente in biologiese materiaal. Om elke tegniek aan die gevraagde vereistes van sensitiwiteit, reproduseerbaarheid en akkuraatheid te laat voldoen, word gebruik gemaak van gespesialiseerde instrumentasie. Met biologiese matryse verg die meeste van hierdie metodes egter 'n voorbereidende ontbindingsprosedure om die organiese materiaal af te breek. Dit impliseer droging gevolg deur droe of nat verassingsprosedures van die materiaal. Die vraag ontstaan egter of geakkumuleerde metale, deur organismes gemetaboliseer word tot vlugtige organiese verbindings, en indien wel, of dit die huidige, algemene analitiese metodiek wat gebruik word, enigsiens kan beinvloed. Aan die hand van mariene organismes, word in hierdie studie die radionukliedes van die elemente kroom, mangaan, yster, kobalt, sink, arseen, selenium, kadmium, antimoon en lood gebruik om 'n bydrae te lewet tot die begrip van metaboliese prosesse, en terselfdertyd lig te werp op die betroubaarheid van die analitiese tegnieke wat toegepas word.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:uct/oai:localhost:11427/12475
Date January 1976
CreatorsFourie, Hermanus Ockert
ContributorsPeisach, Max, Orren, M J
PublisherUniversity of Cape Town, Faculty of Science, Department of Physics
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeMaster Thesis, Masters, MSc
Formatapplication/pdf

Page generated in 0.0164 seconds