Return to search

Die Britse vrywilligerseenheid Steinaecker's Horse in die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) : 'n kultuurhistoriese studie

Thesis (DPhil (History))--University of Stellenbosch, 2010. / ENGLISH ABSTRACT: Steinaecker’s Horse was a volunteer unit who fought on the side of the British during the Anglo-
Boer War (1899-1902). The unit mainly consisted of local inhabitants of the Lowveld and were
commanded by a former German officer, Lieutenant-colonel FCL von Steinaecker. The unit received
little attention from scholars thus far.
The main focus of this research is to study the Steinaecker’s Horse military unit, but specifically to
determine their everyday circumstances, life style and daily activities. This was done by means of
cultural objects which were found on three of the important sites where Steinaecker’s Horse had
outposts.
In order to place the unit within context, attention was given to the collection of historical
information and the identification and documentation of different outposts occupied by Steinaecker’s
Horse during the Anglo-Boer War. The state of decay of these sites were monitored and their relation
to inter alia research potential, cultural resources management and tourism potential was assessed.
Lastly, attention was given to the contribution of Steinaecker’s Horse to the history of the Anglo-
Boer War, the Lowveld and the Kruger National Park.
The three sites that were studied in depth are the headquarters of the unit at Komatipoort, the Sabi
Bridge post close to Skukuza and the Northern outpost in the vicinity of the Letaba rest camp in the
park. Cultural objects excavated at these sites were used in this study. In the final chapter an overall
impression of the everyday cicumstances, life style and daily activities of Steinaecker’s Horse are
formed. It is also shortly compared to general information regarding the life of British soldiers and
the Boers on commando during the war. Last mentioned information was obtained from different
sources in another way than studying the physical cultural objects.
The contribution of this thesis is that it is the first time that a complete reflection is given of the life
at Steinaecker’s Horse sites and that it serves as model for similar research with relation to other military sites as well as probably other historical sites. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Steinaecker’s Horse was ‘n vrywilligerseenheid wat tydens die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) aan
die kant van die Britte geveg het. Die eenheid het hoofsaaklik uit inwoners van die Laeveld bestaan
en het onder bevel van ‘n voormalige Duitse offisier, luitenant-kolonel FCL von Steinaecker,
gestaan. Die eenheid het tot dusver min aandag van vakkundiges ontvang.
Die belangrikste fokus van hierdie studie is om die Steinaecker’s Horse militêre eenheid te
bestudeer, maar om spesifiek die alledaagse omstandighede, lewenswyse en daaglikse aktiwiteite
daarvan te bepaal. Dit is gedoen aan die hand van kultuurvoorwerpe wat by drie van die belangrikste
terreine waar Steinaecker’s Horse buiteposte gehad het, gevind is.
Ten einde die eenheid in konteks te plaas is ook aandag gegee aan die insameling van historiese
inligting en die identifisering en dokumentering van verskillende buiteposte wat deur Steinaecker’s
Horse tydens die Anglo-Boereoorlog beset is. Die monitering van die staat van agteruitgang van die
terreine en die assessering daarvan ten opsigte van onder meer navorsingspotensiaal,
kultuurhulpbronbestuur en toerismepotensiaal, is ook gedoen. Laastens is daar aandag gegee aan die
bydrae van Steinaecker’s Horse tot die geskiedenis van die Anglo-Boereoorlog, die Laeveld en die
Nasionale Krugerwildtuin.
Die drie terreine wat in diepte bestudeer is, is die eenheid se hoofkwartier te Komatipoort, die
Sabiebrug-pos naby Skukuza en die Noordelike buitepos in die omgewing van die Letaba ruskamp in
die wildtuin. Kultuurvoorwerpe wat deur middel van argeologiese opgrawings op hierdie terreine
verkry is, is in die studie benut. In die slothoofstuk word ‘n geheelbeeld van die alledaagse
omstandighede, lewenswyse en daaglikse aktiwiteite van Steinaecker’s Horse gevorm. Dit word ook
kortliks met algemene inligting omtrent die lewe van Britse soldate en die Boere op kommando
tydens die oorlog vergelyk. Laasgenoemde inligting is op ander wyses verkry as om die fisiese
kultuurvoorwerpe te bestudeer. Die bydrae van hierdie proefskrif is dat dit vir die eerste keer ‘n geheelbeeld van die lewe by
Steinaecker’s Horse terreine daarstel en as model kan dien vir soortgelyke navorsing met betrekking
tot ander militêre terreine, maar waarskynlik ook ander historiese terreine.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/3982
Date03 1900
CreatorsVan Vollenhoven, Anton Carl
ContributorsBurden, M., University of Stellenbosch. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of History.
PublisherStellenbosch : University of Stellenbosch
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format316 p. ; ill., ports.
RightsUniversity of Stellenbosch

Page generated in 0.0022 seconds