Return to search

Studies towards understanding sunburn in apples

Thesis (MScAgric)--Stellenbosch University, 2011. / ENGLISH ABSTRACT: Research was carried out to increase the current knowledge on sunburn development and its
control in apples. In addition to its chief causes, viz. high irradiance and high temperatures, water
stress has long been thought to contribute to sunburn susceptibility. Certain fruit chemical and
textural characteristics have also been suspected to increase sunburn, while it is not clear how
factors such as crop load affect sunburn in relation to other fruit quality parameters. In red and
blushed cultivars, sunburn could be underestimated due to masking by the red colour overlay.
Half and total irrigation water were withheld for two weeks in ‘Cripps’ Pink’ apples while in a
concomitant trial, mulching with vermicompost (plus a thin layer of woodchips), woodchips,
plant compost and black geotextile were used to regulate plant water by reducing soil
evaporative loss. Sunburn increased with an increase in moisture stress. Mulching had no effect
on plant water status, but it generally enhanced plant photochemistry, reducing fruit surface
temperature (FST) and sunburn.
Chemical and textural characteristics of exposed, but non-burned ‘Cripps’ Pink’ apples were
compared with that of fruit with induced and naturally occurring sunburn. Flesh firmness, total
soluble solids (TSS), and titratable acidity (TA) of induced and naturally occurring sunburnt fruit
did not differ from each other, but were significantly different from the non-burnt fruit. Based on
this, we concluded that sunburn induces textural and compositional changes in sunburnt fruit
rather than some fruit being predisposed to develop sunburn due to their texture and chemical
composition. Differences in heat stress tolerance, flesh texture and chemical composition of sun
exposed and shaded fruit sides seem to relate to their light exposure history. The effect of crop load on sunburn and fruit quality were assessed on a fruit cluster level in
2008-09 and on a whole tree basis in 2009-10 in ‘Cripps’ Pink’. In 2008-09, sunburn, red colour
and the proportion of first grade fruit decreased with an increase in number of fruit per cluster.
Crop load did not have an effect on sunburn and fruit colour in 2009-10 although the lowest
thinning severity seemed to increase sunburn severity while the proportion of first grade fruit
was highest for the highest thinning severity. Fruit number per cluster had no effect on fruit size,
while at the whole tree level, fruit size decreased with increasing crop load. Flesh firmness,
starch breakdown, TA and TSS were neither affected by the number of fruit per cluster nor the
crop load of the tree as a whole.
Green ‘Granny Smith’ and ‘Golden Delicious’, blushed ‘Royal Gala’, ‘Fuji’, ‘Braeburn’ and
‘Cripps’ Pink’, and full red ‘Topred’ were used to assess how red colour (anthocyanins) masks
superficial sunburn browning and bleaching. The greater reduction in superficial sunburn, but not
in sunburn necrosis in red and blushed compared to green cultivars with increasing red colour a
month towards harvest seemed to confirm the effect of masking. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie navorsing is verrig ter uitbreiding van die huidige kennis oor die ontwikkeling en beheer
van sonbrand in appels. Addisioneel tot die hoof oorsake van sonbrand, naamlik hoë irradiasie
en hoë temperatuur, word waterstres gesien as bydraend tot sonbrandsensitiwiteit. Daar word
ook vermoed dat sekere chemiese en teksturele eienskappe van die vrug sonbrand kan verhoog
terwyl daar nie duidelikheid is oor hoe faktore soos oeslading sonbrand relatief tot ander
vrugkwaliteitparameters kan affekteer nie. Die omvang van sonbrand in rooi en bloskultivars
kan dalk onderskat word vanweë maskering deur die oorliggende rooi pigmentasie.
Besproeiing is vir twee weke gehalveer of gestop in ‘Cripps’ Pink’ appels. Sonbrand het
toegeneem met ‘n toename in vogstres. ‘n Deklaag van vermikompos (plus ‘n dun laag
houtstukkies), houtstukkies, plantkompos en ‘n swart geotekstiel is toegedien om die plant
waterstatus te reguleer deur evaporasie vanuit die grond te beperk. Die deklae het geen effek op
die plant waterstatus gehad nie, maar het wel die blaar fotochemie bevorder en terselftertyd die
vrugoppervlaktemperatuur verlaag en sonbrand verminder.
Die chemiese en tekturele eienskappe van sonligblootgestelde ‘Cripps’ Pink’ appels sonder
sonbrand is vergelyk met vrugte met geïnduseerde sonbrand en vrugte met sonbrand wat
natuurlik ontwikkel het. Vrugvleisfermheid, totale oplosbare vastestowwe (TOV) en titreerbare
suur (TS) van vrugte met natuurlik en geïnduseerde sonbrand het nie onderling verskil nie, maar
het wel betekesnisvol verskil van vrugte sonder sonbrand. Ons het gevolglik afgelei dat
sonbrand teksturele en komposisionele veranderinge teweeg bring eerder as dat sekere vrugte gepredisponeer word om sonbrand te ontwikkel vanweë hul tekstuur en chemiese samestelling.
Dit kom voor dat verskille in hittestres toleransie, tekstuur en chemiese samestelling tussen die
sonligblootgestelde en skadu kante van appels verband hou met hul verskil in sonligblootstelling.
Die effek van oeslading op sonbrand en vrugkwaliteit in ‘Cripps’ Pink’ is ge-evalueer op
trosvlak in 2008-09 en op ‘n per boom basis in 2009-10. Sonbrand, rooi kleur en die proporsie
eersteklas vrugte het afgeneem met ‘n toename in die aantal vrugte per tros. Op ‘n per boom
basis is rooi kleur en sonbrand egter nie deur oeslading geaffekteer nie. Die laagste vlak van
vruguitdunning het wel oënskynlik die graad van sonbrand verhoog terwyl die hoogste vlak van
vruguitdunning tot ‘n toename in die proporsie eersteklas vrugte gelei het. Die aantal vrugte per
tros het geen effek op vruggrootte gehad nie terwyl vruggrootte afgeneem het met oeslading op
‘n heelboombasis. Vrugvleisfermheid, styselafbraak, TOV en TS is nie deur aantal vrugte per
tros of die oeslading per boom geaffekteer nie.
Groen ‘Granny Smith’ en ‘Golden Delicious’, rooiblos ‘Royal Gala’, ‘Fuji’, ‘Braeburn’ en
‘Cripps’ Pink’, en volrooi ‘Topred’ is gebruik om die maskering van oppervlakkige
sonbrandverbruining en –verbleiking deur rooi antosianien te bestudeer. Oppervlakkige
sonbrand het minder toegeneem in die maand voor oes in die rooi- en bloskultivars as in die
groen kultivars terwyl vrugkleur skynbaar nie die aanwesigheid van die meer sigbare
sonbrandnekrose geaffekteer het nie. Maskering speel dus ‘n rol in die aanwesigheid van sigbare
sonbrand.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/17908
Date12 1900
CreatorsMakeredza, Brian
ContributorsSteyn, W. J., Lotze, E., Schmeisser, M., Stellenbosch University. Faculty of AgriSciences. Dept.of Horticulture.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageen_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format158 p. : ill.
RightsStellenbosch University.

Page generated in 0.0029 seconds