Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2013. / ENGLISH ABSTRACT: Limited information is available on the apple preferences of the South African consumer market,
which is characterised by diverse consumers from different age and ethnic groups with different
food preferences. White, coloured and black consumers from different age groups were selected
from the Stellenbosch area, Western Cape, South Africa. Consumer preference analysis for apple
eating quality and appearance, and descriptive sensory analysis (DSA) were performed on nine
commercial apple cultivars. Analysis of variance (ANOVA) conducted on mean preference scores
for each age and ethnic group showed that preference generally differed between these groups.
However, Ward’s statistical clustering that was applied to the same data set showed that the sociodemographic
composition of consumer groups with similar apple preferences is not homogenous.
Three consumer clusters were identified with similar preferences for apple eating quality (E1-3)
and appearance (A1-3): E1 liked firmness and therefore tolerated sour taste and disliked
mealiness. Although E1 liked sweet fruit, they indicated lower preference for sweet fruit compared
to E2 and E3. E2 liked sour taste and apple flavour more compared to the other clusters while E3
disliked sour taste and had the highest preference for sweetness. Although coloured and black
consumers generally disliked sour taste and E3 constituted a larger proportion of these consumers,
the coloured and black consumers who liked or tolerated sour taste constituted approximately 41%
of the total consumer population in the Western Cape. White and younger (<26 years) consumers
were mostly in cluster E1 liking firm fruit. Peel colour preferred by the appearance preference
clusters were: Green and pink bi-colour (A1), green/yellow and red-striped (A2); and red peel
colour (A3).
Consumers preferred the appearance of cultivars that associated with the eating quality attributes
that they liked. When consumers’ preference for the eating quality of five cultivars were analysed
during presentation with different levels of visual pictorial information (no, correct and incorrect
photograph), mismatches between expected and actual eating quality preference resulted in lower
preference scores.
Apple breeding is time-consuming and expensive. Comprehensive knowledge of fruit quality
parameters that drive consumer preference is required to streamline the breeding process. Eating
quality and appearance attributes of four apple breeding families were subjected to instrumental
and individual assessment by a trained assessor and DSA by a trained panel. Instrumental
measurements could not predict the sensory attributes analysed by the individual assessor. Sensory textural attributes, apple flavour and sweet taste as quantified by DSA and instrumental
measurement of titratable acidity (TA) and total soluble solids (TSS)/TA, but not TSS, could predict
consumer preference. The assessor responsible for individual assessment could not predict the
preference of the total consumer group. A quantitative genetic analysis of the data was carried out
to quantify within- and between-family variation using ANOVA, variance components and
heritability estimates. Variation between families was shown for attributes relating to colour and
acidity, but not for sweet taste, TSS and apple flavour. Strong genetic control that was generally
shown for colour attributes predicts a rapid selection response. Most attributes were inherited
quantitatively, but TA showed complicated inheritance mechanisms. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Min inligting is beskikbaar oor die appelvoorkeure van die diverse Suid-Afrikaanse verbruikersmark
wat bestaan uit verbruikers van verskillende ouderdomme en etnisiteite met verskillende
voedselvoorkeure. Wit, bruin en swart verbruikers van verskillende ouderdomsgroepe is
geselekteer in Stellenbosch in die Wes-Kaap, Suid-Afrika. Verbruikersvoorkeuranalise vir die
eetkwaliteit en voorkoms van appels en beskrywende sensoriese analise (BSA) is uitgevoer op
nege kommersiële appelkultivars. Analise van variansie (ANOVA), uitgevoer op gemiddelde
voorkeurdata per ouderdom en etniese groep, het getoon dat die voorkeure van hierdie
verskillende groepe oor die algemeen verskil het. Volgens Ward statistiese groepering op dieselfde
datastel was die sosiodemografiese samestelling van verbruikersgroepe met soortgelyke
voorkeure egter nie homogeen nie. Drie verbruikersgroepe is geïdentifiseer met soortgelyke
voorkeure vir appel eetkwaliteit (E1-3) en voorkoms (V1-3). E1 het ‘n voorkeur vir fermheid, ‘n
afkeur vir melerigheid en verdra suurheid. Alhoewel E1 van soet vrugte gehou het, het hulle ‘n laer
voorkeur vir soetheid as E2 en E3. E2 het ‘n voorkeur vir suurheid en appelgeur terwyl E3 ‘n afkeur
vir suur smaak en die hoogste voorkeur vir soetheid getoon het. Alhoewel swart en bruin
verbruikers meestal ‘n renons in suur smaak getoon het en meer van hierdie verbruikers tot E3
behoort, maak swart en bruin verbruikers wat suur smaak aanvaar ongeveer 41% van die totale
verbruikersgroep in die Wes-Kaap uit. Wit en jonger (<26 jaar) verbruikers was meestal in E1 en
het ‘n voorkeur vir fermheid getoon. Vrugkleurvoorkeure was vir groen en pienk (tweekleurig) (V1),
groen/geel en rooi gestreep (V2) en rooi (V3).
Verbruikers het ‘n voorkeur gehad vir die voorkoms van kultivars waarvan hulle die eetkwaliteit
verkies het. Die effek van gevestigde kleur en smaak assosiasies is getoets deur verbruikers te
versoek om die eetkwaliteit van vyf kultivars te evalueer tydens aanbieding daarvan met drie
vlakke van visuele inligting, naamlik geen, korrekte en verkeerde foto. Verwarring tussen verwagte
en werklike eetkwaliteit het gelei tot ‘n laer voorkeur.
Teling van appels is tydrowend en duur. Uitgebreide kennis van die vrugkwaliteit parameters wat
verbruikersvoorkeur dryf, is noodsaaklik vir effektiewe teling. Eienskappe wat verband hou met die
eetkwaliteit en voorkoms van saailinge is in vier appelfamilies geanaliseer. Die eienskappe is
geassesseer deur middel van instrumentele en individuele evaluasie deur ‘n opgeleide assessor
asook deur BSA deur ‘n opgeleide paneel. Instrumentele analise kon nie die vlakke van sensoriese
eienskappe voorspel soos waargeneem deur die individuele assessor nie. BSA van sensoriese tekstuureienskappe, appelgeur en soetheid, en instrumentele meting van titreerbare suur (TS) en
totale oplosbare vastestowwe (TOV)/TS, maar nie TOV nie, kon verbruikersvoorkeur voorspel. Die
assessor wat individuele evaluasies uitgevoer het, kon nie die voorkeur van ‘n groot
verbruikersgroep akkuraat voorspel nie. Kwantitatiewe genetiese analise van die data is uitgevoer
en binne- en tussen-familie variasie is gekwantifiseer deur middel van ANOVA, variansie
komponente en oorerflikheidsskattings. Variasie tussen families is gevind vir kleureienskappe en
suurheid, maar nie vir soet smaak, TOV en appelgeur nie. Resultate het getoon dat
kleureienskappe meestal aan sterk genetiese beheer onderworpe is en dit dui op vinnige vordering
met seleksie vir vrugkleur. Vrugeienskappe is meestal kwantitatief oorgeërf. Oorerwing van TS blyk
ingewikkeld te wees.
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/79932 |
Date | 03 1900 |
Creators | Van der Merwe, Anreza |
Contributors | Steyn, W. J., Muller, M., Labuschagne, I. F., Næs, T., Stellenbosch University. Faculty of AgriSciences. Dept. of Food Science. |
Publisher | Stellenbosch : Stellenbosch University |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | en_ZA |
Detected Language | Unknown |
Type | Thesis |
Format | xi, 293 p. : col. ill |
Rights | Stellenbosch University |
Page generated in 0.0019 seconds